Bekende dokter in Ermelo vermoor

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

Die polisie in Mpumalanga is op soek na die verdagtes wat ʼn bekende mediese dokter Sondagaand in Cassim Park, Ermelo, beroof en vermoor het.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep onbekende mans het by die dokter se spreekkamer by sy huis opgedaag en aangevoer hulle het mediese behandeling nodig. “Hulle het hom kort daarna aangeval. Hulle het hom na sy huis geneem en geëis om te weet waar die kluis is. Hulle het sy selfoon gesteel en hom verwurg voor hulle in sy BMW 7-reeks gevlug het. Dié voertuig is later verlate gevind langs ʼn skool in Wesselton.”

Een van dr. Yasvantray Bhoola (74) se vriendinne het later op sy liggaam afgekom toe sy ondersoek begin instel het nadat hy nie vir ʼn ete-afspraak opgedaag het nie. “Die vriendin het gesien sy motorhuisdeur staan oop en een van sy voertuie was nie in die motorhuis nie. Sy het die huis betree en hom op die vloer sien lê. Sy het dadelik die polisie ontbied,” het Bhembe bygevoeg.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Sandy Botha ·

Voel of mens letrerlik jou beurt sit en afwag….. So jammer vir die verlies

Bekommerde ·

Sterkte aan almal betrokke.

Die mense wat sulke walglike dade pleeg besef nie – die dokter kon dalk een van hulle familie red in die toekoms – ook gaan daar nou mense sonder werk sit – so minder kos in kinders se monde.

Elke persoon moet besef dat sy wandaad uitkring & een of ander tyd homself gaan benadeel – dit boomerang!

Avra ·

My innige simpatie aan naasbestaandes.

Rus in vrede Dokter. Ek is jammer dat U lewe so moes eindig.

Elsa ·

Daar is n seker deel van die bevolking wat “voorvader” oproep ek daarin glo. Nou wonder ek, wat as al hierdie mense wat in ons land so vermoor word, gaan op staan… Daar sal geen rus vir hulle wees nie. You will run, but no place to hide.

Laetitia ·

Dag na dag is dit net die een moord na die ander
Skande.! Absoluut buite beheer geraak.

Carel ·

‘n Mens wonder spontaan hoeveel van hierdie mense was ten gunste van die demokratiese stelsel, vandag oes hulle die gevolg van die “demokratiese” burgers se wetteloosheid.

Erica ·

Wat kom volgende, dat dokters en veeartse ook nou ‘n traliedeur moet aanbring en pasiënte soos skelms moet behandel om veilig te bly. Liewe genade dit is laag en gemeen van daardie moordenaars.

Willie Maree ·

Ek is steeds daarvan oortuig dat die herinstelling van die doodstraf die enigste afskrikmiddel vir al die sinnelose moorde sal wees

Sinies ·

My innige simpatie aan die familie.
.
Wat ek wel sien, is die monster van geweld wat deur die ANC gebaar is en deur hul hans grootgemaak is, het begin om, om te draai en sy makers te begin byt.
.
ANC/EFF gaan & ly reeds onder hul skepsel, so ook baie ander onskuldige mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.