Bekende egpaar in rolbalkringe dood aangetref

Trevor Davis (67) en sy vrou Elma (52). Die egpaar se liggame is in hulle huis gevind. Altwee het skietwonde gehad. (Foto: Facebook)

Trevor en Elma Davis, albei bekendes in Suid-Afrikaanse rolbalkringe, is gistermiddag dood in die hoofslaapkamer van hul huis in ʼn veiligheidskompleks in Mosselbaai se bodorp aangetref.

Trevor (67) was ʼn lid van Rolbal Suid-Afrika se raad en Elma (52) was ʼn Protea-rolbalspeler. Sy het Suid-Afrika ook al op die Statebondspele verteenwoordig.

Ao. Pieter Koekemoer, polisiewoordvoerder in Mosselbaai, het gesê die polisie is Sondagmiddag omstreeks 17:00 na die egpaar se huis ontbied nadat bure skote gehoor het.

“Die deure was gesluit en die brandweer het die polisie gehelp om toegang tot die huis te kry,” het Koekemoer gesê.

“Daar is ʼn haelgeweer op die toneel gevind. Albei het skietwonde gehad,” het Koekemoer gesê.

Die vuurwapen is gelisensieer en het aan een van die oorledenes behoort. Dit lyk nie of enigiets uit die huis vermis word nie.

Volgens Koekemoer word ʼn geregtelike doodsondersoek in dié stadium gedoen.

Maroela Media het verneem die polisie kan dalk later vandag besluit of ʼn moorddossier ook na die voorval aangelê gaan word.

Jenny Sinclair, president van die Eden-rolbalklub, het gesê die egpaar se dood laat ʼn geweldige leemte in die rolbalgemeenskap, “nie net plaaslik of nasionaal nie, maar internasionaal”.

Sinclair het gesê die Davis-egpaar is al bykans ʼn dekade lank lede van die klub, maar is selfs langer as dit nou betrokke by die sport. Trevor was onder meer ʼn oudpresident van die klub en Elma ʼn sameroeper van afrigters.

“Hy was welbekend en uiters gerespekteer,” het Sinclair gesê.

“Elma het ʼn belowende loopbaan voor haar gehad. Sy was ʼn lieflike, plat-op-die-aarde- mens wat altyd veral die jonger spelers aangemoedig het.

“Hulle toewyding het geen gelyke gehad nie. Hierdie is ʼn verskriklike tragedie,” het Sinclair gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Dries du Toit ·

Agge nee. Here help ons. Verlos ons van al hierdie onsinnige moorde. Amen

Manie van Worcester ·

Lees tog asb die berig, is nie nodig om nou al moord te gil nie. kalmeer net

Skerpioen ·

Manie, om dood te gaan aan ‘n skietwond is alles behalwe natuurlike gevolge. Iemand het die sneller getrek. Al het hulle elkeen hulle self geskiet… dit bly nogsteeds selfmoord…. moord. En dis bitter hartseer om van ‘n familie-moord te hoor. Ek dink nie Dries is histeries nie… maar al die moorde en selfmoorde maak mens hartseer. Baie sterkte aan die oorledenes se familie.

Lientjie ·

Dink jy ‘n moordenaar gaan die vuurwapen op die toneel los en al die deure is gesluit?

Jean ·

Tragies lees die berig reg…dit lyk na selfmoord in die geval!

Jerry ·

Tragies. Depressie gaan nog baie mense hulle lewens kos. Dit is een helse siekte toestand, glo my.

Daan Erasmus ·

Tragies. Wat werklik tragies is dat jy kommentaar gelewer het sonder om die berig te lees. Dit is ‘n ramp van Epidermiese proporsies.

Boertjie ·

Dis ‘n baie hartseer dag in rolbalkringe. Albei was geliefd. Mens wonder maar net wat het so verkeerd geloop dat dinge tot op daardie punt gevorder het. Rus in vrede, Trevor en Elma.

Anon ·

As ek die berig reg verstaan, het die moordenaar hom-/haarself ook geskiet.

Spook op thaba ·

Dit is baie hartseer. Wonder hoekom mense so uitweg kies. Sterkte aan die familie, vriende en rolbalmaats

Freaky ·

n Mens kan net kop skud….die berig is so geskryf dat behoorlik tussen die lynne gelees kan word, maar nee. Moet hulle eerder vir jou prentjies publiseer?

Lizelda ·

Dit is baie hartseer. n Mens sal dink op afgetrede ouderdom geniet mense net die lewe, maar ander mense se boeke is duister. Baie sterkte aan die familie en vriende.

GM ·

Manie, as die man bv. sy vrou geskiet het en daarna homself, is dit moord en selfmoord, dus is Dries se kommentaar nie noodwendig verkeerd nie.

Gesiggie ·

Voorwaar baie hartseer 2 dierbare mense wat se lewe geneem is? wonder net hoekom hul selfmoord sou pleeg….maar voor ons ons eie gedagtes laat maal… kom ons wag maar op die finale uitslag… my innige simpatie aan die familie en vriende.

Nicky ·

MOSSEL BAY NEWS – Trevor Davis (67), well-known in bowling circles, shot his Protea bowler wife, Elma (52) with a 12 gauge shotgun before turning the gun on himself.

Annie Webb ·

Ag asseblieftog nie ‘n storie van ‘n ander verhouding nie. Altyd só onsmaaklik.

Alida ·

Maak julle argumente regtig saak. Liewe hemel die mense is dood. Jammer vir hulle geliefdes wat agterbly. Sterkte.

Stebastiaan ·

Ek het ‘n Trevor Davies geken in Bfn het vir homself gewerk. Wonder of dit dieselde man is.

Willie ·

Dit is dieselfde man. Hy het blykbaar vir Munisipaliteit-klub in Bloemfontein gespeel. Hartseer dat dit moes gebeur. Ek wonder altyd wat hul kinders sê en dink.

Stebastiaan ·

Trevor was ‘n regte “go getter” iets moes lelik verkeerd geloop het, dat dit moes gebeur.

lucy ·

baie sterkte aan almal wat agterbly
mag julle 2 op pad na Jesus die vrede bewaar en uitsorteer
‘n goeie begrip het net ‘n halwe woord nodig
dus … MOORD self of te not
sterkte aan die kinders

Patat ·

Elke huis het sy kruis, nie almal hanteer dit dieselfde nie.
Sterkte aan die familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.