Bekende egpaar op plaas naby Piketberg vermoor

Pierre en Belinda de Kock (Foto: Facebook)

’n Geliefde egpaar van die Weskus is die naweek op hul plaas in die omgewing van Aurora naby Piketberg vermoor.

Pierre en Belinda de Kock se liggame is Sondag op die plaas aangetref nadat hulle Vrydag vroegaand die laaste keer lewend gesien is.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê ’n werknemer van Belinda, ’n bekende sakevrou, het Sondag vroegaand op Pierre en Belinda se liggame afgekom en die polisie ontbied.

Belinda, wat die Droomland-leefstylwinkelsentrum op Piketberg bedryf het, was steeds geklee in dieselfde klere wat sy Vrydag aangehad het.

Van Wyk sê een van die egpaar se honde het met die werknemer se aankoms op die plaas in en uit die plaashuis gehardloop. Die werknemer het ondersoek ingestel en op Belinda se liggaam in die slaapkamer afgekom.

Pierre se liggaam is in ’n buitegebou aangetref. Hy het ’n steekwond aan die nek gehad.

Pierre en Belinda de Kock. (Foto: Facebook)

Die voorlopige ondersoek dui daarop dat niks uit die plaashuis gesteel is nie.

Speurders verbonde aan die Wes-Kaapse polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad is sedertdien aangewys om die saak te ondersoek. Nog geen inhegtenisneming is tot dusver gedoen nie.

Charl Vercueil, Pierre se neef, het Maandagoggend aan Maroela Media gesê Pierre en Belinda was langer as 30 jaar getroud.

“Hulle was goeie, hardwerkende mense.”

Ook op sosiale media het medelye Maandag ingestroom.

“Belinda was een van die gaafste mense wat ek ken. Altyd bereid om ander te help,” lui ’n inskrywing op Facebook.

Volgens dié sosialemediagebruiker was Droomland op Piketberg ’n droom van Belinda wat verwesenlik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

FM ·

NEE, NEE !!!!!!!

DUISEND MAAL NEEEEEEEE.

DIS ROEKELOOS ONAANVAARBAAR.

en bogerol word gedoen………….

Goldy ·

Weskaap beter goutem vir onafhanklikheid of julle verander ook in derdewereld oorlogzone soos in die noorde.

Delia ·

Goldy, onafhanklikheid gaan niks verander. Die Wes Kaap sit met een verskriklike dwelmprobleem. Mafia dwelmsindikate…

Republikein in die Wes Kaap ·

Die owerhede is net te slap. Dwelm en misdaadsindikate kan binne ‘n japtrap uitgeroei word.

Goldy ·

Nie so erg soos die res van die land nie, daars geen twyfel dat meeste mense die weakaap baie aantreklik vind nie, soos gesien in eiendomspryse en semigrasiesyfers.

ES ·

Die Wes Kaap kan nie afstig nie, dit is nie moontlik in ons landswette vir ‘n provinsie om vanaf ‘n land af te stig nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Verkeerd, SA en Internasionale Wette maak voorsiening daarvoor. Laat ons begin met ‘n referendum. Maar steeds weier die DA, nie die ANC nie

Goldy ·

Dit is moontlik. Het nog altyd regdeur die geskiedenis van die mensdom gebeur, hang af hoe sterk die onderdruktes se oorlewingswil is.

Petrus ·

Hulle sal nooit toe laat dat die Wes-Kaap onafhanklikheid verkry nie. Dit sal n daaglikse vinger in hulle oog wees dat die ANC kaders nie kan bestuur nie.
Al antwoord is dat ons meer bedag sal wees op ons veiligheid en optree soos n bedreigde, gehate spesie.

Republikein in die Wes Kaap ·

“Hulle” is nie meer in beheer van die land nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

En hulle is nou in ons koppe. Al wat ons hoor is: “Wat sal die ANC sê?”, “Die ANC sal dit nie toelaat nie”, “Wat gaan die ANC doen.” Mense, hulle besit ons nie.

Pieter ·

Hoe lank nog mense, ek weet almal vra altyd, maar ons sal ons oogklappe moet afhaal en sien wat om ons aangaan. Moorde, waterkwotas volgens ras, BBEEE. Ons is in n oorlog gewikkel met ons eie regering. Ons sal moet opstaan, anders gaan daar niks van ons oorbly nie

Pieter ·

Delia, soos Nettie hier bo se ,dis ons leiers se verantwoodelikheid, maar op die stadium lyk dit nogsteeds of ons nie n leier het nie. Dit gaan ook nie help ons staan een een op nie, dit sal almal moet wees. Die probleem is, ons almal kyk net na ons eie mishoop, en dink nie aan ons mede volksgenote nie. Of jy nou ryk of arm is, ons almal is in dieselfde bootjie, die rykes voel dit nog net nie so erg soos die armer mense nie. Die MEGA boere en groot ondernemigs sal hulle stemme moet duk maak .

Nettie ·

Pieter, dis ons LEIERS se verantwoordelikheid. Ons wag vir HULLE om aanduidings te gee. Te help op meer konstruktiewe wyses.

Goldy ·

Nee Nettie, moet nie passief wag vir ander nie, begin self kyk hoe jy verskil kan maak. Jys nou soos Moses wat nie in self geglo het in die begin nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Op huidige trant gaan daar niks van ons oorbly nie. Die regime voel vere vir jou.

Misky ·

Geen diefstal of iets vermis nie. Dis pure haat en word aangehits deur die terroris in rooi. Wanneer word hy tot verantwoording gedwing?

Skappie ·

Nee, nie nog ‘n plaasaanvol nie. Wanneer gaan daar iets omtrend dit gedoen word. So jammer aan die gesin en vriendekring. Mag onse Liewe Heer julle almal deur hierdie moeilike tyd wat voorle dra.

Goldy ·

Boere is in beste posisie om onafhanklikheodsonderhandelinge deur te voer want hulle het die grond. Of dit of als verloor.

Papsak ·

Nee mens weet nie meer wat om te se nie dit word net erger regtig en daar word niks aan gedoen nie regtig waar is al die groot bekke nou kyk hoe val ons mense weer nee nee so kan dit nie aan gaan nie

KatjieDeKat ·

Daar is die ou gesegde: God helps those who help themselves”. Boere sal Moet begin sekuriteitswagte aanhou, en as dit moet, finansiële opofferings maak om hulle te bekostig. Ek weet ek gaan nou n oseaan van afduimpies kry maar Delia (en almal wat hier lees): Dis met hartseer wat ek moet sê, ek dink nie julle Gode gee om wat met julle gebeur nie. Mense sal hulself moet begin help. Kyk na die paartjie oumense van Ohrigstad, gemartel en uitgebrand. Lyk dit regtig of julle Here omgee?

KatjieDeKat ·

Kyk wat in hierdie land, in hierdie wêreld aangaan. Mense bid hul knieë flenters vir dekades en dinge raak net by die dag erger. Watter tipe almagtige wese sal sy aanbidders, goeie dierbare mense, se skreeu en smeek om hulp vir dekades, eenvoudig verontagsaam? Watter tipe almagtige wese sal toelaat dat kindertjies links en regs verkrag+vermoor word, dat ou mense geslag en verbrand word? WATTER TIPE?

Essie ·

Regtig – jy gee vir God die skuld vir die boosheid op aarde! Dis omdat daar mense is wat voorvaders as gode het dat hierdie tipe goed plaasvind! Christene se God is nog meer so hartseer en gewalg wat met sy kinders gebeur! Lê die skuld voor die regte deur!

Delia ·

Ek hoor wat jy sê. Ek was met so in opstand teen God na my wonderlike man dood is aan breinkanker. Maar ek moet jou sê, as dit nie vir God was wat my gedra het nie, was ek nie hier vandag.
Hy is al wie ons Vrede kan gee

Catherina ·

So hartseer. Bly op Piketberg en dikwels by Droomland geeët. Twee weke gelede was hier ook n moord op plaas in Piketberg. Mens is nêrens veilig nie. My hart gaan uit na hul familie en vriende

Nettie ·

Dis OORLOG. Hoeveel moet nog sterf? In ‘n gewone oorlog word opgeleide jong mans ingestuur om te verdedig. Hier laat ons die oumensies wat alleen op plase bly hulself verdedig. Hoe kan ons onsself nog in die oë kyk? Ek skaam my vir ons nasie se papbroekigheid vandag. Ons gaan eendag ons voorsate in die oë moet kyk en verduidelik hoe ons hierdie vir soveel dekades kon toelaat.

Sterkte aan die familie. Mag God jul dra deur hierdie swaar dae. Innige meegevoel en ons gebede is met julle.

KatjieDeKat ·

Daar is baie blanke jong mans sonder werk. Miskien kan Solidariteit of Afriforum n beskermingsdiens stig. Die boere kan die werklose jong mans in diens stel as plaas sekuriteitswagte? Iets sal moet gedoen word en hierdie klink vir my na n goeie oplossing. Moet hulle net nie kommando’ noem nie! Beskryf hulle as bywoners. Dis mos jou plaas, jy kan bywoners hê as jy wil. Iets Moet gedoen word.

Goldy ·

Hulle kan sommer vir onafhanklike plaasstreke onderhandel dat ons kan vlug na n veilige plek waar ons onsself mag verdedig.

Ian ·

Ek’s nie werkloos nie, maar sal alles opgee vir ‘n oplossing… EK IS IN

Hannalie ·

Belinda het van Droomland n groot sukses gemaak. Bravo het die beste atmosfeer en omlette in die dorp. Hulle sal verseker gemis word.

Elisabeth ·

My innge simpatie aan gesin en familie. Dit is onaanvaardbaar en ons hulp kom van onse Hemelse Vader+..

Erika ·

Hoekom wil die Govermant nie Plaasaanvalle erken nie. en bystand gee nie……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.