Bekende in jagbedryf sterf in gru-ongeluk

Anelda de Bruin. Foto: Via Facebook

Die geliefdes van Anelda de Bruin (36) hou Vrydag ʼn gedenkdiens vir dié lewenslustige vrou, ʼn bekende in die wildsbedryf, wat verlede week in ʼn gru-ongeluk dood is wat ook die lewe van ʼn polisiegeneraal geëis het.

De Bruin was Donderdag in haar Toyota Hilux-bakkie op pad na Nelspruit om ʼn vrag wildsvleis af te lewer toe ʼn trompop botsing met die generaal se Ford Focus ST plaasgevind het.

Maroela Media het vroeër berig die botsing het omstreeks 11:40 op die Schoemanskloof-pad naby die Bambi-hotel plaasgevind. De Bruin en die generaal is op slag dood.

Jannie Nel (28), De Bruin se sakevennoot en goeie vriend wat ook ʼn beroepsjagter is, het Maandag aan Maroela Media gesê De Bruin het die afgelope paar jaar in die Modimolle en Bela-Bela-omgewing gebly. Sy het as ʼn beroepsjagter gewerk en ook met wildsvleis handel gedryf.

“Anelda was die tipe mens wat almal met wie sy te doen gekry het se harte aangeraak het. Sy was lewenslustig en sprankelend. Sy kon nooit stilsit nie en was altyd doenig met iets,” het Nel gesê.

“Sy was baie lief vir die buitelewe, het altyd gelag en grappies gemaak. Sy was ʼn fenomenale sakevrou wat hard gewerk het vir wat sy bereik het. Sy het baie mans in die wildsbedryf gewys dat mans nie die enigstes is wat goed kan jag nie.”

De Bruin was ongetroud en het geen kinders gehad nie. Haar gedenkdiens word Vrydag in Centurion gehou.

Sy laat haar ma, Mariette de Bruin, en suster, Sonel Joubert, agter.

Intussen het die polisie die oorlede generaal as genl.maj. Nhlamvu Elias Dlamini geïdentifiseer.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder van Mpumalanga, het gesê Dlamini was die bevelvoerder van die Pienaar-polisiegroepering buite Nelspruit. “Dlamini het in 1984 vir die polisie begin werk. Hy het die polisie 34 jaar lank onbaatsugtig en met toewyding gedien. Hy sou volgende jaar in April afgetree het,” het Hlathi gesê.

“Hy was ʼn saggeaarde leier, vegter en baie geliefd. Hy was altyd gewillig om enige taak te verrig wat van hom verwag is.”

Pat Ngomane, LUR van gemeenskapsveiligheid en sekuriteit in Mpumalanga, het sy meegevoel aan die oorledenes se naasbestaandes betuig. Die presiese oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê Jacob

Dankie vir die kommentaar. Dlamini was inderdaad ‘n genl. maj. Die polisie het egter uit die staanspoor na hom verwys as ‘n generaal en hom eers ná hy uitgeken is as genl. maj. bekendgemaak. Ons hoop dit klaar die verwarring op.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Ilze ·

Ons gaan jou vreeslik mis Anelda! Jy laat ‘n groot leemte! Jy was een fenominale vrou!

Johan ·

Emsie, dit is nou regtig swak van jou. Wat ‘n haatvolle opmerking.
Terlooos, eet jy nie vleis nie? Verdoem jy ook alle mense wat vleis eet, asook alle restaurante wat dit bedien en ook alle supermarkte en slaghuise? Dan moet alle wildboere ook seker volgens jou verongeluk?
Jy het seker nie familie nie.
Skaam jou.

Jdb ·

Peter Emsie Mc Killop van Kempton Park, wat by die besoedelaat Sasol werk. Ek hoop regtig almal besoek jou Facebook blad en sien hoe lyk ‘n persoon wat sulke aaklige goed van ander sê.

Appel ·

Neem skermskoot en vertel die publiek wie hierdie Emsie eintlik is, wieookal die is kan aangekla word en vir lank sit.

Appel ·

Nee Vraagteken, dis algemeen om skermskote van opmerkings van mense wat naamskending en ander dinge doen op sosiale media en forums, te versprei op sosiale media en om dit as bewysstuke in aanklagtes in te dien. Daars niks mee verkeerd nie. Jy behoort tog te weet as jy nuus gereeld dophou.

Vraagteken ·

Jou interpretasie van die wet totaal-en-al verkeerd. As jy iemand se inligting openlik publiseer om hul te verkleineer (soos in die van JCB) dan is dit naamskending. Ja, wat hy sê is onvanpas en verkeerd, maar hy het ‘n reg tot spraak en privaatheid. Wat jy will doen is om al sy inligting in ruim van die publiek sit; dis meer oneties.

Annel ·

Voor sy beroepsjag gekies het was sy ook onderwyser by Wierdapark laerskool. En sy het dit met lewenslus aangepak. Ek weet sy het daar baie diep spore getrap. Dankie vir haar spoor in my seun se lewe

Francois ·

Selfde pad waar ek n paar jaar terug my broer ook verloor het.
Rus in vrede jong dame en mag jy vir ewig gelukkige jagtersgronde he waar jy is met HOM as gids.
Bitter sterkte aan die familie!

Coenie ·

Gaan daar n opvolg berig wees deur Maroela Media oor hoe die ongeluk gebeur het en die feite wat aanleiding gegee het tot die botsing?

Nettie ·

@Coenie – pasop, netnou vat sommige kommentators hier jou aan oor jy wonder oor die oorsaak van die ongeluk en of MM weer daarop opvolg sal gee.

Dit was ‘n tragiese ongeluk – ‘n TROMP-OP ONgeluk, wat sê een van die twee voertuie het in die verkeerde baan gery en reg van voor met die ander voertuig gebots. Die oorsaak van die ongeluk kon ‘n menslike fout gewees het; iets soos “het nie die ander voertuig gesien nie” of “het die distansie verkeerd geskat en ‘n verbygaankans geneem”. Of dit kon ‘n meganiese fout of ‘n gebarste band of ‘n dier wat voor die een voertuig ingehardloop het gewees het.

Steeds tragies, egter – een baie jong, lewenslustige, belowende persoon en een persoon wat gereedgemaak het vir aftrede na ‘n lang werkslewe, is dood. Simpatie aan hul families, vriende en ander naasbestaandes.

Theresa ·

Innige simpatie aan die families wat geliefdes verloor het.

Johannes ·

Gaan jou mis my niggie.
Ons is hardseër ,maar jy ervaar nou hoe dit is om saam ons Skepper van hemel en aarde rond te wandel

Kannaland ·

Sterkte aan julle familie, dit lyk asof sy ‘n baie sterk en besonderse mens was.

Louise Maritz ·

So jammer om te hoor van die lewens wat so onnodig weggeneem is. Sterkte aan beide oorledenes se naasbestaandes.

Piet Pille ·

Duidelik ‘n dame wat diep spore nagelaat het. Rus in vrede.

Marlene Oosthuizen ·

Almagtige Vader, omhels die geliefdes almal met U liefde, sagte gees en gee hul krag wat net van U kom. Anelda , grootgeword en skool in Vryheid saam haar sussie Sonel, saam my kinders. Mariette, Sonel en ander geliefdes, jul is in my gebede. …. ” Imagine what it will be like to be surrounded by the Glory of God, you have arrived in your eternal home…”. Liefde van ons in Vryheid xXx

Coenie ·

Nettie,
N kop aan kop botsing verduidelik vir my net een situasie nl dat een vd bestuurders in die verkeerde baan gery het ten tye vd botsing. En die posie vd karre na die botsing vertel ook vir my net een manier, nl in wie se baan die botsing plaasgevind het. Daarom, sal ek graag wil he dat MM n opvolg berig moet doen oor die feite van hoe die botsing plaasgevind het. Ek was persoonlik n groot vriend van een van die oorledenes, ek het 2 dae voor die ongeluk nog met hom/haar gepraat. Dus, MM het n berig begin en sekerlik is ek nie die enigste persoon wat wil weet wat gebeur het nie.
Ek sou graag direk op jou kommentaar wou antwoord maar daar is ongelukkig nie die opsie onderaan jou kommentaar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.