Bekende in wildbewaring sterf toe heli neerstort

Benjamin Osmers. Foto: Facebook

Benjamin Osmers. Foto: Facebook

ʼn Bekende in wild-en natuurbewaring is dood toe ʼn helikopter Woensdag naby Tzaneen in Limpopo neergestort het.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat Benjamin Osmers in die ongeluk dood is. Die Jet Ranger-helikopter waarvan hy die vlieënier was, het omstreeks 17:00 naby die Kgapane-nedersetting in ʼn droë rivierbedding neergestort.

“Inligting is tans nog skraps, maar in dié stadium weet ons die helikopter het in vlamme uitgebars toe dit neergestort het. Osmers is dood terwyl sy passasier daarin kon slaag om uit die helikopter te kruip. Hy is na ʼn hospitaal gehaas,” het Otto gesê. Sy kon nie onmiddellik die passasier se naam bevestig nie.

Chitra Bodasing-Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê die passasier is ʼn paar meter van die helikopterwrak aangetref. Hy was in ʼn kritieke toestand en is op die toneel gestabiliseer.

Osmers is die eienaar van Benjamin Osmers Wildlife en was nou betrokke by wild- en natuurbewaring. Hy was ook betrokke by die beskerming van renosters teen stropery.

Talle mense het Donderdag boodskappe van medelye op sosiale media gedeel en hy is beskryf as ʼn besondere mens wat baie beteken het vir mens en dier. Hy laat sy vrou, Susan, en hul kinders agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Thea Gerber ·

Ai dit is tragies. So ‘n mooi en goed gemanierde jong man. Hy was Mnr SA toe hy jonger was. Hulle tweede baba is Maandag gebore. Ons harte huil saam met sy ouers en sy familie.

Joanie ·

Die mooiste blomme word altyd gepluk en die onkruid gedy. Sal dit nooit verstaan nie.

Ano ·

Joanie, jou idee is seker goed maar ASB dink voor jy sulke opmerkings maak. Jy beweer daarmee dat die res van ons “onkruid” is. Jouself inkluis.
RIV Benjamin

Joanie ·

Ja dit is presies wat ek bedoel. Ek sal dit nooit verstaan nie, dat die mooi en goeie jogngmense met soveel om voor te lewe en soveel om te bied, net weggeruk word, terwyl die suurstofdiewe (ek inkluis) breed sit en die lewe onverdiend en mildelik ontvang.

treurgrond ·

My innigste simpatie aan die familie. God wees saam met julle.

Kobus ·

Innige Simpatie aan Zander en Judy Osmers met die afsterwe van Bennie. Aan al die familie, mag God vertroosting bring. Ons gebede is met julle. STERKTE

Jeanne ·

Wat ‘n huge verlies, ons wildbewaring in SA het al die hulp nodig wat hulle kan kry. Ons innige simpatie aan sy familie en vriende, so jammer om van julle verlies te hoor. Sterkte vir die tyd wat kom.

Marianne ·

Gaan rus by Jesus se voete helde man. Jou plek op aarde is leeg. Daar gaan baie verlange na jou wees!

DGP ·

Dié is so tragies. Baie sterkte aan Susan en die hele familie. Ek verstaan nie goed soos die nie… :(

Waarheid ·

Hartverskeurend. STERKTE aan geliefdes.Glo hoop en vertrou oorsaak en waarheid vir neerstorting sal gou duidelik wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.