Bekende inwoner op hoewe buite Mbombela vermoor

(Argieffoto)

Die liggaam van die 54-jarige Catherine Irving is die naweek op ʼn kleinhoewe in die Uitkyk-omgewing buite Mbombela (Nelspruit) gevind.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn tuinwerker het Saterdag op Irving se liggaam afgekom.

“Die tuinwerker het vier mans van die toneel sien weghardloop. Hy het gaan ondersoek instel en haar gevind. Sy was vasgebind en [met ʼn voorwerp] gesteek,” het Hlathi gesê.

“Die tuinwerker het by die bure gaan hulp soek en die vrou het aan haar beserings gesterf.”

Hlathi het gesê dit is nog onduidelik wat uit die huis gesteel is. Die vrou se familie moet bevestig of enigiets wel vermis word.

Irving was die eienaar van Shamroc Cattery & Kennels. In ʼn Facebook-boodskap vra Nicholas Ings troeteldiereienaars om hul diere so gou moontlik te gaan afhaal.

“Dit is met ʼn swaar hart dat ek julle namens die Irving-familie laat weet dat Cathy nie meer by ons is nie,” het Ings in die boodskap geskryf.

“In dié situasie kan ons net om verskoning vra vir die ongerief wat veroorsaak is. Diere sal steeds die hoogste vlakke van sorg ontvang, soos wat Cathy se standaard was, tot ons hulle aan julle kan terugbesorg.”

Irving se familie wou nie kommentaar lewer nie.

Hlathi het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan kol. Ernest Maoka by 082 318 9843 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Msp ·

Sy het hier in ons area gebly. Wonderlike mens gewees, haar lewe het groorliks oor diere gegaan, sy was baie erg oor diere. Nog ń wonderlike blankevrou wat soveel vir die samelewe beteken het moes haar lewe wreed verloor asgevolg van die bloeddorstige kriminele Suid Afrikaners. Vanaf November het hulle net mal geword en vind een na die ander wrede moorde plaas. Ons minderheidsgroepe benodig dringend ń leier wat ons die regte leiding kan gee.

André-Chris ·

Jip, die naam is Nelspruit, en so kom dit ook op ons rekeninge voor!

Muffin ·

@Andre Chris, Dankie vir die iligting Nelspruit. Ek het gewonder waar is die Bom plek.

André-Chris ·

Muffin, skuus, ek is hier van die punt af, maar laat ek dit uit my sisteem kry. Nelspruit heet mos amptelik Mbombela!

Waarom? Want die persone/instansie wie destyds die behoud van die naam Nelspruit gedryf het, het ongeag die hele dorp (derduisende mense) teen die verandering van die naam gestem het, met die mandaat aan die slaap gesit en was met die broek op die knieë gevang, toe loop die tyd uit en probeer hulle die saak, mosterd na die maal hof toe vat! Daarom is die saak toe uitgegooi.

Hulle het Nelspruit se inwoners versaak.

As ek verder reg het, was Afriforum op ‘n stadium betrokke, maar het hulle ontrek as gevolg van die voete sleep van daardie plaaslike Nelspruitse instansie.

Michael P ·

Dit is baie sad dat so n goeie mens op so n manier moet gaan.Sien Malema se alle wit mense is rassiste nou hoe kan n mens dit wegsteek. Hierdie tipe moorde sal nie end kry terwyl die leiers van sekere partye hulle verlekker in die soord moorde nie.

Lisbon ·

Dalk tyd geword dat iemand die regering en kie vir volksmoord aankla.

Pieter ·

Ons blankes het maar net nie ore nie ons praat en praat ons moes lankal standpunt in geneem het teen hierdie korrupte ANC regering kom ons gaan leer by die mense van hong kong hoe om saam te staan

Helene ·

N wonderlike mens weg. En steeds kla ons en geen aksie word geneem nie! En voor iemand my aanval….. Ek het nie genoeg invloed om iets te doen nie!

Pieter ·

Ek stem helene ons blankes wil nie standpunt in neem nie al wat ons doen is kla die regering lag vir ons

Peet ·

Verwonder my daagliks oor die “braafheid” van die kaders. Die tou word korter en korter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.