Bekende joernalis oorlede

Carlien Wessels Foto: Facebook

Carlien Wessels Foto: Facebook

Carlien Wessels, vryskutjoernalis en voormalige redakteur, wat ʼn paar dae lank in ʼn koma in ʼn hospitaal in Johannesburg was, is Vrydag laatmiddag oorlede.

“Carlien is huis toe,” het Marinda Botha, Wessels se suster, aan Maroela Media bevestig.

Wessels is verlede week bewusteloos in haar tuin gevind nadat sy ‘n oordosis medikasie geneem het.

Wessels het in 1981 met vyf onderskeidings uit die Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein gematrikuleer. Sy was vir ʼn wyle redakteur van Baba & Kleuter-tydskrif en vir drie jaar lank die redakteur van Living & Loving-tydskrif. Sy was ʼn ywerige fotograaf en het steeds op ʼn vryskutbasis inhoud genereer vir verskeie publikasies, privaat ondernemings en webwerwe.

Sy was vir vyf jaar lank senior verslaggewer en assistent nuusredakteur by Volksblad. Sy het ook as senior skrywer by Huisgenoot/You gewerk en as senior ondersoekende skrywer by Sarie.

Lees ook:
Meegevoel vir sterwende joernalis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ria Maritz ·

Na waters waar rus is, lei HY ons heen. Rus sag, rus in vrede Carlien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.