Bekende Kaapstad-man vermoor

Steven Otter.

Steven Otter.

Steven Otter, ʼn werknemer van die Kaapse stadsraad en voormalige woordvoerder, is Vrydagoggend vroeg in sy huis vermoor.

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het gesê dit is met skok en groot hartseer dat hulle van die moord op Otter verneem het. Otter (43) was voorheen De Lille se woordvoerder en het voor sy dood gewerk as hoof van gemeenskapsbetrokkenheid by die stad se vervoerafdeling.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het die voorval bevestig. Volgens Traut is daar kort voor 04:00 by Otter se huis Harfield Village in Claremont ingebreek. Hy het die inbrekers glo gekonfronteer waarna hy met ʼn skerp voorwerp doodgesteek is. Die twee verdagtes het met ʼn televisie, ʼn skootrekenaar en ʼn selfoon gevlug. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Volgens berigte was ʼn vriendin van Otter en haar dogtertjie ook in die huis.

De Lille het na Otter verwys as “Stevovo” en sê sy werk was altyd van hoogstaande gehalte. Hy was ook deel van die MyCiti-projek en was voorheen ʼn joernalis. “Daar was niemand soos hy nie en sy toewyding was definitief een van sy beste eienskappe. Hy sal gemis word. Ons medelye gaan aan sy eksvrou Janine Lange, hul sesjarige dogtertjie Mya, sy familie, kollegas en vriende.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Buitestander ·

Dat ‘n man in die fleur van sy lewe so vermoor moet word?

Elize ·

Innige simpatie aan sy familie en vriende. So hartseer, kort voor Kerstyd.

Lance ·

Plaas De Lille iets voorstel veral in haar posisie …dankie vir die mooi woorde dit word wardeer maar doen ASB iets aan die situasie wat die hele land verpes soos n kanker

Alida ·

Lance nou wat verwag jy moet Patricia de Lille doen. Asb kom met jou slim voorstelle.

Margi Johnson ·

Absoluut skande en totaal onnodig! Maar ja ‘ons’ is op n mission! Innige simpatie aan die famielie

Pieter ·

My opregte meegevoel aan Janine met jul groot verlies. van Pieter, jou oud-dosent en kollega by Cornerstone. Daar is net te veel van hierdie sinlose geweld in ons samelewing.

Hendrik ·

Barbare het ons land oorgeneem en doen ongestoord net wat hulle wil. En ons vind hulle oral en indiens waar ons dit die minste verwag.

Vivian ·

Ai dis so hartseer . Ek dink net die tyd het gekom om die regering wat verantwoordelik is vir die veiligheid van hierdie land se burgers en dit daagliks faal, tot verantwoording te roep. Mense wat deur roof, gewapende roof, verkragting en moord moet eenvoudig saamstaan en die regering aankla op n wettige manier. Sterkte vir almal wat deur hierdie tyd so seer het.

Johann ·

Hierdie skuim van die aarde hou net nie op nie, tyd dat deur iemand in gegryp word

ek dalk stupud ·

Mense ons almal besef daar moet iets gedoen word maar WAT. Die helsems kom in ses tot twaalf stuks en verdwyn net in die massas in. Ons is n druppel in die emmer. Om hul te straf moet hul eers gevang word. Ek weet net nie hoe mens kan terug veg nie. Hul is uiterse lafaards met die mes in die hand.

Peet J ·

Dit help nie om met die kriminele te argumenteer nie hulle het nie ‘n saak met jou nie. Hulle kom om te steel en jou lewe te neem sodat jy hulle nie kan uitken nie . Ek wonder nou net waar was die persoon se wapen seker in ‘n kluis toegesluit. Seker ook nie eers ‘n hond gehad wat geblaf het nie. Wat van veiligheids hekke. Jy kan mos nie sommer mense voor 4h00 in die oggend in jou huis toelaat nie. Ek voel jammer vir die oorledene se familie volgens die berig was Steven ‘n aanwins vir die NSA iemand wat ons nodig het om die land ‘n beter plek te maak vir ons almal.

Michael ·

Peet J, duidelik het jy nog nie ‘n inbraak beleef nie. Dit gebeur so vinnig en onverwags, as jy weer kyk is hulle op jou. Ek het al 3 inbrake oorleef, glo my, geen diefwering, alarm, hond of vuurwapen kan hulle meer keer nie. Jy kan iemand vinniger met ‘n mes bespring oor ‘n sekere afstand as wat hy sy vuurwapen kan uitpluk en afvuur.

Michael ·

Mense as julle iemand in die huis hoor of verdagte geluide hoor sluit die kamerdeur, skuif die meubels voor die deur (want hulle skop die deur af) en bel die polisie. Moenie eers gaan ondersoek instel nie. Dit het my lewe al gered. Ek kan nie genoeg beklemtoon dat ‘n indringer jou vinniger kan bespring as wat jy jou vuurwapen kan afvuur nie,

Nita ·

N mens wil nou al in n donker put van moedeloosheid verval weens al die wrede moorde,rooftogte en kapings. Dis tyd dat daar so semi-krygswet afgekondig word. Die weermag moet die polisie assisteer met patrolering. Ons polisie kom beslis nie daarby uit nie. So n weermag patrollie moet die reg he om enige tyd van die nag of dag, n persoon te kan vra vir sy identifikasie en waarheen hulle op pad is. Ons moet maar net besef dat noodmaatreels nou moet begin geld. Boosdoeners het totale vryheid om te kom en gaan nes hulle wil. As die land se polisiemag nie alleen kan beheer hou nie, moet die regering die weermag kry om te help. Dis die regering se plig om sy land se mense te beskerm. Die belastingbetaler onderhou die weermag en behalwe vir n klein vredesmag wat dan en wan na ander lande gestuur word, hoe en waar word die weermag aangewend?

Johannes Meintjes ·

Innige meegevoel. Uiters betreurenswaardig! Gedurige opsweping en verdagmaking skyn die aanslag soos inbrake en moord sonder om ‘n oog te knip teen blankes te eskaleer. Die gees van misdaad en geweld in SA moet na mening dringend omgekeer word, en dit kan net deur verantwoordelike en sterk morele leierskap op alle terreine tussen al ons kultuurvlakke gedoen word. Intussen moet landsburgers asb. tuis, op reis en in die GPF of Buurtwag gedurig hulle persoonlike veiligheid en veiligheidsplanne tussen bure hersien, opskerp en selfs in-oefen. Ons kan nie meer on veiligheid net aan genade en onbeholpe instansies rondom ons oorlaat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.