Bekende Kestell-winkelier dood aangetref

Argieffoto

ʼn Bekende winkelier in Kestell in die Vrystaat is Saterdagoggend dood aangetref in sy huis.

Johan Ramage (77) se huis is agter sy winkel in die dorp geleë. “Hy het verskeie meswonde en ʼn kopbesering opgedoen,” het ao Loraine Earle, woordvoerder van die polisie, gesê. “Lede van die gemeenskap, wat ʼn koerant wou kom koop, het opgemerk dat hy nie soos gewoonlik op sy pos is nie. Toe hulle ondersoek instel, het hulle gesien ʼn venster is oopgebreek. Sy hond het ook geblaf. Hy is dood aangetref.”

Earle het gesê niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met meer inligting kan lt.kol. Morena Motloung kontak by 082 479 9313.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Andries Visagie ·

“Dood aangetref” is ‘n baie misleidende opskrif. Hy is vermoor. (Ja, tegnies ook “dood aangetref”, maar noem dit op die naam.)

Marianne ·

Aag nee genade man! Hoe sinneloos is dit???
Waarom die arme – baie “sweet” – ou oom vermoor?
Ek hoop die doodstraf word ge-herinstalleer, ons lands burgers word soos diere geslag.
Wanneer is genoeg, genoeg?

Louis le Roux ·

Nog ‘n onsinnige aanval en moord op ‘n blanke. Ek het die Ramages baie goed geken en my koerant vir bykans 30 jaar onder die rubbermatjie soggens voor die winkel gekry. Johann en sy ma, Tannie Rita, sou geen mens enige kwaad aangedoen het nie. Ek en Johann het baie middae op die winkel se vensterbankie gesit en gesels. Hy was ‘n besondere mens met ‘n wye geskiedeniskennis. Baie gedenkwaardighede m.b.t. Kestell is in die Nasionale Museum in Bloemfontein te sien deur die toedoen van Johann. Hy was ‘n groot vriend van Retief Hoërskool en het baie sommer daar by die skool uitgeval vir ‘n geselsie. In daardie winkeltjie is baie waardevolle memorabilia en ek hoop hy het dit aan iemand of instansie nagelaat wat dit sal waardeer.
Ek groet jou Johann. Jy sal deur almal in Kestell onthou word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.