Bekende Kimberliet, lewensmaat op plaas aangeval

Piet en Rikkie. Foto: Facebook

Piet Els, ʼn bekende sakeman van Kimberley, en sy lewensmaat, Magrietha “Rikkie” Alsemgeest, is Dinsdagaand op hul plaas sowat 10 km buite die stad aangeval.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê die aanvallers het glo deur die loop van die aand op die plaas toegeslaan. Volgens hom is diamante en vuurwapens uit ʼn kluis gesteel. Els is glo ʼn diamanthandelaar.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig. Hy het gesê ʼn saak van huisroof word ondersoek. “Vier aanvallers het die slagoffers glo gedreig en hulle aangerand voor hulle hul hande en voete vasgebind het.” Dit is in dié stadium nie duidelik waarmee die aanvallers gewapen was nie.

Kock het gesê hoewel die beskikbare inligting nog skraps is, word daar beweer dat die verdagtes die kluis met ʼn hoeksnyer oopgesny en met ʼn groot hoeveelheid waardevolle items, ʼn jaggeweer en ʼn wit Mercedes-Benz op die vlug geslaan het.

Volgens Müller is die slagoffers glo vir ure aangerand en gemartel. Albei is tans in ʼn plaaslike hospitaal vir mediese behandeling.

Kock het gesê die voertuig is later verlate op die R31 naby Phutanang in Kimberley opgespoor. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Mense met inligting oor die voorval kan ao. Patrick Dibebe by 082 752 2577 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Annie ·

Hartseer en onnodig – wens hulle ‘n vinnige herstel – hoe het daai skelms geweet van die diamante ? mens kan niemand meer vertrou nie.

bekendheid ·

baie weet hy is ‘n diamanthandelaar, nie net mense wat in sy huis werk nie

mc ·

Goeie genugtig dit hartseer om te hoor. Piet Els is ‘n legende in daardie omgewing. Ons het grootgeword met staaltjies oor hom. Het hom amper as ‘n destydse Robin Wood beskou. . Ek dink dit sal vir Mnr “Terror” Lekota ook hartseer wees om te hoor van Mnr. Els. Ai, dat mens nou op so ‘n manier moet uitvind hoe dit met Mnr. Els gaan – my pa is al oorlede en hulle was dieselfde ouderdom. Baie baie sterkte, hoop hulle kan die nare ervaring agter hulle sit en is sommer gou gou weer op die been.

Melda Clarke ·

Is baie sleg wat word van ons land hoelank gaan dit nog so aangaan

Marianne ·

Is niemand dan meer veilig nie???
Gaan die Regeering ooit ingryp en plaasaanvalle, sinnelose misdade stop???
OF GAAN HULLE WAG DAT DIT “CLOSER TOO HOME” TREF
Voordat hulle iets gaan doen?

Hanna ·

Ai, dis so hartseer en onnodig. Die arme ou mensies! Baie sterkte Oom en Tannie. Hoop nie die motief agter hierdie walglike daad is weer “huisroof” nie…

L Stander ·

Baie hartseer om te hoor. Pragtige foto van oom Piet hulle in berig maar SKOKKEND om te sien hoe hulle werkik verniel is.

mc ·

NEE NEE NEE, ‘n legende het geval. Here bewaar ons harte van die swartste verbittering wat ‘n mens kan voel. Bewaar ons van daardie verskriklike vlaag van “skuldig deur assosiasie” wat oor ‘n mens spoel.

OTTO ·

Genoeg is genoeg!!!!…sinnelose marteling van weerlose bejaardes kan mos nie langer geduld word nie….klomp lafaards wat net in bendes kan optree!! Baie sterkte Oom Piet en Tannie Rikkie,,

Janneman ·

En geen ander media berig dooroor nie?

Is ons nou aanvaarde teikens in hierdie land?

Anne Ackermann ·

Baie geskok oor oom Piet se aanval! My oorlede pa en Hy was neefs! Gebede vir spoedige herstel!

Lorette ·

Annie, dink almal het maar geweet van die diamante. Hy en my ouers het saam grootgeword en hulle ouers was maar almal delwers. Bitter hartseer om die aanrandigsfoto van Piet te sien. Dit lyk regtig erg. Ek kan maar net vir hom, Rikkie en die kinders sterkte toebid. Jy weet, werksmense praat maar onder mekaar en so versprei baie inligting, Ons nasie het gierig geword en ek dank die Vader dat hulle wel oorleef het.

Lana Binneman ·

Baie jammer om dit te sien? Maar hoekom net huisroof? Dit is aanranding met die opset, poging tot moord en sommer nog bair wat daar by moet kom!!! Nie net huisroof nie! Sterke aan die oom en tannie en hulle gesin dis nie ‘n lekker ding die nie……

Vriend ·

Geen rede om enige wese te martel! Sies??
Mag jul toegevou word in SY LIEFDE en liggaamlik en geestelik volkome herstel baie sterkte.

Ilse ·

‘n Huisroof word ondersoek maar hulle is ook erg aangerand!?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.