Bekende kinderhuis in herrie oor video

Foto: Facebook

ʼn Bekende kinderhuis in Vereeniging, Gauteng, bevind hom in die middel van ʼn sosialemediaherrie nadat drie meisies kommerwekkende aantygings oor die toestand daar op ʼn selfoonvideo gemaak het.

Die meisies, waarvan twee minderjarig en een 18 jaar oud is, staan in hul skoolklere en vertel in Afrikaans in ʼn skynbare ligte luim hulle is inwoners van die Catherine Robson Kinder- en Jeugsorgsentrum. Hulle verskaf hul name en ouderdomme terwyl die stem van ‘n vrou in die agtergrond gehoor kan word en sy vir hulle vrae vra. Die meisies vertel dat hulle een aand sonder kos buite die kinderhuis moes slaap. Hulle beweer ander kinders het hulle “deur die tralies” probeer kos gee en dat dié kinders toe ook gestraf is.

Hulle beweer verder niemand is gelukkig daar nie en die huismoeders vloek en slaan hulle glo. Hulle sê hul kos word glo in vuil potte voorberei en dat hulle al miere, kakkerlakke, staalwol en proppe in hul kos gekry het.

Die skynbare doel van die video is om die aandag van die “minister van gesondheid en welsyn” te kry om daar besoek af te lê aangesien dit nie ʼn “veilige hawe” is nie.

Ds. Danie Kruger, bestuurder by Catherine Robson, het Woensdag aan Maroela Media gesê die bestuur neem kennis van die video wat versprei word.
“Die voorval is by die departement van maatskaplike ontwikkeling aangemeld. Die departement is versoek om ʼn onafhanklike ondersoek te doen, waarby lede van die adviesraad van Catherine Robson ook betrek sal word,” het Kruger gesê. “Die bestuur sal daarna op die aangewese optrede besluit.”

Kruger het gesê in terme van Artikel 74 van die Kinderwet is dit in die kinders se beste belang dat hul identiteit nie op sosiale media gepubliseer word nie.

“Ons doen ʼn beroep op die publiek om nie die video verder te versprei nie. Ons beskou die video as lasterlik en is in die proses om regsadvies in te win. Persone wat op sosiale media lasterlike kommentaar lewer, kan hulle moontlik blootstel aan regstappe,” het hy gewaarsku.

Die tehuis is ʼn geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat aan die NG Kerk behoort. Die NG Welsyn is ook bewus van die video.

Die tehuis het gedurende die 1950’s tot stand gekom om sorgbehoewende kinders tussen vier en 17 jaar oud in te neem en te versorg.

Op die tehuis se webwerf skryf hy daar word in die kinders se normale behoeftes voorsien, naamlik klere, goed gebalanseerde etes, warm beddens en ontspanningsgeriewe soos televisie, ʼn swembad en ʼn goed toegeruste speelgrond. “Geestelik word die kinders aangemoedig om ʼn persoonlike vertrouensverhouding met die Here Jesus te hê. Groepwerk en persoonlike gesprekke word deur die maatskaplike werker met die kinders aangebied om die baie hartseer van die verlede aan te spreek en nuwe lewensvaardighede aan te leer,” lees die inskrywing.

Maroela Media het navraag by die departement van maatskaplike ontwikkeling gedoen en wag vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Ken2 ·

Wat is die kulturele agtergrond van die kinders wat kla? Ek vra want dit is dalk nog een van vele pogings om ons institusies af te probeer breek.

Cherokee ·

Ken BEHOORT dit te gelees het. En die predikant wat sê dat die ‘video as laster beskou word’ behoort te weet dat dit slegs laster is as dit leuens is. So hy beter himself van kritiek te weerhou tensy hy dit as onwaar kan bewys.

Charmaine Coetzee ·

Glo datem nie kinders sal sulke dinge se as dit nie so is nie rk was al by n plek van veiligheid om kinders in my sorg te plaas daat hey die jong seuns die swart vrpuens aangerand het dit self gesien glo.n saak moet oopgemaak en die kinders moet ondervra word ney my opi ie

RASSIE ·

Die vrou wat in die agtergrond vrae vra se motiewe moet deeglik ondersoek word.

Elsie ·

Ek weet wie die oudste dogter is ek ek gaan jou wed dit is haar ma wat daar praat. Moeilikheidmakers van formaat

Nicolene Boshoff ·

Sal my nie verbaas as dit fie waarheid is nie, ek neig om hulle te glo. Kyk in watse toestand is ouetehuise, het net gister gewonder hoekom sou kinders selfmoord pleeg in kinderhuise as niks fout is nie. Ek bid DAT die versorgers van staathospitale, ouetehuise, psigiatriese inrigtings, wees en kinderhuise se harte en OE sal oopgaan want die enigste liefdevolle hand en mond was dalk net joune vir die dag

Ella ·

Nicolene, met alle respek: kinders pleeg selfmoord buite kinderhuise ook. Alle kinderhuise is nie sleg nie en selfs by slegte kinderhuise is nie al die personeel sleg nie.

Anoniem ·

Ek was persoonlik al by van die verskillende huise. En daar is regtig walglike omstandighede. Daar was nie eers gordyn voor die vensters nie. Ek hoop regtig hierdie word in diepte ondersoek. Die voog huis was glad nie in n ordentlike toestand nie. Die beddegoed was verskriklik vuil. Ek hoop regtig iemand gaan doen diepte ondersoek. Die problem is net dat nou weet hulle die mense daar buite gaan begin kom kyk en dan gaan hulle op die oog af als netjies hou. Die besoeke moet onverwags gebeur en nie net wanneer daar iets op sosiale media gepubliseer word nie.

Vleislus ·

Hier ruik n rot. Dalk n rasistiese rot. Sal nie snaaks wees nie.

Ruby ·

Ek weet darem nie.

Die dametjies was vir my net in ‘n TE ligte luim tydens hulle gesprek. Hoekom was hulle gestraf?

Verseker as daar staalwol, proppe en dies meer in die kos is moet daar onmiddelik opgetree word.

Die tannie met die rasper/rook stem moet ondersoek word.

Henry ·

Die hoof van die kinderhuis protesteer en deig net te veel, laat mens wonder. Daar is altyd twee kante van n storie en die waarheid iewers in die middel…………..

Ja Nee ·

Henry, ek stem saam… Jare gelede by kinderhuis in Vereeniging probeer selgroepe hou met van die ouer kinders. Die huis ouers was self hawelose mense wat geen heenkome gehad het wat na die kinders omsien in ruil vir verblyf en n bord kos elke dag. Een van die eerste vra wat ek gehad het aan een van die huis ma’s, het u self kinders? Nee.. en het u darm agtergrond oor basiese noodhulp ens, sou n kind dalk brand of sny opdoen. Nee mnr hul kry pak as hul sulke stoute dinge aanvang. Charity begins at home (ryk of arm).. hier is n vet luislang in die gras. Die ds. moet hoop daai slang is nie giftig nie.

Wern ·

Afrikaners is al so gewoond om sleg geprobeer smeer te word dat ons al slenters soos hierdie uitken. Neewat meisies en wieookal agter julle sit. Skaam julle.

Pont ·

Entitlement kultuur… pas perfek in vandag se people culture. So haal hulle uit hierdie plek en sit hulle in n regte staatskinderhuis.

CWS ·

Ek is van vereeniging en weet van aftree oord waar vriendin haar ma gaan uithaal het asgv stakings en niemand gee om…so dit kan moontlik wees want vaal3hoek verval erg….en almal n dont care houding….weet ook van 2 jr terug in n ander dorp het my vriendin se ma in staats tehuis nie wonderlike behandeling gekry en ook 2 of 3 keer uit rolstoel geval….lewe bitter ongenaakbaar geword…ook in sasol was n berig in koerant n tyd gelede waar iemand hul ouma gaan uithaal het….uitgeteer en siek…hulpeloos van mense afhanklik…kry hul geld maandeliks maar nie tyd om mense met respek te behandel….ook my eie suster sien sterf in n tehuis…na beroerte sy pragtig herstel in Kopanong….maar haar kinders haar laat oorplaas na tehuis in ander dorp….die middag toe ek daar kom sit n verpleegster haar en voer….haar kieste vol kos en kannie sluk….maar se kom kom ouma eet..my hart wou breek vir my ousus….hande yskoud toe ek beurt kry te groet….nodeloos te se sys volgende dag oorlede….seker hartseer want ek jongste sus haar elke dag gaan sien in Kopanong en rooibos tee gevat met strooitjie…..om van te ween….waarom waarom????

Wilma ·

In die ou SA toe die NG Kerk volle gesag oor die kinders in hulle sorg gehad het, het dit goed gegaan met die versorgers sowel as die kinders. Sedert 1994 geld die beleid van regte , versus voorregte, vir kinders. Die kinders wat ingeneem word se houding en gedrag is meesal van so n aard dat hulle in die ou SA in die sg verbeteringskole opgeneem sou word. Kinderversorgers werk onder onmenslik stresvolle omstandighede. Kinders loop weg, doen mee aan al wat n onsedelike en kriminele praktyk is op straat en stap dan doodluiters na drie dae weer by hulle huisies in. Die versorger moet verslag doen daaroor, skriftelik ook, wat baie tyd in beslag neem. Kinders wat nie oor alles ingelig is wat hulle snags kan aanvang nie, kom leer dit binne 24 uur in vandag se kinderhuise. Die stelsel faal die kinders.n Mooi beeld word voorgehou in die media deur fotos te plaas van personeel of vrywilligers saam met die kinders tydens n bietjie interaksie met geleentheid. Baie misleidend. Die suksesse is dun gesaai. Die kinders kan vreeslike stories opdis om n personeellid wat hom teegaan in die moeilikheid te bring. Die meeste is erg vernielsugtig ook. Verstaan my nie verkeerd nie, my simpatie le by die kind ook, maar soos gese: die stelsel misluk daarin om die kinders in n liefdevolle omgewing op te voed, een waar respek geld en waar gesonde waardes vasgele word.

Kinder ·

Ja dit is “menseregte” en die liberalis wat kinders vernietig. Dankie soros en pionnne.

Hennie ·

Ds Kruger tree reg en verantwoordelik op. As hulle vanaf1950 opereer het hulle goeie werk verrig. As een insident ter sprake is kan dit reg gestel word. Gladnie nodig om die baba met die badwater uit te gooi nie.

Johann ·

Ek het ook twee kinders aan ‘n kinderhuis toevertrou vir berading, in drie riviere toegerus met 4 tasse klere en, en, twee weke later het hulle huistoe gekom met vodde van ander kinders, die werksters het hulle goedjies verdeel onder andere wie nie gehad het nie

Hartseer Afrikaner Girl ·

Ai tog kyk hoe is on Afrikanergemeenskappe nie al opgebrokkel nie!! Vroeër jare sou ons dadelik werk gemaak het om agter te kom wat versinsel en wat waarheid is en gedeel het met wat ookal die uitkoms was en ook daadwerklik opgetree het as skuld bewys is LET WEL as daar bewys is dat so iets bestaan. Deesdae vervloek en kraak ons mekaar af links en regs. Het 1 persoon al gedink hoe moeilik wit kinderhuise dit het deesdae? Hulle kry bitter min of geen hulp deesdae vd Staat en skenkings raak al hoe minder maar die kinders word meer…. Wat het van saamstaan geword? Dis hoekom ons volk in sy kanon in is!!!!

Chris ·

As die dametjies kla oor die verblyf en omstandighede daar, hoekom gaan soek hulle nie ander verblyf nie. So maklik soos dit. Ek voel jammer vir kinders in die omstandighede wat deur hul ouers weggesmyt word, maar wees dankbaar vir wat julle kry. Dit is nie die regte manier om jul misnoë en griewe te lug nie. Dit blyk deesdae die “in ding” te wees om dit op sosiale media uit te blaker.

Nita ·

Chris..jy kan bly wees jy is nie weggesmyt nie..kinders word gemaak om lief te he..ander net vir plesier.DAN word hul weggesmyt..het jy al n weeshuis besoek?wel ek was in een in die 60 jare..iets wat geen kind wil meemaak nie…toe al was dit haaglik…ek gaan gee nou en dan komberse en daar is babas tot tieners..en glo my dit is nie hul keuse nie..hul het nie hul self in hierdie wereld ingebring nie..

Nee Nita ·

Goeie liewe hemel dit was meer as VYFTIG jaar terug? Dit is soos om ‘n konsentrasie kamp te besoek het en te beweer dit gaan nounog so!! Die gaan baie goed met kinderhuise deesdae, alle kerke en organisasies skenk geld en goedere, soveel so dat hulle al begin MORS het daarmee en ons kerk onttrek het. Daar word KERSFEESlyste gemaak van wat hulle vir Kersfees wil he, van x-boxes tot fietse, hulle duvets en gordyne moet bymekaar pas, hulle het al soveel DEMANDS dat mense al sku is om te gee. ASB kry MEER ONLANGSE Nuus vir ons as vyftig jaar oue bewerings!!

Daleen ·

Ek was self in die kinderhuis in potchefstroom. Glo my die reels is nie meer so streng soos 20+ jare gelede nie. Hulle het nou ‘n ball! Geen lyfstraf en regtig nie streng reels nie. Die dogtertjies moet bietjie strenger behandel word en besef hulle gaan nog terug verlang “orf” toe!

Alida ·

Ek lees almal se kommentaar dit gaan my verstand debowe. Hoe praat julle sulke snert ek was 6 jaar daar. Daardie huis was net goed vir ons. Praat weer saam as jy ook n kind daar was. Die hoof daar is n goeie en gawe man ek ken hom al 21 jaar voor ek in die kinderhuis geplaas is. Gaan gerus en besoek die groep en kyk wat die kinders oor die jare van die huis sê. Vandag se kinder is nie onskuldig nie julle behoort teweet hoe ongehoorsaam ons jeug vandag raak. Die hele storie is uit perporsie.

Thea Gerber ·

Alida, jy is reg, saam met my op Universiteit was ‘n jong meisie wat deur die kinderhuis befonds is om te studeer. Sy het nie oorvloed gehad nie, maar altyd genoeg, en veral ondersteuning, aanmoediging en liefde. Sy het haar graad ge-cum. Sy het altyd teruggegaan en veral met die kleintjies gaan help, selfs nadat sy klaar gestudeer en reeds gewerk het. Dit is so jammer dat kinders wel in ‘n kinderhuis beland agv omstandighede buite ouers se beheer, maar die ou sêding van alle kinders verdien ouers, maar nie alle ouers verdien kinders nie, is ook dikwels waar.

Jalapeno ·

Eerstens is die ou kindertjies in die plekke nie almal engeltjies nie. Tweedens is hulle toelaes van die staat so gesny dat die mense beswaarlik vir die kinders kan sorg. JA as daar enige abuse is, of swak higiene, spreek dit aan, maar die klagtes “in ‘n ligte luim” klink vir my na moeilikheidmakers. Daar was al soveel gevalle van jong meisies wat uit wraak (omdat hulle reprimand is of omdat hulle nie hulle sin kon kry nie, of uitgevang is kwaaddoen) saamsweer om ‘n onderwyser of skoolhoof of oppasser te ‘set up’. Mense se lewens is al vernietig deur stories wat die kinders opmaak. Die aanslag is teen die wit Afrikaner tans, alles wat wit en Afrikaans is word in die grond ingetrap. BEE dan maar die hele tehuis, en dametjies julle wat kla, gaan dan net Engels mag praat en julle onderwerp aan die ‘nuwe gesag’, kan nie wag om julle gesiggies dan te sien nie!

Objektief ·

Die bestuur van ‘n kinderhuis is nie. Behoorlike bestuur sluit sluit finansies, behandelingsprogramme, veiligheid en sekuriteit in. Subsidies het afgeneem. Gemeenskapsbetrokkenheid a.g.v. welsynsgevalle het afgeneem. Hierdie bestuur verg kundigheid, toewyding, deursetting en volharding. Om ‘n “normale” huishouding te bestuur is beslis nie ‘n grap nie. Alle wetlike vereistes moet nagekom word. Alle sosiologiese maatskaplike aangeleenthede ens is deel hiervan. Dus dit verg spesiale mense. My beroep om mulidisiplinere spanbenadering gerugsteun deur die gemeenskap is dus noodsaaklik. Na uurse aktiwiteite bly baie noodsaaklik. Tehuis kultuurskepping eweneens belangrik. “ONS IS ‘n FAMILIE EN VOORBEELD VIR ANDER” Nie net kos en klere nie. Sterkte aan die kinderhuis.

Riana ·

1. Die vrou wat die opname en voorskrywing gedoen het, is een van die dogters se suster.
2. Bleikbaar het hulle weggeloop en weer teruggekom.
3. Hulle het wel die nag in die kleintjies se huis geslaap en kos gekry
4. Daar is ook vermoedelik ‘n polisiesaak teen een oopgemaak
5. Twee van die dogters is huidiglik by die een se suster
6. Ons sal maar moet sien wat hier gaan uitkom

Andre ·

Gaan kyk eers d kinders se agtergrond hulle seker uitval met d huisouers gehad nie hulle sin gekry nie nou maak hulle leuns op

Johanna ·

Luister na die kinders. Moenie sommer aanneem hulle jok nie. Hulle weet mos nou sal hulle eers gekastei word. Dis tragies dat so iets op so n manier blootgestel moet word voordat iemand sal luister.

EK ·

Ek self het by ‘n kinderhuis in Pretoria gewerk as huisma, dié kinderhuis is deel van ‘n baie bekende kinderhuis in die omgewing,maar, ek gaan jou belowe, as ek nie vir jou sê nie gaan nie eens weet dié betrokke kinderhuis bestaan nie.
Ek was geskok toe ek daar begin werk, ek het dinge probeer regkry, my alles gegee, maar elke keer teen die “Bestuur muur” vasgeloop.
Dit wat uitgebeeld word om gelde in te samel is nie dit wat werklik daar aangaan nie.

Ek glo die kinders, ek weet hoe die bestuur van sulke plekke optree, ja, die kinders is nie van die soetste nie, maar, hoe hul behandel word bepaal hoe hulle optree….

amelia ·

Hoekom word die familie nie eers in kennis gestel voordat n kind na n kinderhuis gaan nie ek is seker meeste van die kinders se familie sal hul met liefde aanneem maar as jy kind wil aanneem so baie “drama” Ek dink ook daai kinders al genoeg swaar gekry kom met familie in aanraking indien ouers nie na hul kan omsien nie

nannie ·

Is jammer dat die dogters dit op die sosiale netwerk gesit het. In die agtergrond word daar voor gesê om dinge te sê asook waarsku n stem om nie voor te sê nie. Dogters dink ook dat dit n grap is want hul is in n ligte luim.

Mari ·

Ek is nie hier om te oordeel nie maar om slegs feite met julle te deel. Toe my man 3 jaar terug oorlede is het ek in n toevlugs oord beland wat gelee is op Vanderbijlpark se plotte met my twee klein kindertjies. 4 en 2 jaar oud. Ek was verstom om te sien wat daai mense so desperaat maak vir geld en ek praat nie van kos nie want daar was in oorvloed. Dit was vir die oord se personeel en meestal die eienaar se eie gebruik. Om hulle eie lewenstyle beter te maak in plaas van die hordes mense wat op die oord bly. Kos wat geskenk word van groot ketting winkels wat gebere word tot die goed gemuf is en dan weg gooi in plaas van om dit uit te deel vir die inwoners. Luukshede, klere en goeie skenkings wat afgelaai word, word heel eerste onder die eienaar se familie versprei voor hulle dit dalk sal oorweeg om agter in die oord uit te deel. Wat n flippen klug en sirkus was dit nie gewees!!! So voor julle die kinders al die skuld gee gaan kyk eers wat regtig in daai omstandighede aangaan waar in hulle moet bly want jy sal nooit weet of dit n klug is nie.

Elma ·

Ek was verlede jaar daar vir liefdadigheids werk. Die kinders was goed versorg, die kleintjies het ingekleur, die ander het tv gekyk en buite gespeel. Dit sal gaaf wees indien meer mense betrokke raak ipv kritiseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.