Bekende komediant vas oor spoed

Argieffoto

ʼn Bekende komediant is Vrydagmiddag op die N4 buite Mbombela (Nelspruit) in hegtenis geneem nadat hy die spoedgrens oorskry het.

Zandile Mandlazi, woordvoerder van die Mpumalanga- departement vir gemeenskapsveiligheid, het aan Maroela Media gesê die man is omstreeks 16:50 deur provinsiale verkeersbeamptes vasgetrek toe hy glo 170 km/h in ʼn 120 km/h-sone gery het. Volgens Mandlazi het die man in sy Mercedes-Benz-voertuig op die snelweg gery.

Die komediant het aan die verkeersbeamptes gesê hy is inderhaas op pad na ʼn komedievertoning wat vanaand in Nelspruit gehou word. Die man is tans by die Nelspruit-polisiestasie en dit is nie bekend of hy al formeel aangekla is nie. Maroela Media wag op meer inligting.

Die man se naam kan nie bekendgemaak word voordat hy in die hof verskyn het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gevolgtrekking ·

Daar is sekere dinge in die lewe wat nie ‘n grap is.

Buks Barnard ·

Wat ‘n niksseggende, inligtinglose storietjie. Is dit komkommertyd? En die kanse is goed dat, as die “bekende komediant” se naam uiteindelik bekend gemaak word, dit iemand kan wees waarvan niemand nog ooit gehoor het nie.

Faan Ries ·

Jy slaan die spyker so op die kop met jou hele kommentaar. Net n klomp snert sodat ons die berigte moet lees

Anoniem ·

Sluit hom toe dan kan hy sy simpel grappies vir sy sel maatjies vertel. Dit is mense soos hy wat ander se lewens neem en dink hulle kan wegkom met n verskoning van laat wees. Staan dan vroeg op en ry betyds dan kom jy nie laat

SARIE VAN HEERDEN ·

Nuus oor ‘n komediant wat gevang is vir spoed. Watse nuus is dit as daar nie gese word WIE die man is nie. Noem die man se naam anders is dit sommer net niks.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.