Bekende mediaman by huis doodgeskiet

Gordon en  Sonja Patterson: Foto: Facebook

Gordon en Sonja Patterson: Foto: Facebook

Gordon Patterson, ʼn bekende mediastrateeg, is Donderdagaand by sy huis in Randburg, Johannesburg, doodgeskiet.

Kapt. Tsekiso Mofokeng, provinsiale polisiewoordvoerder van Gauteng, het gesê twee gewapende verdagtes het Patterson omstreeks 20:00 in die oprit na sy huis oorval in ʼn poging om sy voertuig te kaap.

“ʼn Stoeiery het tussen hom en ʼn verdagte uitgebreek waartydens ʼn skoot afgegaan het. Hy is in sy onderlyf getref,” het Mofokeng gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en ʼn kapingspoging. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Boodskappe van medelye en huldeblyke stroom in op sosiale media van onder andere verskeie bekendes in die mediakringe. #GordonPatterson was teen Vrydagmiddag een van die gewildste toptien-onderwerpe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Joann ·

Niks nuut nie. Dit is nou n daaglikse storie. En wat gaan hul doen? Niks

Lance ·

Presies …die nuwe SA ! Regering wil ook niks doen nie want misdaad en roof ….bring geld in vir die staat ….Mens se ADT moet eintlik nie VAT op he nie …

Lida ·

Lance wat wil jy he moet die regering doen? Hulle kan nie by elke huis n wag plaas nie maar ja hulle kan SAPD sigbaarheid opskerp en werk skep vir die skurke.

KarooKlong ·

Lida, jammer maar ek wil vir jou sê hierdie is die tyd wat jy nie moet kommentaar lewer nie.

Kaspaas ·

Het die Video gesien skokkend. Het eers later gelees hy is dood. Die regering kan alle sekuriteits verbeteringe laat terug eis van SARS. Die wet kan aangepas word as iemand in jou erf is, is hy daar met slegs 1 doel so verdedig jou eiendom soos jy goed dink en en en

Helene Heyns ·

Lida een ding wat die regering wel kan doen is om hierdie onbeheerde instroming van buite ons grense stop te sit en stuur almal terug wat nie hier hoort nie.

Theuns ·

Ek stem 100% met jou saam. Dit is definitief een van ons land se grootste probleme.

Johanna Botha ·

Presies Lida dis n groot gemors. Die SAPD mense self is omkoopbaar en van hulelle doen nie hulle werk nie. Van die mense is ook so oorgewig en sal nooit n skurk kan vang nie…nou hoe kan mens wet en orde so wil handhaaf. Ek dink ook VAT moet afgeskaf word op sekuriteits diense soos inderdaad voorgesel word.

Bach ·

Op my dorp is die polisie gereeld in uniform met polisie voertuie by PnP vir inkopies, sonder skaamte. Hulle loop in uniform in die straat en eet hamburgers en slap tjips. Geen dissipline.

Wern ·

Eugene sê oe is met skille oorgroei, net sekere berigte dring deur.

Cherokee ·

Eugene sê 10% kapings is deur blankes, 10% rooftogte is deur blankes, 10% plaasaanvalle is deur blankes, 10% opblaas van outomatiese tellers is deur blankes en hy sê 100% meer snert as net dit.

Hennie ·

Nog ‘n moord! Dan is daar mense wat Gerrie Nel wil stop om te appelleer teen Oscar se ligte vonnis.

Tc ·

Regering het beheer verloor met wetstoepassing toe doodstraf afgestel is!Die land is vervalle en die kriminele seevier!
Hennie dink nie jou komentaar is tans van toespassing hier nie Gerrie is ook maar skuldig omdat hy toegelaat het dat Skerpioene ontbind het paar jaar terug,as hy n rugraat gehad het kon hy geweier het en Zuma laat aankla vir die wapenskandaal destyds,maar nee hy eerder dit laat ontbind en n “cozy job” aanvaar by staat!

TVR ·

Hennie jy is 100% korrek! Ek indersteun Adv Gerrie Nel 100% hy probeer tenminste n verskil maak!
Sterkte vd naasbestaandes!

Sarel ·

Pleks Gerrie eerder tyd spandeer om regte moordenaars toe te sluit, nie een wat dit nooit weer sal doen nie en dit ook nie opsetlik gedoen het nie.

Nita ·

En niemand is nog in hegtenis geneem nie….Die kriminele weet hulle gaan meestal skotvry wegkom, daarom is daar geen keer aan hulle blatandheid nie.

Bach ·

Sarel hoe weet jy hy sal dit nie weer doen nie. Dis bewys hy het opset gehad.

Buitestander ·

Mens daar is nie regtig raad vir ‘n terorus, skelm ens. Hulle slaan op enige tyd en plek toe na hulle ure en dae ‘n situasie bestudeer het.

Mense/SAPS moet op die ingewing van die oomblik reageer.

Moet nie vir my sê almal is 100% 24/7 – 365 dae peraat nie.

As ons nie God drie-enig se beskerming het nie is ons almal verdoem.

Karel ·

Buitestander, ek glo in God en sy Woord, ek glo ook in Sy beskerming, maar as n gelowige, wat ook op God vertrou het en aan Sy beskerming vasgehou het, vermoor word, wat het dan nou daar gebeur? Ek dink wat hier gesê moet word is, God is ons enigste hulp van beskerming, AS dit Sy wil is, sal Hy ons beskerm. Habakuk, al sal die vyeboom nie bot nie en geen oes in die wingerde staan nie…..nogtans sal ek in die Here jubel (net so as jy n geliefde verloor). God laat Sy wil geskied, nie ons sin nie, so of ons lewe of sterwe hou net vas aan God. Moet nooit dink as n geliefde sy of haar lewe verloor het, dat hulle nie aan God behoort het of op God vertrou het nie, God laat Sy wil geskied en Sy wil is nie ons wil nie, sy gedagtes is nie ons gedagtes nie. Hou net vas, deur alles aan die Here, moet nie deur mense en omstandighede mislei word nie.

Johanna Botha ·

Die missioneries in Rhodesia het ook gese …’.We trust in God to protect us’ Hulle was almal vermoor !

Ester ·

Presies soos jy sê. Moet nie net vertrou op God en wag nie, beskerm jouself ook.

sue-ann ·

Nehm 24:23 wie kan in die lewe bly as God dit nie bepaal nie. Pred 8:8 niemand het seggenskap oor sy sterfdag nie en Jes 41:4 wie het die verloop van dinge van die begin af bepaal. Dit is Ek die Here…..
Niemand kan God se plan en wil veranser nie. Ons moet in Hom lewe. Dis om nooit te sterf nie. Alles gaan eintlik om die geestelike…

sue-ann ·

Jammer die eerste een is Num 24;23.
Ons moet ook kyk jes 54:16 Ek het die verwoester geskape om te verniel. …

J.B. ·

Ek dink ons moet ons self so veel as moontlik beskerm en die res in ons Verlosser se hande los.

Bach ·

Tc arme Gerrie kan darem nie vir als die blaam vat nie. Hy is nie die president nie. Op sy gebied is hy egter die beste.

Ken ·

So wanneer gaan iemand die regering begin hof toe sleep vir vergoeding na moorde?? Teen ons konstitusionele reg is dit nie?? Wie vervang die broodwinner se inkomste? Snaaks, as wit swart doodmaak moet wit vir swart se familie vergoed, maar nie anders om nie.. Nou wonder ek…

KarooKlong ·

Ken, baie goeie stel vrae.
Worstel al lank met dieselfde vrae.

Hannelie ·

Ons moet ons huise maak soos tronke met al die diefwering en veiligheidsmaatreëls. Want die tronke is leeg omdat alle misdadigers los loop.

Donovan ·

Weet jy ons sit soos mossies op n draad wie is volgende… Moet ons nie maar weer ons tent penne uitpluk en maak soos ons voorvaders en beter heenkome te gaan soek nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.