Bekende Namibiër boet met lewe om gesin te beskerm

Hans-Jörg Möller. Foto: Facebook

Hans-Jörg Möller. Foto: Facebook

Hans-Jörg Möller, ʼn bekende vlieënier en sakeman in Namibië se toerismebedryf, het met sy lewe geboet om sy gesin tydens ʼn aanval by hul huis in Walvisbaai te beskerm.

Die Namib Times berig die Möller-gesin is Vrydagoggend omstreeks 01:00 vermoedelik deur ses mans in hul huis in Paul Vincentstraat oorval.

Möller se vrou, Carol-Anne, het tydens die aanval by die egpaar se twee dogters geslaap, omdat een van hulle siek was. Sy het eerste wakker geword toe die huis se veiligheidshek oopgebreek is en het gaan ondersoek instel. Die bende het haar aangerand en op geld aangedring. Sy het heeltyd gepleit dat die aanvallers hul kinders ongedeerd in hul kamer los.

Intussen het Möller van die rumoer wakker geword. Hy het glo verbete geveg om sy gesin te beskerm toe een van die aanvallers hom in die maag geskiet het. Hulle het op die vlug geslaan met kontant, juwele en ander waardevolle besittings.

Möller en sy vrou is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling. Hy het Saterdag omstreeks 15:00 aan sy beserings beswyk. ʼn Volskaalse soektog na die verdagtes is van stapel gestuur en twee van hulle, waaronder die vermeende skieter, is sedertdien vasgetrek.

Gottlieb Panduleni (30), wat Möller vermoedelik geskiet het, het Maandag reeds in die landdroshof verskyn en is borgtog geweier. Hy sal weer op 2 Augustus in die hof verskyn en bly in aanhouding.

Die Namibië-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die ondersoek duur voort en daar word na nóg verdagtes gesoek.

Hans-Jörg Möller en sy gesin. Foto: Facebook.

Hans-Jörg Möller en sy gesin. Foto: Facebook.

Carol-Anne het intussen hierdie hartroerende brief aan haar man op sy Facebook-blad gedeel:

My Liefie, my Hubbie, my Soulmate, ‘H’ – my teddy bear husband

Liefie, baie dankie vir wie en wat jy vir ons dogtertjies, Heidi-Ann Rita Möller en Riana-Michelle Sowden Möller en vir my, Carol-Ann Sowden Möller is en was. Jy is ons rots en steunpilaar en altyd daar as ons hulp nodig het. Dankie ook wat jy als doen en opoffer vir ons gesin. Ons sien alles raak, maar vergewe asseblief dat ons nie altyd genoeg dankie gesê het nie.

Dankie vir 2 wonderlike talentvolle kinders en die uitsonderlike Pappie wat jy vir hulle was en nog steeds is. Hulle glo hulle Pappa kan alles doen en regmaak.

Dankie sommer dat jy, jy is. 8 jaar saam is net ʼn breukdeel van ʼn sekonde! Soveel jare wat nog vir ons as ʼn gesin saam gewag het. Dankie dat jy wou oud word saam met ons dogtertjies en hulle Mamma, Huletts soos jy my noem.

Dankie my Liefie dat jy jou lewe gegee het om ons kinders en my te beskerm. GEEN groter liefde as dit kry ʼn mens nie. As dit nie vir jou was nie, was ek dood en ook miskien ons liefling dogtertjies. Dankie my Man dat jy ons lief het “tot die dood” toe en sonder om twee keer te dink ʼn koeël gevat het.

Jou sterk hande, jou mooi sterk bene en die mees aantreklike gesiggie met ‘n mond, wip neusie en die mooiste grys ogies was ek nie kon ophou soen nie! Hoe is dit dat ek dit môre vir die laaste keer mag gaan soen!

Hoe wreed is dit dat ses mans jou lewe kon steel wanneer jy hulle niks aangedoen het nie. Hoe wreed is die lewe om jou net so weg te steel van ons af? Jy, ʼn liefdevolle, super intelligente, awesome man wie uit jou pad gegaan het om ander te help.

Een ding waarvan ek seker is, is dat jy veilig by die Here is en die mooiste musiek maak.

My man ek mis jou, en ons dogtertjies ook.

Heidi-Ann het vir my gister by jou bed gesê: “Mammie when you miss Dadda, then just look in my face because I look like Pappie” en Hana wys my haar handjies en sê “Ek het Daddy se hands (hande) and stienkie fuse (voete)”

My man ek is lief vir jou. Oneindig lief.

Sweetness Huletts Möller – jou vrou tot die dag wanneer ek ook vlerkies kry om saam met jou te kom vlieg.

Liefie’jie I love you more than you will ever know.”

Bron: Namib Times

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Theresa B ·

Die hel is behoorlik los in ons land en nou gebeur sulke dinge in Namibië. Jy het nooit gehoor van sulke aaklige goed daar nie – en kyk nou……………………..

Stoney ·

Hoe verwoord mens die hartseer wat daardie gesinnetjie ervaar. Jesus hou julle styf vas en sal julle vertroos. My hart en my gebede gaan uit na julle. Sterkte???

Jakoba ·

2 is alreeds agter tralies. Die polisie is warm op die spoor van die ander 4.

Diederik Strachan ·

Waar gaan dit heen geweld en meer geweld en geen gesag nie. Die belasting betaaler word meer onder druk geplaas maar wat kry ons vir ons geld? moord, verkragtings, diefstal, bedrog en so gaan die lysie aan.

André Marais ·

Ek volg Namibië se Nuus al die afgelope 6 Jaar intens aangesien Ek en My Vrou bitter graag teen die einde van die Jaar in Swakopmund wil gaan aftree en nou dit in Walvisbaai – ‘n paar Minute se ry vanaf Swakopmund. Seker die Grootste SEER wat Iemand kan Beleef om die een waarvoor Jy so Lief is op veral so wreedaardige manier te moet sien gaan. Ek Bid vir Hulle alle heil en seën toe.

johann brits ·

Andre jy praat van aftree daar,is jy van Suid Afrika?Hoe sou jy dit regkry?

Martie Volschenk ·

Carol – Anne ek ken julle nie maar my hart bloei vir julle. Waarom, waarom word onskuldige mense so weed aangeval. Kan die mense wat aanbewind is nie wakkerskrik voor dit te laat is nie?

Hannelie ·

Trane kom le vlak in my oe, Here staan die vrou en kindertjies by. So veel liefde waarvan sy praat en Hy van hul weg gesteel!! In hierdie woorde kon ek haar oneindige liefde vir haar man voel, dis so hartseer!! Hkom???

Erica ·

Ai Ai die trane rol nadat ek nou die briefue gelees het…….. Ek het nie Woorde nie!
Woorde gaan niks beter maak nie maar glo my dat in my hart voel ek die Seer saam met julle 3tjies.
Ek kan my nie so iets indink nie………
My Man is My ALLES en hy werk baie in Namibia en dit maak my bang! ! ! !
Ek Bid en vra mooi dat die Here nooit so iets op my pad moet bring nie want ek sal dit nie kan verwerk as my liefste man, Alwyn iets moet oorkom nie.
Sterkte aan jul 3tjies en ek Bid dat jy net sterk sal bly.

petro ·

Kan jy nie sien, dat ons wêreld heeltemal stukkend is nie?
My vriend, kom wys my bevryding asseblief.
Ek is oorlaai met bekommernis en eensame onsekerheid.
Gun my ‘n kans om vir regverdigheid te pleit.
Moet my asseblief nie in hulle boksie plaas nie,
ek, ek is anders, ek glo – ek glo in ‘n hoopvolle generasie.
Meneer kom cure hierdie land, asseblief
Want ons strate en oë en harte is hopeloos verlate

Sarie Joubert ·

Dit is tragies..ek weet nie of Namibia die doodstraf toepas nie. Heimlik hoop ek so.
My kinders bly in Walvis..ek is in India..maar gaan binnekort in Namibia bly. Ek het ‘n gewapende rooftog oorleef in Krugersdorp. Ek wil nie terugkeer na SA toe nie…want Namibia is mos veiliger..en kyk nou..ai mens is nerens meer veilig nie.

ELAINE ·

Elke dag is dit net moord en dood was self in die mense se skoene maar die laaste ruk raak dit al hoe meer mense raak weg kinders raak weg ‘n baba glad vermoor deur eie pa wat gaan aan waar gaan dit eiendig. Ons Vader het die antwoorde ons sal nie die doel sien nie maar die duiwel is los mense hou asb net vas aan julle geloof dit is wat my deur die plaas aanval gedra het hou vas Groete

Sandy ·

Pragtige gesin, bid vir julle, en ek bid vir hierdie land en mense, sodat ons almal na God kan op kyk en vra dat Hy hierdie mense wat sulke beplande moorde pleeg gou sal vastrek. Wens ons regering wil wakker skrik en besef wat in hierdie eens pragtige land aangaan. Baie sterkte aan die gesin.

Zuri ·

My hart bloei vir my geboorte land. My land verdien nie die barbaarse moordenaars nie. Sterkte aan jou en jou dogtertjies.

Schalk ·

Ai jammer vir die mense gaan nie verander aan die smart nie maar nogtans jammer uit my hart.
Dit is jammer dat hulle die misdadigers so korrek behandel en regte gee. die doodstraf is te genadiglik vir hulle want dit gaan nie heel maak wat gebreek is nie.
Daar gaan ‘n tyd kom wat mense reg gaan in eie hande neem en ek hoop dit gaan nie te lank neem nie want onskuldige mense word deur vet politieke lamsakke vir die wolwe gewerp.

Vissie ·

Schalk se kommentaarhierbo oor die gevaar dat mense die reg in eie hande gaan begin neem, is baie waar en te wagte. Ons begin voel ons het geen ander keuse nie, en wat gaan dan volg? Absolute anargie. Maar dit gaan nie ons skuld wees nie, dit gaan die skuld wees van mense wat sing van masjiengewere en wat uitlatings maak oor grond wat afgevat is en teruggeneem moet word, oor witmense wat verdryf moet word,. Naakte rassisme word gepredik, maar ons sogenaamde leier wil hoog vlieg en sy sakke vol stop, maar niks doen nie en geen leiding gee nie. Of liewer, dis nie dat hy nie wil leiding gee nie, ek vrees hy kán nie.

So onnodig en so sad ·

Dit is eenvoudig net so onnodig en so sad. Sterkte aan die familie, sterkte aan jou Carol-Anne en jul 2 dogtertjies, ek bid vir al die antwoorde wat jy nog deur hul lewetjies vir hul moet antwoord. Hoop werklik al 4 die gemors word gekry, dit klink of die skieter uit was op borg in ‘n ander moordsaak. Namibia staan saam, eis jul doodstraf terug, soos Botswana.

Tollies ·

Hallo Carol en Heidi-Ann en Riana Micheale, ek kan jou nie vertroos maar weet
ons Namibiers sal daar wees in hierdie tyd vir jou ,ek kan net vir jou sterkte toewens
wanneer dit vir jou gaan voel nou is ek alleen dit is altyd die steil pad God vertroos ook die
gebrokenes van hart. GROETE

humor ·

Reeds nou die dag word dit in n geselskap genoem ons sien dikwels karre van uit SA wat behoorlik vol is en dan is dit net mans.

Han ·

Magtig Christo! Jy hamer aanmekaar op FW se teenwigte! Om verwyte te slinger gaan NIKS aan die gemors verander waarin die land tans verkeer nie. As jy nie beter kommentaar ksn lewer nie, bly dan liewer stil.

Lilian ·

Wat ‘n dapper held. My hart is saam met julle stukkend, my diepe meegevoel met julle groot verlies.

KarooKlong ·

Dit gebeur gereeld in Namibië. Dalk nie so erg soos in SA nie.
Dit verskyn net nie in Maroela nie.

Riana ·

Julle dit is darem wreed en mens se hande is afgekap. Die storie het my hart en trane nou so laat loop so mooi kinders en vrou. Nou moet hulle sonder n pappa groot word en dogters is ma pa kinders.
Julle moet baie sterk wees en wens die moord en aanval wil end kry.

Floris Coetzee ·

Ja so word ons mense vermoor.Ek se ,bring die doodstraf terug. Sterkte aan die gesin .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.