Bekende NW-beesboer sterf ná kopskoot

Koos van der Leeuw word met 'n helikopter na Sandton vervoer. Foto: ER24

Koos van der Leeuw word met ‘n helikopter na Sandton vervoer. Foto: ER24

Koos van der Leeuw, ʼn beesboer van in sy 70’s van Potchefstroom in Noordwes, is Dinsdag dood toe hy tydens ʼn saketransaksie by die dorp se slagpale deur rowers geskiet is.

Maj. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Van der Leeuw en sy vrou was vroeg by die slagpale om ʼn transaksie met ʼn man van Krugersdorp te beklink.

“Vier mans in ʼn blou Subaru, sonder ʼn registrasienommer, het omstreeks 05:45 daar stilgehou en hulle oorval,” het Makau gesê. “Die man van Krugersdorp is van ʼn onbekende hoeveelheid kontant en sy selfoon beroof. Hulle het hom gedwing om op die grond te lê waarna vier skote afgegaan het,” het Makau gesê.

Van der Leeuw is glo in die kop geskiet voordat die verdagtes van die toneel gevlug het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het gereageer op die voorval wat in Jeppestraat plaasgevind het. “Die pasiënt is in ʼn plas bloed buite sy voertuig aangetref. Hy is in sy kop geskiet en was in ʼn ernstige toestand,” het Meiring gesê. “Hy is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na die Mediclinic Potchefstroom geneem waarna hy met ʼn helikopter na Mediclinic Sandton in Johannesburg geneem is vir gevorderde behandeling.”

Van der Leeuw het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Volgens Meiring is Van der Leeuw se vrou nie tydens die voorval beseer nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en roof. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Landie ·

Hoekom is daar voertuie op ons paaie sonder nommerplate?? Tot motorfietse het deesdae die neiging om nie nommerplate op te hê nie. En hoekom is ons nie meer veilig in ons eie land nie? Kan die swaap-regering asb vir ons antwoorde gee!!!!! Soveel onskuldige mense wat hulle lewens verloor omdat BARBARE in ons samelewing rondloop asof hulle alleenreg het!!!

Anoniem ·

Sou Hitler se regering vir die Jode antwoorde gee….? Zuma is soos Heinrich Himler en Mugabe is soos Adolf Hitler.

pop ·

Nommerplate is afgehaal vir die rooftog. Iemand het vir hulle gese daar gaan geld van hande wissel. Soek die informant!!! Gemors

Riaan ·

blou subaru forrester reg dn97hfgp gewapende roof this was in pretoria gister.

Lynette Louw ·

Karel en Karien ons diepste meegevoel met jul verlies. Mag die Hemelse Vader jul deur hierdie donker tyd styf vashou en sterk maak. Baie sterkte vir jul familie.

Winston ·

Beplande roof gewees. Binne inligting gehad. Sterkte aan die naasbestaandes. Nog n sinnelose moord. Hoekom is hy doodgeskiet as hulle sy geld wou hê? Waarom ry n voertuig sonder nommerplate rond? Die regering is aan die slaap of hou hulle oë doelbewus toe. Bring n polisiemag terug en nie n werkskeppings organisasie nie. Asseblief!!!

Jasper ·

n Persoon wat iemand vermoor is n MOORDENAAR en nie n rower nie.Ek wil waag om te sê dat moorde op blankes deur n 3de Mag geborg word en dit wat tydens die sg. “rooftog” gebuit word, n bonus is.

Riana Steyn ·

Ja, SAPD erken prontuit dat roof verspreiding van rykdom is en dat hulle nie eens moeite doen om dit op te volg nie, want julle “ander” mense het mos versekering!

Riana Steyn ·

Ja, SAPD erken prontuit dat roof verspreiding van rykdom is en dat hulle nie eens moeite doen om dit op te volg nie, want julle “ander” mense het mos versekering!

Alien ·

Jasper, daar is duisende wat saam met jou stem , ek is een van hulle.

Piet Pompies ·

Sake transaksie wat met kontant plaasvind……ongemerkte voertuig het op die toneel aangekom……..hy is bevel om op die grond te gaan lê en 4 skote het afgegaan…..lang slang in die gras

Gwen Strydom ·

Tannie Meraai, Mornet en die hele gesin. Ek is so jammer om van julle groot verlies te hoor. Mag God Sy Hande oor julle hou. Here help hierdie wonderlike familie in hierdie groot verlies. Ons weet ons mag ni twyfel oor U besluite nie maar tydens soveel pyn en verlies is daar altyd vrae en verwyte. Help hulle Here om staande te bly in U wil en besluite in Jesus se Naam. Amen

Louise van Niekerk ·

Ewan, tannie Marietjie is ‘n dierbare mens!!! Jy kan nie sulke uitlatings maak as jy nie die mense persoonlik ken nie!!

Michiel ·

Maar wie was die “man van Krugersdorp” – dalk moet die polisie by hom begin vrae vra? Hoekom het hy niks oorgekom – dalk wel een of ander “inside job” en was hy net ‘n tipe lokvink? Mens vra maar die vrae want hoe het skurke geweet op so snaakse plek op so snaakse tyd gaan daar kontant transaksies wees.E k hoop hul vind uit wat aangaan en ook wie verantwoordelik is. Sterkte aan die familie.

Jakoos ·

Ja iets is snaaks – die ou van Krugersdorp is van geld beroof maar mnr van der Leeuw word eenvoudig geskiet? Hulle moet baie beslis die persoon van Krugerdorp ondervra want hoe skiet die rowers dan die arme ander ou man wat nie eers die geld gehad het nie! Mens sou dink hulle skiet die een wat geld gehad het maar nee, die ander man word sommer geskiet. Simpatie aan die familie met hul verlies, ek hoop die polisie vind die waarheid uit.

wiets botes ·

Baie baie jammer tannie vir tannie si verlies en sterkte bid vir tannie en gesin , Ewan lyk my jy is biekkie trug op die brug my maat ma moet nie stres nie die agter os kom ook in die kraal , ons boere sal moet opstaan en ons land weer trug neem by die krimenele dit is soos volksmoord gese het die jag is oop en ons moet opstaan , ons sap is nie in staat om hulle werk te doen nie , die tyd is hier dat ons moet opstaan en se genoeg is genoeg

Ian van Tonder ·

Hulle het my oupa so 5 jaar terug vermoor in wes park pretoria . Het hulle gevang met wapen en als hulle het tot vandag toe nog nie eers in die hof verkyn nie . Die een is blykbaar onder huis arres en die ander een weet ons nie eers nie!!!!

F ·

Sterkte aan die gesin met jul verlies. Koos het altyd ons speenkalwers aangekoop toe ons nog geboer het. Hy was ‘n ware heer en het maklik ‘ n vriend geword. Ek hoop van harte die moordenaars word gevang en vervolg.

Zelna Macleod ·

Hoe onsensitief van die joernalis om te verwys na “kopskoot”. Asof van ‘n dier gepraat word wat geskiet is. My ma is self ‘n paar jaar gelede doodgeskiet en ek sidder om te dink hoe seer dit vir die familie moet wees om hierdie artikel se opskrif te lees. Sensitiwiteit is seker nie vir baie joernalists sterk punte nie.

Jaco Fourie ·

n Groot gees is vandag uit Potch se gemeenskap uit weg gevat…so onnodig en so onregverdig!
Ons dink aan tannie Marietjie, haar kinders en kleinkinders. Mag God vir julle kalmte gee en julle vertroos met Sy teenwoordigheid en Vaderlike liefde.

Helen Raper ·

Dit is so jammer, koos was n goeie mens. Maar dit is snaaks, hoe weet die skelms daar is geld betrokke. En wie is die ander mense?.

roelf ·

Marieta sterkte vir jou en familie ons gebede is met julle roelf en reinette

Peet ·

My innige simpatie met die familie, dis tragies dat ‘n iemand op so ‘n wyse moet sterf en dit deur die optrede van barbare wat geen respek betoon vir ander’n persoon se lewe nie.
Veiligheidswenke kan in minderheidsmate help om misdaad te bekamp maar omrede die verderf tot so ‘n hoë vlak toegeneem het sal die regering nie meer die situasie kan beredder nie. Miskien het iemand ‘n oplossing?

Ou Anna ·

Dankie Vader dat die saak aan een van die beste, indien nie die beste, speurders in die NW Provinsie toevertrou is. Haar vorige suksesse met soortgelyke misdade spreek vanself. Kom ons gee haar en haar span kans om hulle ding te doen. Hou hulle, saam met die familie van Mnr van der Leeuw, in julle gebede.

izak ·

Ons sal moet leer om alle sake elektronies te doen. Dis al genade. Hierdie land het n moordenaars spelonk geword. My gebede sy met die familie.

D ·

Ek lees elke dag die nuus en lees al hoe meer en meer van wit mense wat dood gemaak word vir geen rede!!!!!!!!!!! Volgens my moet iemand agter hierdie ding sit wat daarop gemik is om die wit mense in die land uit te roei en te maak of dit ‘n kriminele daad was want dit neem toe met honderde gevalle elke dag. Soek die brein agter die “PROJEK”

Ou Anna ·

Dankbaar om te se dat daar reeds 4 kriminele aangekeer is in verband met hierdie misdaad. Welgedaan Adjudant-Offissier Bonita Dry – die gemeenskap is uiters trots op jou! Jy is ‘n aanwins vir die polisie – wens daar was meer soos jy!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.