Bekende omroeper se broer al jare vermis

Willem en Margot. Foto: Verskaf

Willem en Margot. Foto: Verskaf

Die radio-omroeper en aktrise Margot Luyt, se broer word sedert 2012 vermis en sy vra dat mense wat weet waar hy is, haar kontak.

Volgens Margot het ʼn familielid haar broer, Willem Daniel Fourie (54), laas in 2012 by Jakaranda-winkelsentrum in Pretoria gesien.

“Hy is ʼn baie begaafde musikant en goeie sanger. Hy is baie lief vir die blues en het oral opgetree. Hy speel kitaar, saksofoon en trompet.”

Willem is in 1961 gebore en het aan die Hoërskool Paul Roos gematrikuleer. Margot sê haar broer se musiekvriende het hom ook in 2012 laas gesien en sy beskryf hom as ʼn soort reisiger.

“Hy is nie ʼn vreeslike sosiale mens nie en doen graag sy eie ding. Ons het hom nie gereeld gesien nie omdat ons gesin verspreid oor die land woon. Sy grootste sonde is dat hy te sensitief is. Hy het ʼn sensitiewe siel en dit loop saam met sy ongelooflike talent.”

Margot sê hoewel hulle nie gereeld met Willem gepraat het nie, het hy elke paar maande van hom laat hoor. Toe die gesin na etlike maande niks van hom hoor nie, het hulle begin bekommerd raak en dadelik begin soek.

Die gesin het elke moontlike nommer gebel wat hulle van hom het, asook die laaste adres in Pretoria besoek wat hulle vir hom gehad het.

“My suster, wat ook in Pretoria woon, het hom in 2013 as vermis by die polisie gaan aanmeld, maar ons het nog niks gehoor nie. Ek dink ek sal enige nuus kan hanteer, solank hy nie swaarkry nie.”

  • Naam en Van: Willem Daniel Fourie
  • Geboortedatum: 18 September 1961
  • Hare: Bles
  • Oogkleur: Groen
  • Lengte: ongeveer 1,70 m
  • Tatoeëermerke: Boonste deel van arm

Stuur ʼn e-pos aan [email protected] indien jy Willem gesien het of enige inligting oor hom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

thea ·

sjoe die familie leef by mekaar verby, baie hartseer. dit klink hy moes altyd die bel werk doen

Kunstenaar siel ·

Sal nogal my 1ste reaksie ook gewees het, maar ek ken ‘n kunstenaarsiel, hul doen hul eie ding en verkies om te kontak wanneer hulle so voel. Sterkte ek hoop regtig hy maak net iewers musiek, gee hom maar dan ‘n pakslae – hy kan maar 55 wees, maar geen familie verdien soveel onsekerheid.

Amanda ·

So jammer om te hoor! Dit is baie hartseer. Familie kan ook probeer by die facebook groep “Waar in die Wêreld”. Hulle doen BAIE moeite om mense op te spoor.

m ·

Dis baie sleg as familie so verby mekaar leef en nou dat dat weg is nou wil almal wonder wat aangaan. Hy het dalk baie eensaam gevoel ook….. Hartseer…

Marietjie ·

Gee my die idee hy was die swart skaap. Voel jammer vir hom en ja moes hy altyd die bel werk doen. Is n skande dat familie so ver van mekaar verby leef. Dankie vir my familie wat so saam staan deur dik en dun. Hoop jul vind hom of hoor gou van hom en hou ons op hoogte asb.

Rln ·

Ek ken daai gevoel, as ek nie my familie kontak nie sal ek ook niks van hulle hoor nie. Dit is waar jy voel baie uitgesluit, maar ek het vriende en my kerk wat ek weet baie omgee en my gereeld kontak. Miskien het die man ook vriende? Ek hoop so.

V ·

Kyk asb in julle epos. Ek het inligting gestuur. Hoop dit help.

muggie ·

hy is al vier jaar weg. daar inn mamma in Namibia wie se kleuterdogterjies al 39 jaar weg is. ek sien hulle het nou n fb blad missing angela en Sharona Poulton. arms vrou. die kinders het haar vergeet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.