Bekende oud-radioman gaan politiek betree

Jeremy Mansfield. Foto: Facebook

Jeremy Mansfield. Foto: Facebook

Die voormalige radio-omroeper en televisie-persoonlikheid, Jeremy Mansfield, gaan die politiek betree.

Mansfield, wat bekendheid verwerf het as aanbieder van The Rude Awakening-ontbytprogram op 947 (voorheen 94,7 Highveld Stereo), het die aankondiging op Facebook gemaak.

“My skoolvriend Ross Purdon (LP) het my na jare se pes uiteindelik oortuig om vir die DA te staan in die 2019-verkiesing. Die werk begin nou!” het Mansfield geskryf.

Mansfield het kort hierna nog ʼn Facebook-inskrywing gemaak, nadat talle mense negatief op sy aankondiging reageer het. “Hoekom dink bekendes hulle sal goeie politici wees? Ja die meeste van ons politici is nie goed nie maar dink jy jou status as bekende gaan jou help om die mas op te kom?” wou een gebruiker weet.

Mansfield het egter teruggekap. “Stomgeslaan oor sommige van die aantygings en vitrioel na my laaste inskrywing dat ek ingestem het om vir die DA te staan in die volgende verkiesing. Ek is daarvan beskuldig dat ek vroue misbruik, die politiek vir finansiële gewin betree en dat ek nie ʼn aangename persoon is vir ʼn verskeidenheid van redes nie.”

Volgens Mansfield is hy egter reeds besig om ʼn dik vel te kry. “Dit alles nog voordat ek die politiek betree het. Wanneer ek eers daar is sal ek nog meer uitgesproke wees,” het Mansfield laat hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

A ·

Sterkte – hoop jy kan ‘n verskil maak en dat jou gesondheid dit sal hou.

Spaar my dit. ·

As ek daaraan dink wat hy te sê gehad het oor die grens oorlog in sy boek, sal hy seker by die DA inpas.
Beslis nie my koppie koffie nie!

Speedguard ·

Se ek ook , gaan hy met sy “onezy” langs die EFF sit en skree, sal my glad nie verbaas nie !

Kaspaas ·

Hy sal goed by DA pas soort soek soort en ek kan niks goeds oor beide se nie.

PMB ·

Sterkte Jeremy. Op die stadium is enige iets beter as wat ons nou het! Die DA is doelbewus onbewus van die aanslag op wit mense en daarom doen en se hulle niks nie! Jeremy onthou tog net om die mense te bedien en niks anders nie.

Slimjan ·

Waaaaaar is Nicky van den Berg? Die politiek het n manier om n mens stil te maak…

Speedguard ·

Hy is afgesny soos hy die mense afgesny het op “se Wie”!!

Jan ·

Nicky het ‘n gemeenskaps radio stasie op Darling in Wes Kaap begin. Joe, en hulle speel mooi musiek!

Lance ·

Ja ASB enige hulp van iemand met n brein kan regtig net help …sterkte en ja waar is Nicky dan….waar is jy ?

Sydney ·

Meeste mense het gedink dat die huidige DA leier te jonk was om sy man te staan in die geharde politiek van vandag, en dit teen die geharde ANC met hulle geskiedenes van…… – Voordat daar klippe gegooi word omdat Jeremy die politiek gaan betree, gee hom ‘n kans, hy is “fighter” kyk net hoe het hy sy kanker oorwin van ‘n paar jaar gelede en hy staan nog en lyk gesond. Jeremy jy het in menigte mense harte in gekruip met jou program op 94.7 ” The Rude Awakening Program” waar jy menigte gehelp het.

Phillie ·

Ongelooflik persepsie!!! HY het die kanker oorwin wat ‘n Goddelike vermoë

snoefie ·

wel …. hy beskkik oor al die regte vereistes om n goeie politikus te kan wees. dan het hy nog geleerdheid ook.

Brian ·

Al die negatiewe kritici, sal hul ooit tevrede wees, kan hul enigiets beter doen of kan hul net sit en kritiseer, al voordat enigiets gedoen is? Wat het hul al positief bygedra tot die welstand van hierdie land?

ig ·

Brian wat is positief daaraan om by n party aan te sluit wat n minderheidsgroep stelselmatig uit te werk op alle vlakke,ekonomies probeer vernietig en nie n woord rep as daar moorde op blankes is nie? Die DA is gou om op die ras wa te klim oor rassisme deur blankes maar dit krioel en drip van rassisme op Facebook ens deur swartes maar die DA sal nie n woord daaroor rep nie.My positiewe bydrae is om volkseie mense te help en so ver as moontlik en te probeer om verdraagsaam te wees teenoor almal .Daar is 80 monde wat uit my sak gevoed word vir jare al maar nog steeds word daar gereeld klippe in my pad gerol .Die DA misbruik net mense om hulle doel te bereik en sal sekerlik jou uitspoeg as hulle doel bereik is.

Elize ·

Brain ek stem 100% met jou saam.niemand kan iets goeds van n ander se in SA nie. Gee die man n kans.hy het nog nie eens begin werk nie.en hy word gekritiseer.ag nee wat.

Johann ·

Nog net een ou wat gaan probeer om op sy “celeb”-status gaan probeer iets bereik.
Los dit liewers vir die ouens wat dit ken

vytjie ·

Juis omdat dit vir die DA is, DRUK deur Mansfield. Ons land ht baie van U soort nodig. As ek bid vir ander se voorspoed dan vul die HERE my ook aan

Lithop ·

Die oomblik as die DA aankondig dat hulle Mansfield as ‘n kanidaat vir die parlement oorweeg verloor hulle my stem eens en vir altyd. Ek moes klaar wik en weeg gedurende die laaste verkiesing maar diè sal die laaste strooi wees. As Mansfield die DA ondersteun sal sy beste bydrae wees om tjoepstil sy gang te gaan en met verkiesings sy stem uit te bring. Sela.

Koos1 ·

Kom ons kyk maar wat gebeur.
In praktyk is politiek en radio omroeper maar net dieselfde in my oë.
In albei praat jy baie, sê goed wat jou luisterraars wil hoor en gebruik ander mense (skenkers) se geld om doelwitte te probeer te bereik.
Jeremy, jy moet nou onthou dat die skoen aan die ander voet is. Jy moet nou kritiek verduur en kan nie meer uitdeel soos oor die radio nie!

Manie ·

Kon hy nie n beter party kies as die DA. Dit is die wolf in skaapsklere party

E ·

Mooi Jeremy! Hoe sê hulle nouweer? As daar nie van jou geskinder word nie dan doen jy niks, of skinder die wat niks het om te doen nie? :)

LuLu ·

Wat bedoel hy, hy GAAN ‘n dik vel kry?? Hy het nog altyd een!!!

vermeende ·

Jeremy betree nie die politiek maar eerder die SA komedie-sepie.
Wie is die grootste joke, Jeremy, DA of Zuma?

Rynhardt ·

Mansfield jy gaan nooit groot opgang in die DA maak as n witte nie!! Vra maar vir ou Niekie van den Berg, hy het op die harde manier geleer! Mansfield, transfornasie kom eerste by die DA! Dit is duidelik dat jy beslis nie SA politiek meesterlik verstaan nie.Fokus liewer op jou komedie.

Sid ·

Hi oe ou blommie “vermeende” waar val jy uit? Baie van ons lag al lank reeds vir die oompie wat wat sy bril met sy middel vinger op druk.

miv ·

Jeremy, dit is maar altyd vreemd in n nuwe werkomgewing, meer nog met al die vrot kommentaar op hierdie platvorm wat seer sekerlik onder jou aandag gebring sal word. Gelukkig is nie almal so negatief teenoor jou en jou loopbaan verandering nie. Ek bid jou voorspoed en God se seën toe in jou nuwe beroep.

PJ ·

Jeremy is ‘n legend. Gaan groot J en moet jou nie aan die klomp suurknolle se komentaar steur nie.

Elsie ·

Gewoonlik is die meeste mense wat so kla en kerm ook die wat glad nie eers die moeite op stemdag doen om ń kruisie te gaan trek nie! Wit Afrikaners saamstaan? Nooit! Hulle sit eerder agteroor en kla en kerm aswat hulle iets daadwerliks doen om ń verskil te maak. Kan enige kermkous dalk iets beter doen? Wonder maar net.

theuns ·

Nicky uitgeskop uit politiek omdat hy heeltyd gesê het……..Sê wie? :-) :-) :-) :-)

Magriet le Roux ·

Niekie die tweede dalk? Nieteenstaande, good luck

Lynette Hugo. ·

Dit was my eerste gedagte, nog n radio omroeper, e e

Madie ·

Halooooo!! Meeste mense vergeet van Donald Trump, kyk hoe bekend was hy voordat hy vir president gestaan het. En Ronald Reagan en Arnold was akteurs. Sterkte Jeremy, as jy ‘n verskil kan maak in RSA dan sal ek jou ondersteun.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.