Derik is die seun van Geo en Daline Olivier van die plaas Brakdam buite Parys. Lelet Schoeman, Derik se tannie, het aan Maroela Media gesê die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie.
“Derik het met ʼn pypkar gery. Die voertuig het vermoedelik gerol en bo-op hom beland.” Die voorval het op ʼn plaaspad in die omgewing tussen Parys en Koppies plaasgevind. Derik se ma en suster Menique (14) het op hom afgekom. Hy was reeds dood.
Schoeman het gesê ander berigte wat beweer Derik het met sy pa se bakkie gery en dat die ongeluk op die N1 plaasgevind het, is onwaar. Kapt. Levhani Hani, ʼn polisiewoordvoerder, het bevestig die ongeluk het op ʼn grondpad plaasgevind. “ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek,” het sy gesê.
Volgens Schoeman het sy ouers en sussie hom begin soek toe hy nie ʼn sekere tyd tuis was nie. “Sy ouers is so erg geskok, hulle kan omtrent nie praat nie. Derik was ʼn kranige sportman. Hy het geroei en krieket en rugby gespeel.”
Derik was ʼn gr. 11-leerder aan die Hoërskool Parys. “Hy was so ʼn ordentlike kind, baie stil en saggeaard. Hy het altyd gehelp en was sy ouers se regterhand op die plaas.” Derik sou in Oktober sy 17de verjaardag gevier het.
Derik se pa, Geo, was een van die boere wat onlangs gehelp het om ʼn groep kinders en onderwysers te red toe hulle bus in vloedwater buite Parys vasgekeer was.
ʼn Roudiens vir Derik word Maandag vanuit die NG kerk Parys-Oos gehou.
Alle simpatie met die familie. Baie sterkte vir julle in hierdie moeilike tyd.
Ag so tragies. Medelye met die gesin. Ons bid dat God jul sal vertroos en versterk.
Ons innige medelye.
Wat is n pypkar?
Dits is dikwels n self geboude go cart van pyp. Mens kan ook dit koop. Google maar net en julle sal dit sien.
Juf… die selfde vraag het in ny kop gekom. Wat is n pypkar???Baie sterkte aan die ouers en sussie wat saam met haar ma op hom afgekom het. Wat n skok moes dit nie vir die arme kind gewees het nie!!!!
Dis omtrent dieslefde as n “go cart”
jammer n pyp kar is soos n “go-kart”, net heelwat groter.
My innige meegevoel met julle onvervangbare verlies.
Sterkte aan die gesin !!
Waarvoor die ondersoek na strafbare manslag? Wie gaan aangekla word?
Verder wil ek net se ons dink aan julle. Dit is ‘n vreeslike ding wat gebeur het.
Dit is prosedure na enige ongeluk.
ja nee standaard. na my broer se dood in motorongeluk , was Moeder ook aangekla. tragies. maar waar. sy was darem vrygespreek.
Sterkte aan die gesin, familie en vriende
So jammer, pragtige kind, sterkte, vat die dag en lewe voetjie vir voetjie en om bo te bly, fokus maar net op die voorreg dat jul hom vir 16 jaar gehad het, die Mamma wat swanger is en weet haar babatjie gaan sterf het my net weer al my voorregte en dankbaarheid laat besef. Wees daar vir jul dogter dit sal alles draagliker maak.
Pragtige kind. Sterkte aan ouers en familie.
Innige simpatie met naasbestaandes. Ons kleinseun se sterfte nog so vars in die geheue en dit bly rou. Niemand wil so iets ooit beleef nie. Hou die Hand van Bo.