Bekende pastoor, dogter in botsing: ‘God is goed, getrou’

Past. At Boshoff en sy dogter, Chanelle (Foto: Instagram)

Past. At Boshoff (53), die bekende Bloemfonteinse leraar en hoof van die Christian Revival Church (CRC), en sy dogter het Maandagmiddag ʼn noue ontkoming gehad toe hulle betrokke was in ʼn botsing met ʼn stootskraper.

Chanelle, Boshoff se dogter, het dié nuus op sosiale media gedeel.

Volgens haar inskrywing het hul voertuig reg van voor met die stootskraper gebots nadat die stootskraper “sonder waarskuwing” op die hoofweg ʼn u-draai gemaak het.

“Ek loof en dank God dat Hy my, my pa en ons twee honde gister beskerm het,” het sy op Instagram geskryf. “Nie ek, my pa of ons honde is in die botsing beseer nie. God is só goed en getrou. Hy is ʼn God wat wonderwerke laat gebeur.”

“Alle glorie aan God,” het Boshoff op Twitter geskryf. “Geen beserings nie.”

Chanelle het foto’s van Boshoff se motorwrak op sosiale media gedeel. Dié foto’s wys dat bykans die hele neus van die voertuig in die botsing verfrommel is.

Boshoff se vrou, Nyretta, was nie in die motor ten tyde van die botsing nie. Nyretta is ook ʼn senior pastoor in die CRC. Sy en Boshoff het op 5 Desember hul 30ste huweliksherdenking gevier.

‘n Foto van die botsing waarin At Boshoff en sy dogter, Chanelle, was (Foto: Instagram)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

L. Muller ·

Ja wonderbaarlik is ons Heer. So bly vir die Boshoff gesin.

Cor ·

Volgens die foto is dit nie n stootskraper nie maar wel n TLB tipe sloot grawer laaigraaf.

Speedguard ·

Ai maar julle is omtrent eng met die stootskraper /laaigraaf ding. Julle moet onderwysers word of so iets !! Julle werk seker in gehalte beheer!

Genieve ·

Prys die Here so dankbaar dit kon anders gewees het julle het n groot getuie.

Ada ·

Maak nie saak of dit n stootskraper of wat ook al is nie.Dit is nie waaroor dit gaan nie.Dit gaan oor baie meer
Ek is baie dankbaar dat julle gespaar was met honde en al.

Fook ·

Ek hoop hulle kry kans om te besef dat die motor wat hulle in gery het ook groot rede is vir hulle veiligheid.

Rupert Ashford ·

Alles net genade. Bly vir die Pastoor-hulle. Dit kon so maklik anders gewees het.

mini ·

so bly vir hulle, ek ken hulle al van 1992 af… toe hy sy bediening in ladybrand begin het…Die Vader waak altyd oor sy kinders

Gevorderde Bestuurskursus ·

Neem ‘n paar rand en gaan doen ‘n gevorderde bestuurskursus – daar leer mens defensiewe bestuurstegnieke.

Is die trekkerbestuurder ongedeerd? Ek wonder wat is sy weergawe van die gebeure.

Gesiggie ·

Yes… God is Good all the Time… daar is geen einde aan God se Genade en Liefde vir Sy kinders.. so Dankbaar vir Pa, Dogter en Honde… Amen..

Moedswillig ·

Hoekom ‘n u-draai maak? Om ongelukke te veroorsaak, want gewoonlik kom die skuldiges nie iets oor nie. Vandat die minister in so ‘n ongeluk dood is, het die tipe ongelukke verminder. Hy behoort aangekla te word vir poging tot moord. Dankie Heer hul is veilig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.