Bekende Pretoria-veearts vermoor

Dr. Freddie Malan. Foto: Facebook

ʼn Bekende veearts van Pretoria is Donderdag vroegaand in sy praktyk in die Moot doodgeskiet.

Dr. Freddie Malan, eienaar van die Jakaranda-dierehospitaal, is in die bors geskiet en op die toneel dood verklaar.

Kapt. Kay Makhubela, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê daar was glo drie verdagtes op die perseel. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Twee van die verdagtes het glo toegang tot die perseel gekry terwyl ʼn derde verdagte, glo ʼn vrou, in ʼn wegkommotor gewag het. Na bewering het die vrou die klokkie gelui en so vir die ander twee verdagtes toegang tot die praktyk gegee.

Die polisie het bevestig dat van die dierehospitaal se personeel ook op die perseel was toe die moord plaasgevind het.

Volgens beskikbare inligting is selfone gesteel voor die verdagtes van die toneel gevlug het. Die verdagtes het glo in ʼn silwer Nissan Tiida gery.

Die Jakaranda-dierehospitaal is in Fratesweg oorkant die Jakaranda-winkelsentrum.

Boodskappe van medelye stroom intussen in op sosiale media met mense wat Malan beskryf as iemand wat nie net diere se lewens aangeraak het nie maar ook dié van mense met wie hy in aanraking gekom het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Leser ·

Liewe hemel…dit is so onnodig. My innige simpatie met die familie en al die naasbestaandes, asook die ander personeel van die dierekliniek. Dit is ‘n reuseverlies….

Anita Niemand ·

Dr Malan ek gaan jou so baie mis. Rus in vrede. Ek het nie woorde nie. Jy was n wonderlike mens en n uitstekende veearts. Azara en Blackie was deel van jou vier been kinders.

Van pta ·

Dis so vreeslik hartseer. Dr Malan het my hond se lewe gered nadat sy gif in gekry het. Nie 2 keer gedink om ons 4 uur in die oggend te help nie. Jy was voorwaar n wonderlik mens wat n hart van goud gehad het. My hart is baie seer vandag ………….

Frikkie ·

Baie harseeer toe ek die nuus vanoggend hoor. Ons vat ons diere kinders al vir meer as 20 jaar na hom toe. Hy was ‘n goeie mens. Die gemeenskap sal hom inderdaad baie mis – En al die diertjies wat hy gehelp het en nog kon help.

ctd ·

Hy was so n aangename mens om mee te gesels . Het soveel kennis gehaat en n baie groot liefde vir diere . Die wereld is nou baie armer sonder hom. Baie sterkte vir die familie.

Jan ·

Doodstraf sal geen verskil maak nie. Die enigste persone wat doodstraf sal kry is blanke mense as hul die gevreeste WOORD gebruik.

Etienne ·

Wie gaan die doodstraf kry? niemand word dan ooit eers gevang nie!!!!!!!

Sam ·

Dan se jy mos nou die Coligny 2 mans moet ook doodstraf kry. Al is hulle onskuldig…

Emma ·

Tragies, n mens se lewe eenvoudig niks werd nie. Mag die moordenaars gou gevang word gee hulle vir die boendoehof.

linda ·

ai Here……….. asb gaan met sy framilie.
ek’s so so jammer jy moes so gaan, mag Jesus jou baie baie styf vashou teen sy bors
hoop hulle almal word gevang en …….. (eerder niks se)

Lizelda ·

Ai, ai, ai. En vir wat, selfone? Sjoe, ek is so geskok. My innige simpatie aan die familie, vriende en kollegas…en Dr Malan se pasiente. Ek glo n mens kan alleenlik n Veearts wees as jy werklik n passie vir diere het. Ai, man.

Die Hemel Help Ons ·

Dr Malan was ‘n briljante en besonderse veearts. Hy was altyd professioneel dog mildelik menslik en het so goed mens se intense emosies verstaan wanneer ons dierekinders mediese hulp nodig gehad het.

Hierdie is ‘n verfoeilike daad. Hierdie is onvergeeflik. Hierdie daad maak my erg woedend en bitter. Dr Malan jy was ‘n goeie man, jy verdien nie dit wat met jou gebeur het nie. Dr Malan mag jy in vrede rus tussen al jou dierekinders wat jy oor die jare met soveel liefde gehelp het. Aan jou naasbestaandes my innige simpatie en baie sterkte. Ook aan al jou pasiente en hul mense ouers wat vandag oor jou ontydige afsterwe huil.

Hierdie is ‘n verskriklike land. Ek is ‘n positiewe mens maar vandag is ek verbitterd. Baie baie erg verbitterd. Ek kan myself nie help nie maar die woede bly soos ‘n golf oor my spoel. Rus in Vrede Dr Malan. Die Hemel Help Ons.

Diereliefhebber ·

Ek voel presies dieselfde. Iets in my het gebreek toe ek hierdie hartverskeurende nuus hoor.

Izak ·

Nee, eers as ons begin leer om saam te staan soos ons voorvaders. Getalle maak nie saak nie……… .

christa ·

Ons sal jou so mis. My diere-kinders kon nie ‘n beter dr gevra het nie. Hy was ‘n uitstekende veearts. So word SA uit gewis te midde in ‘n handegevou regering.

Rus in Vrede Dr Malan ·

@Van PTa – hy het ons klein Corgi ook gered nadat sy deur ‘n by gesteek is en sy is allergies een Saterdagmiddag nie lank gelede nie. Hy was ‘n briljante veearts. Hy was ‘n mens groter as die lewe self. Hy het alles gedoen vir ons honde kinders. Ek is kwaad, ek is verbitterd. Hy het te ontydig vroeg gegaan. En op so ‘n manier. Ek kan nie my woede keer nie.

Ek het nie genoeg woorde om aan sy naasbestaandes troos te verskaf nie. Maar baie sterkte aan julle. Diegene wat Dr Malan geken het sal verstaan. Rus in Vrede Dr Malan. Jy was ‘n goeie mens.

DS ·

Doodstraf dink mooi waarvoor julle wens. Die doodstraf kan net werk as jy ‘n regverdige regstelsel het en glo my dit het die land van ons nie. Die wraak kom ons nie toe nie.

toy ·

Ons sal moet aanhou bid vir hierdie land. Ek het nie meer woorde nie.

ano ·

Dit is so tragies. Mag al die lieflike 4 voet kids wat hy ooit behandel het, hom inwag by “The rainbow bridge” Ek is seker al daai kiddies gaan hom ‘n “welkom” gee wat ons net van kan droom. RIV Dr Malan. Jou diens hier op aarde is vervul.

Ons hondekinders huil ook ·

Ek glo nie aan die doodstraf nie. Maar vandag glo ek daaraan want ek is woedend oor hierdie bose daad. Innige simpatie en sterkte aan sy familie, vriende, naasbestaandes, dierekinders en hulle mense ouers. Dr Malan was ‘n goeie man. Hy was lief vir al ons diere. Ek is so ontsteld.

Ano hy gaan beslis ‘n baie groot ontvangs kry by die “Rainbow Bridge”.

BlinkStephaans ·

En vir die soveelste keer word iemand wat ñ verskil gemaak het weggeneem deur iemand wat in sy hele lewe nooit binne homself enige geluk sal vind of n dag se waarde tot die mensdom toevoeg.

Christo Kruger ·

Hy het altyd baie mooi na my diere omgesien. Hy sal verseker baie gemis word en ek wil graag medelye aan sy vrou en kinders betoon. Dit is ‘n groot skok vir ons as gemeenskap om die verskriklike tyding te kry. Ons dra sy familie op in ons gebede.

Wilma Josey ·

BEVEILIG JULLE SELF MET ‘N WAPEN! SELFS IN JOU WERK-OMGEWING. RAMAPARRA VERKONDIG DAAR IS NIE IETS SOOS MOORD OP ONS BLANKE VOLK NIE…. WANNEER IS GENOEG DAN GENOEG? EK SÊ OOK…. BRING TERUG DIE DOODSTRAF… VIR ALMAL WAT ONWELVOEGLIK HANDEL!

Ekke ·

Lyk my ons sogenaamde blanke volk begin homself nou uitroei, Wilma, die verdagtes is blank en minder blank. Dit het niks met volk te doen nie. Dit is bose mense wat nie aan die enigste God gehoorsaam is nie.

hourable member ·

Dis so hartseer om te dink dat n mens wat iets vir die samelewing gedoen en beteken het se lewe geneem word deur mense wat absoluut niks in die lewe beteken nie. N lewe het baie goedkoop geword in hierdie commen land.

Katerina ·

And so another wonderful person with high value to the world is removed from the planet by absolutes wastes of oxygen. I am seething with rage right now!!!

Johan ·

Eks met jou @Izak,hulle dink dis hul grootste wapen,getalle.As ek maar net kan se dis vedeeldheid,as dit wegval is dit nag vir enige IEMAND of NASIE wat die Afrikaner wil konfronteer…..dis al oor en oor bewys!!Baie sterkte aan die familie.

Sophia Lourens ·

Ek stel voor hulle laat poligraaf toetse doen op al die personeel.

Willie ·

En ek wet julle die patetiese diewe, moordenaars, beteken net mooi niks vir die samelewing! So hartseer… Sterkte aan die familie, vriende en kollegas..

derick ·

Soos dit nou aangaan wonder ek of daar oor 10jr nog wittes in SA gaan oorwees.

Lanie ·

Dis n groot verlies vir ons as honde patiente. Nooit sal daar weer so n goeie diere dokter wees nie. Rus in vrede Dokter

E.K stem saam ·

Blink Stefaans jy slaan die spyker ABSOLUUT op sy kop! Dis presies wat dit is. Die uitskot wat iemand wat werklik iets beteken van sy lewe ontneem en dit terwyl ‘n selfoon vrekgoedkoop te koop is by plekke soos Pep Stores ens

? ·

Wie se dit was roof? (selfone is gevat sodat daar nie gou hulp ontbied kan word nie en dit laat lyk na roof en in die event dat hulle gevang word, word hulle nie van moord aangekla nie )
Hierdie klink my meer na iemand wat hom uit die weg wou kry vir iets maw n “hit”.
Ek het gisteraand by daai toneel afgestaan.
RIV en meegevoel aan die familie.

Sakkie ·

Hierdie lyk vir my eerder na n beplande moord as n roof. Die saak moet moot ondersoek word

RIV Dr Malan ·

Sinneloos vermoor deur 3 mense wat nooit sal weet of omgee wat hy vir die dieregemeenskap en sy geliefdes beteken het nie. Dit is so jammer dat mense in hierdie land met moord wegkom.

Bossie ·

‘n Uitstekende veearts wat werklik lief was vir diere. Wat ‘n ontsettende tragedie. So onnodig! Rus sag, dr Malan.

Estelle Gerber ·

Dr Freddie, die hele Moot huil saam. Ons het n fantastiese mens, vriend en veearts verloor…sinneloos en wreed. Jy het diep spore in baie harte gelos, jy sal nooit vergeet word nie. Mag God se genade en troos gaan met jou geliefdes en dierbare werkers wat moet agterbly.

Ilze ·

Innige simpatie met die familie
Ek is vandag so ontsteld en geskok want ek wou gisteraand my honde soontoe neem maar toe het my planne verander. Was 2 weke gelede daar en kon nie wag om my honde terug te neem na die sagmoedige en bekwame veearts nie.
Kwaad, hartseer, verstom, is maar van die gevoelens wat ek vandag ervaar.
Grootste vraag is hoekom so onnodig moor.

Diereliefhebber ·

Ek het hom nie geken nie, maar my hart breek saam met die harte van almal wat hom wel geken het. Iemand met ‘n opregte liefde vir diere is meer as goud werd. Simpatie aan sy geliefdes.

Nita ·

Ons moenie verbaas wees nie. Die ANC het mos jare terug die opdrag gegee. Vermoor witmense en vat net iets soos die selfoon dat dit na roof lyk.

Thinus Erasmus ·

Baie hartseer, onnodig en totaal onaanvaarbaar.
Legens sommer twee moorde op een dag (wat die nuus haal) so vertel ons hoe vergelyk dit met Coligny?

Linda-Lea ·

Bly nie meer in die Moot nie, maar het Dr Malan geken as ‘n wonderlike mens met empatie vir sowel die diere wat hy moes dokter as hulle tweevoet-eienaars, veral wanneer die ergste onvermydelik was. Baie sterkte aan familie en vriende!

Baie hartseer ·

Hierdie man het baie mense en ons diere kinders direk geraaak op ‘n positiewe manier. Die talle mense wat vandag blomme by die kliniek se deur gaan lê getuig van die impak wat hy gehad het.

alida ·

Ek hoop CR is bewus van al hierdie bollie (daar is ‘n beter woord). Genade wat het hierdie onskuldige man gedoen om so te sterf aan die hand van ‘n spul leegleers en skelms. Simpatie aan sy naasbestaandes. Die Landdroste sal ook vasgevat moet word ten aansien van hulle vonnisse want ek sien een van Pretoria se manne se name word ook genoem by Zono .

Tokkolos ·

CR gee nie n hel om vir ons nie
Ek is woordeloos gelaat
God vou die famielies en vriende styf in U arms toe
Woorde ontbreek my
RIP

Elizabeth croukamp ·

Hierdie lyk na’n beplande moord as ‘n roof.Ek was daar by die toneel tot laat gisteraand.Pray for Dr.freddie ‘s justice.This case need to be deeply investigated.Let us not point fingers and refer to race of the employees because you will be shocked when the real truth comes out!Rest in peace Dr:Malan and thank you for everything that you did for our mother and brother’s funeral.May your soul rest in peace!!

What ·

What is the real truth that will shock us? Come tell us sommer now

Leeutjie ·

My neef se vanmore vir my dat onlangs 2 soortgelyke gevalle plaasgevind het in Greymont in Johannesburg en ook ‘n veearts in Benoni. Hy noem ook dat dit ‘n vrou en 2 mans is wat die veeartse beroof het. Miskien is dit net iets wat nagevolg moet word…ek vermoed dit is dieselfde mense!!

Pieter van Rensburg ·

Dit is baie slegte nuus. Hy was n baie goeie veearts en n besondere persoon wat n slag met diere en mense gehad het. Al my honde was deur hom reg gedokter. Hy laat n groot leemte. My innige simpatie aan die familie, vriende en kollegas. Een lewe vir 2 selfone

Jakaranda Dierekliniek n dokter armer ·

Freddie, my was my 7 Diere se wonderlike veearts wat baie moeite doen.

RIP Freddie

Vanessa ·

RIP Dr Malan.

He was an amazing Vet and person. He helped us for over 20 years.

Such a sad way to go. Our prayers are with his family.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.