Bekende prokureur gesoek ná skietery op plaas

[OPVOLG] ‘n Verdagte is Donderdagaand in verband met die voorval in hegtenis geneem. Lees die opvolgberig hier.

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Limpopo is op soek na ʼn direkteur van die Zebediela-sitrusplaas naby Polokwane nadat vier mense Donderdagoggend tydens ʼn skietery op die plaas gewond is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie versoek Tumi Mokwena, ʼn bekende prokureur en direkteur van die sitrusplaas, om hom by die Zebediela-polisiestasie of enige ander polisiestasie aan te meld.

Volgens Ngoepe het die skietery vanoggend omstreeks 09:30 plaasgevind toe daar ʼn vergadering met werkers op die plaas gehou is. Konflik het tydens die vergadering ontstaan en die skieter het ʼn vuurwapen uitgeruk en lukraak op die werkers, wat oproerig begin raak het, geskiet. Vier mense onderskeidelik 32, 38, 50 en 52 jaar oud is gewond.

Ngoepe het gesê die gewonde werkers is by die plaaslike kliniek behandel voordat hulle na ʼn hospitaal geneem is. Een van hulle is in ʼn ernstige toestand.

Die skieter het onmiddellik ná die skietery in sy voertuig gespring en gevlug. “Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie, maar die Mahwelereng-taakspan is op sy spoor,” het Ngoepe gesê. Hy het gesê enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die man kan lei, kan lt.kol. Moshapati Sekanka by 082 565 8505 bel.

Vier sake van poging tot moord word ondersoek.

Die Zebediela-sitrusplaas was eens op ʼn tyd ʼn reuse-sitrusprodusent, maar het finansiële probleme begin ervaar sedert dit in 2003 deur ʼn grondeisproses aan die plaaslike gemeenskap oorhandig is.

Julius Malema, leier van die EFF, is onder andere een van Mokwena se kliënte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Peet ·

Kom ons kyk hoeveel van MM lesers gaan weer moan en sê hy’s nie bekend genoeg om “bekende” prok. te wees nie.

Cherokee ·

Peet en Asjas, laat my toe om julle daarop te wys dat daar ook ‘n woord soos ‘berug’ bestaan.

Elsabe Otto ·

Interessant. Nog n spogplaas wat niks gebeur op nie Grondeise! Was eens een van die beste uitvoer lemoenplase Bome staan verdroog En nou wonder ek? Wie se hartseer verhaal is hierdie eintlik?

willie ·

ja Elsabe, hierdie plase het mos sommer so vanself spogplase geword! grond wil hulle hê, maar kan dit nie eers instand hou nie! hierdie werkers was vermoedelik ongelukkig omdat hulle nie betaal was nie. interesant Malema eens van die prok se kliënte dit sê baie!

Lemoen ·

En toe die lemoene gereed was om gepluk te word is aan die eienaars/belanghebbendes gevra wanneer hulle dit gaan doen, toe kom die antwoord/vraag: “Wie gaan ons betaal?”

Johan. H. ·

Skiet maar swak,,, Tot hy het agter gekom jy kan nie met die lotte onderhandel nie,,

Realis ·

Lekker kry ek nou……………hy kan nie eers met sy eie mense oor die weg kom nie………..

Harverskeurend ·

Dit is hartverskeurend dat ‘n man wat presies weet oftewel behoort te weet hoe die wet werk en wanneer jy mag skiet en wanneer nie. Ja Malema, Zuma, die hele kaboedel wat so alles verniet wil hê, hier sien julle, as jy nie werk help dit boggerol dat jy ‘n plaas of grond het. Jy moet eers opgelei word om ‘n boer te wees en hoe kan ‘n Prokureur voordeel uit so iets trek, dit moet mos vir minder bevoorregte / agter geblewe mense wees. Tyd dat hierdie mense sonder huise teen die regte mense opstaan.

Joe Soap ·

So this once very productive Citrus farm has gone backwards in a great hurry. And the alleged shooter is a director and attorney of Julias Malema. A sterling example of what lies in wait if Julius and Black land first gets their way everywhere. I hope that workers everywhere sit up and take note. If Julius and his mates ever take over power, farms will be run into the ground, you will likely face disputes as a result, and if you dont like it you will simply be shot.

tom ·

Kom ons kyk hoe gaan die borgtog werk,selfde as die doods kis selfde as die boere in die vrystaat ,malema gaan seker se dis jan van Riebeuk se skuld dit gaan baie intresant wees

marous ·

Laai hom af by sy werknemers , dat hulle dit uitsorteer…..

Scalla ·

Volgens my moet die bekende prokureur hom maar eerder op sy beroep toespits, nog n geval van n onkunde wat boerdery aan betref, hoop die werkers sorteer hom self uit. As jy mos n plaas besit is jy skatryk, of altans so word dit geredeneer,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.