Bekende prokureur se dood toe nié selfmoord

Robert Klinkenberg. Foto: Twitter

Robert Klinkenberg. Foto: Twitter

Die oënskynlike selfmoord van Robert Klinkenberg (46), ʼn bekende prokureur in Roodepoort in Gauteng, word nou as ʼn moordsaak ondersoek.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het gesê die uitslae van die nadoodse ondersoek het die polisie uiteindelik genoop om die geregtelike doodsondersoek na dié van ʼn moordsaak te verander. “Ons kan in dié stadium nie meer hieroor uitwei nie aangesien die ondersoek steeds aan die gang is,” het Ernst gesê.

Klinkenberg se liggaam is op 3 Desember verlede jaar in ʼn veld in Magaliesburg gevind. Hy het ʼn paar meter van sy motor af gelê met ʼn skietwond in sy kop. ʼn Vuurwapen is langs sy liggaam gekry.

Ernst het Donderdag gesê die ondersoek na Klinkenberg se dood vorder, maar geen nuwe inligting is tans beskikbaar nie. Daar is ook nog niemand in hegtenis geneem nie.

Klinkenberg, wat ook jare lank Joost van der Westhuizen se regsverteenwoordiger was, se maatskappy, Klinkenberg Inc., het intussen finaal sy deure gesluit. Alle sake wat deur die maatskappy hanteer is ten tyde van Klinkenberg se dood is deur die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies oorgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Joann ·

Dit is snaaks na 8mnde.en hul kom dit nou eers agter. Dit is lost case.

maggie ·

En net verlede week is in rapport bevestig dat hy miljoene verduister het uit trust rekeninge. Selfs die Krugersdorp nuusblad het bevestig van die geld verduistering. Nou die storie, snaaks ne!

MissDemeanor ·

Dalk het dit ook iets te doen met daai kattebak moorde.

jaco ·

Die SAPD is te lui en te swak opgelei om n moord behoorlik te ondersoek. Voeg dan ook by dat dit polities nie korrek is om veel aandag aan die dood van ‘n wit man te gee nie. Hulle volg altyd die maklike uitweg, bv:
Hierdie geval = selfmoord
Inge Lotz = blameer die ex-boyfriend
Oscar – sy victim was wit so net 6 jaar is genoeg
Steenkamp plaasmoord in Griekwastad = dis die wit slagoffers se wit seun wat dit gedoen het

N ·

Skies bedoel Jolanda….
Rus in vrede Robert. Ek hoop hulle kry die mense wat dit aan jou gedoen het sodat jou pragtige kinders en jou vrou “closure” kan kry.

Joann ·

Poplap kom ek verduidelik nou mooi. Jou man word dood aangetref,daar word gese dis selfmoord. Nou word daar begrafnis gehou en jy voel sooo skuldig oor die selfmoord. 8 maande later word die selfmoord omgesit in moord. Dit verstaan ek nie. Verstaan jy dit??

Poplap ·

Watter deel van nadoodse ondersoek verstaan jy nie Joan? Watter deel van verdere bewyse verstaan jy nie. So what of dit 6 maande of 6 jaar later is. Feit bly staan daai familie kan nou rus en vrede kry met die wete dat hulle man en pa hulle nie gelos het nie hy is van hulle weggeneem. Verstaan jy dit?

N ·

Joann – Moenie jou lyf speurder hou nie.
Jy ken nie al die details en feite nie so hoekom gaan jou aan asof dit nou nie moontlik is dat daar 8 maande later uitkom dat dit moord was nie. Hou eerder op om sensasie te soek. Daar is n vrou en 2 kinders wat agtergelos is. Have a heart.

lynette ·

Ek glo daar is baie ander wat op die manier gesterf .het . Daar is soveel bespiegelinge dat dit beter is om die regte redes te kry . In vandag se wrede lewe is niks onmoontlik nie .

E.K. ·

Sy naam is deur die modder gesleep deur vieslike stories na sy dood oor geldverduistering ens – hoe moes sy arme gesin voel? Dis die dat ek geskinder so absoluut HAAT, dit breek mense

Theresa ·

Ja, skinder het soms dieselfde uitwerking op mense as moord – dit vernietig mense en dié naaste aan hul.

Poplap ·

Daar is mense op Maroela se Facebook blad wat regtig die lelikste goed skryf oor hierdie man. Die giftonge is uit in full force what a bunch of putzes

Riaan Olivier ·

Weird hy buite sy voertuig gevind was met wapen gereed om te vuur. Was beslis nie roof nie. Ook nie road-rage nie. Beslis nie iemand vreemd wat hom dan sou geskiet het nie. Motief moontlik geld of jaloesie. Selfone gaan die storie vertel

Poplap ·

Riaan Olivier waar kom jy aan die details wat jy hier plaas? Dit wil voorkom asof jy kennis dra van die saak. As dit so is gaan asb na die polisie en deel die inligting met hulle. Maar om aantuigings hier te maak oor jaloesie ens is onverskillig. Inteendeel weet jy ons sal sommer nou jou details aanstuur vir die ondersoek beampte dan kan hulle met jou kontak maak oor jou in diepte kennis van die saak!

esther du toit ·

Ek het Robert Klinkenberg persoonlik geken. Enige iemand wat hom wel geken het , so geweet het dat hy nie die tipe mens was wat sou selfmoord pleeg nie.

Daar gaan baie lelike dinge aan in Krugersdorp. Met die vermoorde mense wat in kattebakke gevind is en dies meer. Ek glo dat Robert se dood gaan ook nog hieraan gekoppel word. Daar is baie meer aan die gang as wag enige van ons regtig besef. Die okkulte en dwelms en assuransie eise (van mense wat nie dood is nie, is maar van die dinge wat hier geopenbaar gaan word)

Al speel satanisme hier ‘n groot rol glo ek dat die “mag” wat agter dit sit – so die mense gebruik het om die moored te pleeg ens. Ek dink die sal nog een van die skokkendste sake word wat in ons land afgespeel het.

Robert was n genuine mens. Sou sy medemens help en was n briljante sakeman. Ek sidder as ek ding wat hom moes beweeg om bedrog te pleeg – as dit waar is. Ek hoop sy siel rus in vrede. Ma sy pragtige vrou en kinders ook berusting vind….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.