Bekende prokureur van Mokopane doodgeskiet

Schalk Pienaar en sy vrou, Francis. (Foto: Facebook / Francis Pienaar)

’n Bekende prokureur van Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo en voormalige parlementslid is Maandag in sy motorhuis doodgeskiet.

Na verneem word, het aanvallers omstreeks 18:00 op Schalk Pienaar losgebrand voordat hulle van die toneel gevlug het. Die voorval het in Platinastraat in Chroompark plaasgevind.

Pienaar was langer as 40 jaar ʼn prokureur op die dorp en volgens inwoners ʼn rots in die gemeenskap. Hy was in die laat 1980’s  ʼn lid van die destydse Konserwatiewe Party en is in die tyd as parlementslid vir die destydse Potgietersrus verkies.

Schalk Pienaar en sy vrou, Francis, se huis (Foto: Verskaf)

Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo en jarelange inwoner van Mokopane, sê Pienaar het die politiek in die vroeë 90’s verruil om voltyds op sy praktyk te konsentreer.

Sy woon om die hoek van die Pienaar-egpaar en sê dat inwoners uiters geskok is oor die wrede moord. Maritz sê hoewel die motief nog onbekend is, is die wyse waarop Pienaar vermoor is, ysingwekkend.

Sy beskryf Pienaar as ʼn man wat nou in sy gemeenskap betrokke was en sê sy dood is ʼn groot verlies vir die dorp.

“Hy het goeie werk in die gemeenskap gedoen en was altyd bereid om te help. ʼn Groot boom het geval.”

Op Facebook het verskeie mense reeds hulde gebring en medelye met Pienaar se familie betoon.

“Dit is met groot skok dat ek so pas verneem het van die moord op my oudkollega Schalk Pienaar, LP vir Potgietersrus. Aan sy kinders en familie my innige meegevoel. Schalk was ’n formidabele debatvoerder met ’n skerp brein en [het sy] lewe gewy aan die politiek en die regswese in die noorde. As oudkollega salueer ek hom, mag sy siel in vrede rus,” het Koos Botha geskryf.

Na verneem word, het Pienaar en sy vrou vier kinders.

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gestuur en wag op terugvoer. Dit is onduidelik of enigiemand al in verband met die moord in hegtenis geneem is.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

LD ·

Wow! Potties is die laaste ruk nogal baie in die nuus!

Sterkte aan sy geliefdes en vriende!

Marcello ·

Ek weet nie of my verbeel nie, maar in die laaste tyd is daar geweldig aanslae op Regsmense.

N ·

Ek vermoed Cele was op die toneel, of was Mr Pienaar se lewe minder werd?

Danie ·

Een van die dae trek ons by die 100 moorde per dag in SA.En die regering bly nog steeds stil oor plaasmoorde.Sterkte aan die familie .

sydney ·

Ek het Schalk in 1982 ontmoet, ek was toe ‘n 1e jaar student en hy was prokureur in Johannesburg. Baie jare saam ge-“politiek” en besin oor ons volk se toekoms. Sal altyd sy innemende glimlag onthou. Laaste keer wat ek hom in persoon gesien het was in 2015 met Geloftedag in Potties. Rus in vrede ou Schalk, jy het jou rol vir ons volk met durf en daad vertolk.

Vonny ·

Daar skuil iets diepers diè moord…

Baie sterkte
SO n wrede dood.

Swerwer ·

Lae vuilgoed, waarom net op blankes gemik en nie op hul eie korrupte regering nie.

Deidré ·

Hulle se hy was die laaste tyd baie betrokke by die gemeenskap…. wonder op wat het hy of sou hy afkom, dis duidelik iets groot as hy op so manier stil gemaak is.
Sjoe dis rof, sterkte aan sy familie en vriende. So wreed so onnodig en onmenslik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.