Bekende restaurant-baas, verloofde erg aangerand

Chantal Beyers net na die aanranding. Foto: Verskaf

Chantal Beyers net na die aanranding. Foto: Verskaf

ʼn Paartjie van Pretoria oorweeg regstappe teen ʼn bekende kitskosgroep nadat hulle albei Dinsdagaand erg in een van die groep se restaurante aangerand is.

Chantal Beyers (27) en haar verloofde, James Brewer (50), eienaar van die gewilde Brewers-restaurantgroep, se gesigte is albei potblou geslaan nadat hulle glo deur ʼn groep mans en vroue in die McDonald’s-restaurant in Hamiltonstraat oorval is.

Chantal het Donderdag aan Maroela Media vertel dat sy en James laat die aand by die restaurant aangekom het nadat hulle laat gewerk het. Hulle wou aanvanklik die deurry-baan gebruik, maar dit was met kratte toegepak. Hulle het dus parkeer en binne die restaurant hul bestelling gaan plaas.

Nadat hulle die bestelling ontvang het, het hulle by een van die tafels in die restaurant gaan sit, maar toe besef dat hulle een van die items nie ontvang het nie. “James het teruggestap na die toonbank toe en die kassiere gevra oor die wrap wat ons nie gekry het nie. Sy het met hom gestry en gesê ons het dit nooit bestel nie,” het Chantal gesê. “Terwyl hy nog met haar gepraat het, het sy iets aan ʼn man langs hom gesê in ʼn taal wat hy nie verstaan het nie. Die volgende oomblik het die man hom herhaaldelik met die skouer gestamp.”

Volgens Chantal het sy gesien hier kom moeilikheid en het tussenbeide getree. “Ek het vir die man gesê dat ons nie moeilikheid wil hê nie en dat ons in elk geval op pad is. Ek het my een hand op James gesit en wou met die ander hand net so aan die man vat om hulle uit mekaar te hou, toe hy my met die vuis deur die gesig slaan.”

James Brewer net na die aanranding. Foto: Verskaf

James Brewer net na die aanranding. Foto: Verskaf

Nog ʼn hou het Chantal getref en sy het bewusteloos op die vloer neergesak. Intussen het die man en ander mans en vroue saam met hom in die restaurant glo vir James getakel, hom herhaaldelik geslaan en vir Chantal geskop. “Die McDonald’s-personeel asook die veiligheidswag het almal net gestaan en kyk. Hulle het niks gedoen om in te gryp, die polisie te ontbied of ʼn paniekknoppie te druk nie. Hulle het net daar gestaan,” het Chantal gesê.

Die groep het glo ná die aanranding uit die restaurant gehardloop. Terwyl James vir Chantal van die vloer af opgehelp het, het ʼn McDonald’s-personeellid glo dadelik nader gekom en die bloed van die vloer af begin was. Niemand het egter vir James of Chantal hulp aangebied nie.

“James het gevra wat die kassiere se naam is wat ons gehelp het, maar die personeel het geweier om haar naam bekend te maak. Ons het direk daarna ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak voordat ons hospitaal toe is vir behandeling.”

Chantal se neus is gekraak en sy het erge kneusplekke aan haar gesig en lyf opgedoen. James het hematome (bloeding) in sy gesig opgedoen, verskeie ander kneusings en ʼn kneusing agter sy kop wat die polisie later gesê het lyk asof hy met die kolf van ʼn vuurwapen geslaan is.

“Ons het reeds regsadvies ingewin en ons oorweeg ʼn siviele saak teen McDonald’s. Dit is onaanvaarbaar dat hulle nie hul klante binne hul restaurante kan beveilig nie. Boonop vermoed ons die kassiere het iets vir die aanvallers gesê wat aanleiding gegee het tot die aanranding,” het Chantal gesê.

McDonald’s Suid-Afrika het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê dit word in ʼn baie ernstige lig beskou. “Ons het begin met ʼn interne ondersoek om die feite van die saak vas te stel en sal ons volle samewerking aan die wetstoepassingsowerhede gee indien hulle dit versoek. Die veiligheid van ons klante is van die uiterste belang en hierdie saak ontvang ons volle en dringende aandag,” het Sechaba Motsieloa, direkteur van korporatiewe sake, gesê.

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Deloris ·

Dit maak my bang om by McDonalds in te stap
en waarvoor was die kratte in die pad gepak…..

Piet Snot ·

Ek’s banger vir wat daai kos op lang termyn aan my gaan doen!

Vince ·

Onaanvaarbaar en barbaars. Nugter weet hoe mens kan (reenboog) nasie bou met sulke mense nie. Dit bewyds maar net weer die ANC se onvermoe om te regeer en wet en orde aan die dag te le.

Frank ·

Het julle al vergeet hoe spoeg McDonalds personeel in die Burgers (Hatfield) Carte Blanche…

Frederik ·

Ja, Piet Snot, daai plastiek hamburgers eet ek jare al nie meer nie. Vrees vir my gesondheid.

Mariana Bester ·

Dit is skokkend om die minste te se. Ek is seker daar moet CCTV kameras in die winkel wees wat die voorval kan bewys. Hierdie is ook ‘n sprekende bewys van die verval in ons land en die rassehaat wat tans heers. Dit voel vir my of ons weer terug is in die 1980’s. Is dit waarvoor ons demokrasie en Konstitusie staan? Ek hoop die mense wat verantwoordelik is hiervoor sal aangekeer word.

oogies ·

Dit is skokend…………. wys jou ons is nerens meer veilig nie nie eers in n eetplek nie .My hart gaan uit na die man en vrou hoop julle herstel gou en dat daar ASB iets aan die saak gedoen sal word ek sal hulle beslis nie meer ondersteun nie .

Irene ·

Sal nie meer iets by macdonalds koop nie
Kom mense boikort macdonalds

Stem saam ·

Irene stem saam, almal hou op koop by Mc Donalds, totdat hul kliente se veiligheid kan waarborg! Dit is nou nonsens – geen reg om kos te koop, die skelmheid, ons het ookal kos bestel by hul en KFC en as jy by die huis kom, is sekere goed nie daar, maar jy het betaal. Ek kyk alles deur en glo my as iemand aan my raak is dit ook voorblad nuus. Beskerm jul kliente. Wat sê kring televisie? Daai wrap is seker kos vir die bende aanranders!

mariana walker ·

juis daar gepak dat hulle moet uitklim om aangerand te word, ek sal nooit weer by hulle koop nie, ons is te min om hulle te boicot.

Cherokee ·

Ek ondersteun die boikot. Sal geen Mc Donalds meer ondersteun nie tensy hierdie saak oopgevlek en opgevolg word deur hulself.

Kaspaas ·

Ek is regtig verbaas daar is nog mense wat by hulle koop.

Johannes J ·

Koop al lankal nie meer by Maccies nie. Los die besigheid vir Ramaphosa en sy Caders.

veruschka ·

Hulle slegte kos is in elk geval nie ons geld werd. Ons koop glad nie by n Mcdonalds kos!

Dewald ·

Van daai tyd af wat Macs se mense so op die burgers gespoeg het koop ek nie meer daar nie,ek hoop hulle sue Macs vir miljoene.

Pierre ·

Is dit nie ‘n rasgedrewe aanvalnnie. As die rolle omgeruil was het almal racism gesanik.
Pierre

Charlotte ·

Ons het al daar en by Kfc gestop dan staan jou kar meer as n halfuur 3de innie ry en jy wag. Goed bestel dan moet jy gaan parkeer hul sal vir jou die bestelling bring. Dan uiteindelik as jy dit kry is dit verkeerd!!! Ek koop slaai by mc Donalds en elke hap byt jy net sand….ag nee wat swak dienslewering en dan word jou veiligheid ook deesdae bedreig!!! Daardie kassiere en almal wat niks gedoen het nie moet afbetaal word..kry mense met die NODIGE KWALIFIKASIE daar…… : – )

005 ·

Ek stem saam dit was daardie Bull hemp. Julle moet net onthou McDonalds het orals kameras wat die waarheid gaan onthul…. Daar is altyd 3 kante van ‘n saak…

Anton ·

Ek booikot hulle al lankal vandat ek gelees het hulle bedien nie regte vleis nie.dit is soos dik plastiek eerder as vleis, het Jamie Olivier nie die hofsaak teen hulle gewen nie juis oordat hulle nie regte vleis bedien nie

Net ek ·

Chantal was bewusteloos geslaan. En sy getuig almal het net rond gestaan en nie gehelp nie . Hoe opserweer ʼn bewustelose mens die omstandighede, vrae maar net. Hoop gereg en geregtigheid sal geskied. Sterkte met jul beterskap.

Cherokee ·

Die restauranteienaars staan ook saam. Hulle ondersteun mekaar.

VerVanRyn ·

Mense wat nou Mcdonalds wil boikott en bang is vir Mcdonalds verstaan nie die saak reg nie. Dit is nie Mcdonalds se kliënte of werknemers wat ons moet vrees nie. Dit is die “sprekers van die obekende taal” wat ons moet vrees. Geweld teen wit mense word al meer aanvaarbaar en as geregverdig gesien agv uitsprake van politici en ongewilligheid van die ANC om geweld teen wit boere ‘n prioriteit misdaad te maak. Dit is die sprekers van onbekende tale rondom ons wat ons moet vrees. Hulle sien ons nie meer as mense nie. Die wit man het nie menswaardigheid in die oë van Afrika nie. Nou gaan mense begin getuig van swart mense wat hul ken wat anders, maar vra jy jouself eerlikwaar af: is hulle nie die utisondering nie? Goed soos hierdie Mcdonalds aanranding is nie buitengewoon nie. Die redes vir die ongeregverdige aanval is nie iets wat net ‘n handjievol swart mense in glo nie.

Marius ·

Ons weet mos almal dis Mc. Donald’s wat so in die white orders spoeg ook. Daarom koop ek nie n sent by hulle nie…

johann cb ·

Iets baie lelik moes gebeur het om hierdie voorval te veroorsaak.

Karma ·

@Johann cb – Ja, RASSISME het gebeur. Omgekeerde RASSISME: swart op wit, nie meer wit op swart nie. Die kliënt – in volle reg – het gevra vir ‘n item wat hy bestel het, maar wat nie gelewer was nie. Die kassier het gestry (wat enige mens wat in só ‘n posisie is, behoort te weet NIE MOET GEBEUR nie – die kliënt is reg, al is hulle ook hoe verkeerd!). Die kassier het (agterbaks genoeg) ‘n ander kliënt opgesteek (sekerlik) om die ‘wit boer’ reg te sien. Die meisie het tussenbeide getree as vredemaker en is toe BEWUSTELOOS geslaan. Terwyl die aanval voortgeduur het, het nie een van die McDonalds personeel ‘n vinger gelig om òf die aanval te stop óf die slagoffers te help nie. Maar laat dit nou NET andersom gewees het; laat dit nou NET twee nie-blankes was wat deur blankes aangestig en aangerand was! Ou boeta, dan was die menseregtekommissie al LANKAL op die saak!

TDW ·

Julle kommentators begin nou nes die anc en eff dink. Hierdie saak het eintlik niks te make met die mcdonalds groep nie. Swak diens het ‘n gewoonte geword in die nuwe suid-afrika. Die witmense verwag nog goeie dienslewering. Hulle sal opstaan daarvoor. As jy iets bestel en die bestelling is verkeerd dan gaan bring jy dit onder hulle aandag, hulle(die werkers) gooi die terugpraat van ‘n witmens in jou gesig deur op jou kos te spoeg of maatjies te roep om jou ‘n les te leer, want Afrika behoort mos net aan swart mense en wittes het nie meer ‘n stem nie. PUNT STOP. Hierdie is ras verwant. En dit sal beter wees om die anc en eff hof toe te vat vir rassehaat aanblaas teenoor die witmense! Mcdonalds kan nie help die nuwe suid-afrika glo nie in goeie diens lewer nie.

Jacoline ·

Mcdonalds is die ongesondste kos wat daar is. Hulle moes nooit toegelaat word as Franchise in SA nie. Ek of my familie ondersteun geen restaurant met n ” drive through” fasiliteit nie.

TDW ·

Julle kommentators begin nou nes die anc en eff dink. Hierdie saak het eintlik niks te make met die mcdonalds groep nie. Swak diens het ‘n gewoonte geword in die nuwe suid-afrika. Die w i tmense verwag nog goeie dienslewering. Hulle sal opstaan daarvoor. As jy iets bestel en die bestelling is verkeerd dan gaan bring jy dit onder hulle aandag, hulle(die werkers) gooi die terugpraat van ‘n w i tmens in jou gesig deur op jou kos te spoeg of maatjies te roep om jou ‘n les te leer, want Afrika behoort mos net aan s w art mense en wit tes het nie meer ‘n stem nie. PUNT STOP. Hierdie is r as verwant. En dit sal beter wees om die a.nc en ef.f hof toe te vat vir rassehaat aanblaas teenoor die w i tmense! Mcdonalds kan nie help die nuwe suid-afrika glo nie in goeie diens lewer nie.

Chris ·

Dewald het dit geskryf. Ek ook onthou n storie van n gespoeg op die hamburgers.

gatiep ·

Hoe kan ek vertou dat daar nie op my kos gespuug word nie. Wit ou in die lyn spuug op sy kos. Gelukkig sien mens die spur se mense wat kos maak.

Anie ·

Ai, spaar baie geld en maak self Kentucky en hamburgers, dan weet jul verseker dis higiënies en heerlik.

yster 74 ·

Nog nooit Macs geeet. Hoop nie ek hoef ooit. Weet nie wats in pattys. Ook nie lekker om in rye te staan sodat mede burgers jou kan aangluur asof jy hulle geld skuld nie. Dalk moet ons eerder kos by huis maak. Meer romanties en veiliger. Ons nie meer veilig op straat. Is net soos VerVanRyn se.

wessie ·

Boikot die plek. Glo my hulle maak baie geld uit julle. Ons het nie sulke plekke nodig nie.

wessie ·

Boikot die plek. Ons het hulle nie nodig nie. Daar is baie ander plekke.

Ouman ·

Ek eet gelukkig nie die rubish wat hulle smous nie Hulle kos ruik in elk geval vir my soos ‘n nat hond. My familie weet al goed dat ek weier om kos te koop by die plek. Jag hulle on die hof en laat hulle betaal. Die personeel by baie van die kitskosplekke is hopeloos en weet nie wat die woord diens beteken nie. Geen wonder die Amerikaners het van die spul ontslae geraak nie.

Jdp ·

Kan maroela media nie asseblief help met n fondsinsameling ek sal graag bydrae om toe te sien dat hierdie mcdonalds boewe wat toesien dat nanke vrou in haar gesg geslaan word sodat sy bewusoos op die grond neer val boet tot in die hoogste hof indien nodig Dit sal ook vir hierdie boewe wys ons as n blanke groep laat nie met ons mense mors nie Die publisiwiteit wat n hofgeding bring sal die mcdonalds boewe baie seerder maak as net n boikot.

riana ·

Wat is die ander kant van die saak en hoe het die slagoffers met die betrokke personeellid gepraat? Soms kan al die rasisme en geweld in ons land ons as blanke suid afrikaners ook vinnig bevooroordeeld en agressief laat kommunikeer en optree. Wonder maar net…

Meis ·

Ek hoor jou…. Opinie: geen manier van met iemand praat, verdien om slagoffer te word nie…. Aanranding bly aanranding…. So as ek jou n gluur gee, mag hy my vloek, wat beteken ek kan jou slaan… Dus mag hy my skiet????…. A nee a… Kan ons net asb rassioneel bly!

Jdp ·

Riana wat ook al gese is dit regverdig nie aanranding en veralnie op n vrou nie staam asseblief saam en veroordeel hierdie gedrag as ons dit nie doen gaan dit net erger word

riana ·

JDP ek stem saam dat die aanranding onnodig was. Niemand verdien dit nie. Ek het bloot net die voorval uit n ander hoek ook beskou. Omdat daar nie vir my n balans in hierdie berig is nie. Daar moet tog iets gebeur of gese wees van die slagoffers se kant ook. Dis net regverdig om daardie deel ook uit te lig al voel ek ook niks wat gese was kan die aanranding regverdig nie.

Liefie ·

Ek weet dat elke saak het twee kante maar dit gee hulle nie die reg om n ander aan te rand nie!! Ek hoop hulle sue die plek in sy kanon in! Koop gladnie by Mc Donalds na daai spoeg skandaal nie, en hulle kos is en was nog altyd disgusting!

Sarie ·

Ga – slegte diens, slegte naam, ñ gespoeg op my patty – nee dankie. Die restaurant het my in elk geval nog nooit gesien na die spoeg ekspedisie nie, hierna – NOOIT WEER NIE! Julle deure kan maar sluit in Suid Afrika én oorsee!

Ria ·

Ons koop reeds lankal nie meer by Macdonalds nie, dit is regtig GEMORS KOS.

frik ·

Ek dink ons almal moet n e mail deur sit en hulle veiligheid bevrsgteken en hulle boik o t in allegeval,hul mee deel dat ons dit sal versprei dat ons van nou af met wapens kos by macdonolds sal gaan koop.Mpet sommer met tv reel om n add te maak waar die witman by hulle gaan kos koop,dan kan oorsee se mense dit ok sien.

Frank ·

Na McDonalds se vorige episode waar hulle uitgevang is hoe hulle in spesifiek witmense se kos gespoeg het (Hatfield) kan ek nie glo enige respektabele mens eet nog daar nie…

Theresa B ·

Walglik. Hierdie spul ken net een ding en dit is geweld.

Joa ·

Wegneem etes kos in elk geval te veel geld en dit is nie gesonde kos nie. Koop jou eie vars groente en vleis en maak jou eie hamburgers. Toe ek ‘n kind was in die sewentiger jare en daar nie baie eetplekke was nie, toe het ek al gesien hoe word die tamatie skywe afgelek voordat dit op jou bord geplaas word. Ek koop nie wegneem etes nie, ek maak my eie vars kos.

Elfie ·

McDonalds kos is in elk geval in alle opsigte sleg vir jou gesondheid. Maak ‘n punt en boikot hierdie spesifieke tak – slaan waar dit seermaak en maak seker dat julle elkeen wat daar kom die storie vertel sodat hulle net daar kan omdraai en op ‘n ander plek gaan koop. Maak grot geraas, dis al hoe hulle sal leer.

Anria Odendaal ·

Ek stem saam dat die nie Macdonalds se skuld is nie, maar as hierdie gebeurtenis reg hanteer word, sal dit dalk nuus in die buiteland maak. Macdonalds is n groot internationale ketting restaurant. Maak n groot saak teen hulle en maak dit baie duidelik in die artikels dat die aanval gebeur het asgevolg van kleur. Hoe meer ons dit uitkry in die buiteland, hoe vinniger kry ons dalk hulp vir hierdie ‘civil war’ wat sterk opad is.

anne ·

Dit is miskien nie McDonalds se skuld nie, maar dit het in hulle winkel gebeur en hulle moet verantwoordelikheid aanvaar. Hoop die mense die mense dagvaar hulle, hierdie barbaarse gedrag is onaanvaarbaar. Was in elk geval nog nooit so honger om hulle kos te eet nie, eet liewer by die huis, dis veiliger.

Karma ·

Wel, eintlik is dit McDonalds se verantwoordelikheid, as dit dan nie hul skuld is nie. Dit het op hul perseel gebeur en die hele insident is klaarblyklik aangevuur deur ‘n personeellid se optrede teenoor ‘n kliënt. As McDonalds Hamiltonstraat nie ‘n vrywaringsbeleid – duidelik waarneembaar vir kliënte – in die perseel opgesit het nie, is die insident hul verantwoordelikheid.

Louise ·

Stem saam BOIKOT die plek, as dit anders om was dan was dit grooooot rasisme, maar teen WIT is dit maar net “jammer sulke goed gebeur” TWAK man.
Sal plekke ondersteun wat WIT mens akkomodeer, daai TIEPE plekke het inelkgeval nie die WIT steun nodig nie.
So moet dit nie vir hulle gee nie.
PUNT

Oosie ·

McDonald’s diskrimineer teen sy wit klandisie. Het ‘n soortgelyke slegte ervaring by Waverley se tak gehad. Sal NOOIT weer by hulle koop nie.

Varkie ·

As die son sak gaan maar liewer net na jou huis en bly uit die strate..

Jakes ·

Genade! Die insident het te doen met veiligheid, geweld en aanranding op die perseel van ñ restaurant-groep. Nou pos almal kommentaar oor hoe die kos daar ongesond is. Wat het dit te doen met die voorval?

Kaspaas ·

Was dit anders om sou alle Engelse media dit uitgebasuin het ” Racist attack on Black Couple” maar nou gaan hulle nie eens dir publiseer nie, hoop hulle neem regsaksie teen McDonalds ook.

dook ·

Moet nie die, werker blameer, nie, blameer, die bestuur, die bestuur moet verseker, dat die werker nie sy of haar politiese sieninge, en idiologie, by die werk kan uitleef of toepas nie.

Ek gaan na n restorant, met my gesin, om tyd saam te deel en my self te geniet, en te ontspan, maar omdat ek wit is, word ek anders behandel. My kos is altyd oud, my melkskomel suur, die musiek is oorverdowend, ek sit langs die kombuis of toilet, met die verblindende son en vlee.

N slim man het eendag gese, sit n bord kos voor jou vyhand neer, as hy klaar geeet het, en jy draai om,om vir hom poeding te skep steek hy jou met die mes in die rug.

Rosy ·

Ek het ‘n groot groen brommer in my “wrap” gekry. Het nog nooit weer by McDonalds kos gekoop nie.

Riana ·

Die Mc Donalds eienaars moet bietjie laat in die aande na hulle plekke toe gaan en sien wat gaan daaraan. Die een naby Hillfox staan altyd vol BMW’s wat daar staan en hulle kuier.
Wonder altyd wat maak hulle daar.

Ek gaan nooit in nie te bang. Mens kan Mc Donalds nie in die aand na 10 toe gaan nie dan soek jy vir moeilikheid.

So ja kan dink hoe daardie mense gevoel het. Ek ry maar altyd en bestel want vertrou hulle niks nie as ek die dag Mc Donalds eet.

Topster ·

Ja Varkie daar is nou eintlik n aand klok reel teen die blankes ingestel dit word net nie so genoem nie

Jan maak n Plan ·

Eerstens biokot Mcdonalds (ek doen dit al jare), tweedens begin om jou plaaslikke swart taal te leer al is die gebrekkig en derdens en die belangrikste – stel een erge siviele eis (onthou te veel is nog te min) teen Mcdonalds en as jy kan teen die betrokke personeel lede ook in. Sterkte

mary-ann ·

Ek koop al van die spoeg nie daar nie en hulle kos is plastiek en flippen onbekostigbaar. Gaan koop eerder Steers. Skande!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.