Johan Botha, ʼn wêreldbekende Suid-Afrikaanse operasanger, het Woensdag in die ouderdom van 51 gesterf.
The Royal Opera het die nuus op hul Twitter-profiel bevestig. Hy het aan lewerkanker gesterf. Botha, sy vrou en twee kinders het in Wene in Oostenryk gewoon.
Botha is as een van die grootste operasangers van ons tyd beskryf en het in die beroemdste operahuise oor die hele wêreld opgetree. Hy het sy internasionale debuut gelewer toe hy in 1993 tydens ʼn uitvoering van Madama Butterfly in die Opéra Bastille in Parys, Frankryk, te sien was. In 2004 is Botha as ʼn Kammersänger by die Vienna State Opera aangestel, ʼn baie gesogte titel wat sy status as vername operasanger bevestig het.
Kasper Holten, die direkteur van die Royal Opera House in Londen, het Donderdag op sy Twitter-profiel aan Botha hulde gebring. “So hartseer om van Johan Botha se afsterwe te verneem. Sal nooit sy laaste uitvoering in Die Frau ohne Schatten vergeet nie,” het hy geskryf.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Ai tog, ‘n Lewende Legende en geniale mens daarmee heen, en so jonk en aan kanker van alle dinge!
Ek het net een plaat (ARTE NOVA VOICES-ITALIAN ARIAS) van hom, en pas dit op soos goud,
Rus in Vrede Johan!
Rus in vrede Johan, jy het gehelp om die wereld n beter plek te maak met jou sang.
Wêreldberoemd…… nog nooit van die man gehoor nie….. hoe is dit tog moontlik?! RIV
Nou-toe-nou…wat kan mens vir jou se? Hy was beslis wereldberoemd, hy was ‘n groot ster en dis ‘n groot verlies vir goeie musiek.
Ai alweer die kanker. RIV Johan. ‘n Groot boom het geval.