Bekende SA-sjef in Monaco oorlede

Nic en Linnea Loubser. Foto: Verskaf

Nic en Linnea Loubser. Foto: Verskaf

Nic Loubser, ʼn bekende Suid-Afrikaanse sjef wat in van die land se toprestaurante gewerk het, is in Monaco in die ouderdom van 41 oorlede.

Loubser se pa, Nic Loubser sr., het aan Maroela Media gesê sy seun is op 31 Mei vanjaar getroud. Hy en sy vrou, Linnea, het in Monaco gewoon. Loubser is Vrydag aan ʼn hartaanval oorlede.

Loubser jr. het vroeër drie jaar lank as uitvoerende sjef by die Six Senses-vakansieoord in Lamuu, deel van die Maldives-eilandgroep, gewerk. Hy was ook voorheen die uitvoerende sjef by die Fregate-vakansieoord op ʼn private eiland in die Seychelle-eilandgroep.

Loubser sr. sê sy seun se belangstelling vir kosmaak het tydens sy weermagopleiding by 1 Militêre Hospitaal begin waar hy soms in die kombuis gewerk het. Hy het sy diensplig voltooi en by die Cordon Bleu Cookery School of SA in Johannesburg aangesluit vir verdere opleiding.

“Christo Wiese het hom in 1997 die pos van uitvoerende sjef by die Lanzerac Hotel in Stellenbosch aangebied. Na ongeveer ʼn jaar het hy ook as sous-sjef by Sun City se Palace of the Lost City gewerk. Vandaar het hy as uitvoerende sjef by Aqua-restaurant in die Sibaya-casino aan KwaZulu-Natal se noordkus gewerk,” het Loubser sr. gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.