Bekende sakeman in huis doodgeskiet

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Bekende sakeman is in sy huis in die Golden Mile-landgoed by Witbankdam doodgeskiet.

Maroela Media verneem die sakeman is Sondag in die vroeë oggendure doodgeskiet. Sy vrou is volgens berigte ongedeerd.

ʼn Lid van die gemeenskapspolisiëringsforum het die nuus aan Maroela Media bevestig. Daar is glo niks tydens die voorval uit die huis gesteel nie.

Maroela Media het die plaaslike en provinsiale polisie om kommentaar genader en wag vir terugvoer. Die sakeman se naam word weerhou om seker te maak al sy naasbestaandes is van sy dood in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vygie ·

Seker iemand wat baie bekend was aan hom… nog n don steenkamp.. nog n van brede ens. Kan maar nrt bespiegel… geweld/moord het deel van ons kultuur geword. Of persoonlik of polities… ook soos ek al gesê het almal het n punt… na dit breekpunt.. moenie mense té ver puch en dan wonder hoekom jy “iets oorkom” nie… sê maar net…

Peter ·

Baie vreemde berig! Niks is weg nie! NIemand is verder beseer nie. Klink soos ‘n ‘hit’.

SARIE VAN HEERDEN ·

Waarom Kersfees? Is dit hoe ons deesdae kersgeskenke uitdeel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.