Een van die oorledenes in ’n trompopbotsing Saterdagoggend op die N4 buite Rustenburg is geïdentifiseer as dr. Thandi Ndlovu, bekende sakevrou en stigterslid van Motheo Construction.
Ndlovu is ná die ongeluk in ʼn bestendige toestand na ʼn hospitaal gehaas waar sy later aan haar beserings beswyk het.
Medelye stroom sedertdien uit alle oorde in.
“Ons betreur die skokkende en tragiese verlies van ons kollega, ons vriendin, ons suster, ons mentor, ʼn dogter, ʼn vennoot, ʼn baanbreker, ʼn energieke vrou vol geesdrif én ʼn voortreflike sakevrou,” het die vereniging vir sakevroue van Suid-Afrika (BWA) Sondag in ʼn verklaring gesê.
Die organisasie het gesê Ndlovu was ʼn inspirasie vir talle en was ʼn groot aanwins vir haar gemeenskap en land. “Haar afsterwe is ʼn groot verlies vir die BWA-familie.”
Ndlovu was ʼn voormalige direkteurslid van die vereniging en wenner van die Sakevrou van die jaar-toekenning.
“Sy was ʼn konstante bron van leiding, mentorskap en ondersteuning vir die organisasie,” lui die verklaring.
Die ANC het op sy beurt in ʼn verklaring gesê Ndlovu was ʼn vurige feminis wat in vroue geglo en talle vroue bemagtig het.
“Haar prestasies en toewyding tot verandering sal as ʼn voortdurende herinnering wees van haar onbaatsugtige bydrae wat gevier behoort te word. Vir haar gesin wil ons sê dat hul verlies ons verlies is.”
Maroela Media het vroeër berig paramedici is kort ná 06:00 na die toneel ontbied waar hulle die wrakke van twee motors aangetref het.
Twee bejaarde mans in die een voertuig is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die ander voertuig is ook op die ongelukstoneel dood.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
28 Kommentare
Ons was by ngelukstoneel. Moes wag vir paramedisie. Hoop feite word ook later gepubliseer want 2 onskuldige mense het prys betaal vir drywer wat teen 217 km per uur oor dubbel sperstreep gejaag het.
Spoed!! 217km dis skokkend…jy is reg..hoop die feite word bekend gemaak…mense moet leer uit hierdie tragiese gebeure
Dankie Anoniem. Toe my man, wat n renjaer was na die fotos gekyk het, het hy dadelik gesê “Smart car, spoed en geen idee waarvoor n sperstreep op paaie aangebring is nie, gee hom 2+2. Nou is onskuldige mens dood, maar aarto gaan alles regmaak okay.
Ek wonder waarom sy so gejaag het? Moes seker binne ñ sekere tyd op ñ bepaalde plek wees & was laat…
Tragies, onskuldiges boet vir onverskillige optredes