Bekende se noue ontkoming toe plafon inval

Die gedeelte van die plafon van die News Cafe wat ineengestort het. Foto: Via Jeremy Mansfield op Facebook.

Die gedeelte van die plafon van die News Cafe wat ineengestort het. Foto: Via Jeremy Mansfield op Facebook.

Die voormalige radio-omroeper en televisie-persoonlikheid Jeremy Mansfield het Woensdag ligte beserings opgedoen toe ʼn gedeelte van die plafon van die News Cafe in Woodmead Retail Park in Johannesburg ineengestort het.

Mansfield het op sy Facebook-blad geskryf hy was net links van waar die plafon ingeval het. Volgens Mansfield het hy ʼn sny aan sy voet opgedoen en is sy rug seer nadat hy uit die pad geduik het.

Varina Singh, die News Cafe-groep se bemarkingsbestuurder, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn voorval by dié eet-en-kuierplek plaasgevind het.

Jeremy Mansfield. Foto: Facebook

Jeremy Mansfield. Foto: Facebook

“Daar word tans opknappingswerk by ons Woodmead-winkel gedoen en ons kan bevestig dat ʼn gedeelte van die plafon omstreeks 11:00 ineengestort het,” het Singh gesê.

“Ons is in verbinding met die konstruksiemaatskappy wat verantwoordelik is vir die opknappingswerk en estetiese veranderinge. Ons weet nog nie wat tot die ineenstorting gelei het nie en wag vir ʼn volledige verslag van dié maatskappy.”

Sy het gesê die gedeelte waar die plafon ingestort het, was afgesper aangesien konstruksiewerkers daar gewerk het, en geen klant is dus direk beseer nie. Die konstruksie-ontwerper is wel beseer en na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

“Daar was altesaam 15 gaste in die restaurant toe die voorval plaasgevind het. Gelukkig is niemand van hulle ernstig beseer nie. Ons simpatiseer met die ontwerper en wens hom ʼn spoedige herstel toe.”

Sy het onvoorwaardelik omverskoning gevra vir die klante wat deur die voorval verontrief en getraumatiseerd is.

“Veiligheid is vir ons van kardinale belang. Die Woodmead-winkel gaan tydelik vir die publiek en werkers gesluit word totdat ʼn onafhanklike ingenieurskonsultant die restaurant evalueer en veilig verklaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Stormrider ·

Hy is steeds ‘n omroeper redaksie – so ver ek weet is hy een van die eienaars en omroepers van Hot 91.9 FM?

Paul ·

Mens vra “om verskoning”. Twee woorde. Nie “omverskoning” nie.

snuffels ·

Mens is daar 11uur die oggend en wil eintlik begin drink…nou ja, toe gee hulle jou n rede om te drink!

Willemien ·

Nee, Paul is reg, dis om verskoning. Jou woordeboek kan nie spel nie.

Blikkie ·

Ontwerper EN omroeper. Een het seergekry, die ander een het nie.

m ·

Seker weer BBEE konstruksie maatskappy. Hoe val ‘n dak net in?????? Nee rerig!!! Daar sal ma weer so patetiese verskoning gegee word oor hoekom die dak ingeval het.. Gelukkig het niemand darem ernstig seergekry nie..

Mike ·

Die tee klok het gelui,sal die spyker na tee in kap ek werk nie in my tee tyd nie….BBEE voorwaardes…

m ·

Netso Mike. Als wat met BBEE te doen het is maar scary. Daar sal nog baie dakke inval agv hierdie mense………………….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.