Bekende sepie-akteur vas oor onwettige sigarette

Foto: SAPD/Twitter

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het Woensdag gesê ʼn bekende televisie-akteur is in hegtenis geneem in verband met handeldryf met onwettige sigarette.

“ʼn 44-jarige bekende sepie-akteur is Woensdag saam met vier ander verdagtes, tussen 38 en 42 jaar oud, in Limpopo in hegtenis geneem,” het Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die man se naam is nie bekendgemaak nie.

“Beamptes van die Valke het ʼn wenk ontvang oor verdagtes wat onwettig sigarette verkoop by ʼn taxistaanplek in Polokwane (Pietersburg). ʼn Operasie is vroegoggend uitgevoer en die vyf persone is op heterdaad betrap met die sigarette,” het Maluleke bygevoeg.

Die beamptes het beslag gelê op 45 kartonne van Remington Gold-sigarette ter waarde van R12 000 en R9 861 kontant.

“Die verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Polokwane-landdroshof verskyn op aanklag van die oortreding van die Wet op Doeane en Aksyns en onwettige handeldryf met sigarette.”

Foto: SAPD/Twitter

Tax Justice South Africa (TJSA), gestig deur die uitgesproke teenmisdaad-aktivis Yusuf Abramjee, maan die Suid-Afrikaanse regering om die huidige verbod op die verkope van tabakprodukte op te hef. Die verbod is ingestel as deel van die land se regulasies om die verspreiding van Covid-19 te beperk. “Die verbod het absoluut gefaal. Rokers rook nog steeds en misdadigers in sluikhandel word al hoe ryker. Intussen verloor Suid-Afrika daagliks sowat R35 miljoen in belasting. Die verbod het 11 miljoen rokers in kriminele verander en regte boewe het só sterk geword dat dit moontlik onmoontlik gaan wees om hulle te keer.

“Publieke woede word daagliks erger en die spanning wat dit aan rokers veroorsaak raak ondraagbaar. Ek het gehoor hoe ʼn vrou vertel hoe haar bejaarde ma aan onttrekkingsimptome ly en nou ʼn gevaar vir haarself is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Frannie ·

Ek moet erken, die feit dat ek nie sigarette van MY keuse kan koop teen die normale prys, irriteer my grensloos en ja, ek haal dit uit op die mense naaste aan my.

JohanR ·

Lyk my self sepie-akteurs het gesukkel in die tyd? Is die hele land besig met onwettige sigarette smokkel? Verbasend hoeveel “upright, and uprighteous citizens” word nou gevang. Hulle moet nou net ou KopDoek kry by ‘n padblokkade met ‘n Ford Raptor bakkie vol agter met onwettige sigarette ter waarde van R55000. Daar moet ook dagga en perlemoen by wees ter waarde van R1 545 000.

Albert Willem ·

Dit sal goed wees maar dan word verkope can sigarette onmiddellik opgehef en sy word dadelik vrygelaat

Jaco ·

Daar sal weereens niks dan ook met haar gebeur nie. Sy is untouchable, nes haar eks.

Juffrou ·

Ag whatever! Good luck to him! Almal weet wie is die grootste smokkelaar ????????????

Termiet ·

Kon hulle nie liewers die mannekrag gebruik het om regte kriminele toe te sluit nie.

PieterP ·

Nou blerrie toe nou, die valke het ‘n wleste wreedaardige misdadiger vasgetrek. Bla bla bla voertsek

Armand ·

Kan Maroela media asb net die markvewante pryse op die artiekels sit . Ons koop nou Remmington gold teen tussen R450 en R 650 n karton

Riana ·

Wat is die probleem. Minister Nkosi-Zuma dan ander dag gesè illegal trade is goed vir ons Fiskus… bring geld in… nou hoe nou…

Genis ·

Plaas vang hulle die Remmington’s wie die mense op plase vermoor!!!

koos10 ·

Spring daar nou ‘n spul gedagtes in my kop rond. Die hof het laas week duidelik gesê dat die oortreding van inperk regulasies nie krimineel vervolg kan word nie. So die akteur het net onwettige siggarette, waarop nie belasting betaal is nie, maar aangesien die regering nie die belasting soek nie, want dit mag nie verkoop word nie, is daar volgens my geen manier dat die SAPD betrokke kan raak nie. Ek is net werklik verstom dat daar geen verdere inligting oor die saak beskikbaar is nie, veral kopdoek en brigade is doodstil daaroor, en CR is seker te bang om iets te sê.

Persheks Adri ·

Hoekom word die persoon vervolg en nie daai NDZ en haar kinders nie? Wat tel vir ons tel tog vir die regering ook en sy’t miljoene se drank en sigarette in hul besit gehad!!!

Heinrich ·

Hiep hiep hoera, ‘n wrede sigaret verkoper is vasgetrek. Wel gedaan ouens, ek is so bly julle spandeer julle tyd hierop en mors nie tyd op kapingsindikate, dwelmkartelle, mensehandel of plaasmoorde nie. En ja, hierdie drup van sarkasme.

Pappa Beer ·

Kommentaar is eintlik nodeloos. Ondersoek eerder vir kopdoek en kyk bietjie waar sy HAAR omkoopgeld wegsteek.

Persheks Adri ·

Ek stem saam met jou Scalla! Sy verdien net BAIE meer onwettige geld en word STEEDS nie vervolg nie

Denise ·

Dit maak my so kwaad n vriendin se kind is gearresteer omdat hy n pakkie sigarette wou koop op di straat maar nou oorval die verkopers jou met sigarette buite die Spar hulle verpes jou eitlik daarmee hoe is dit regverdig

Johan ·

Dis skokkend hoe verslaafdes aan alkohol en nikotien so tekere gaan . Dinge gaan net erger raak 2021,STOP DIE VROT GEWOONTE VAN ROOK EN ALKOHOL MISBRUIK!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.