Bekende sjef sterf op 59

Gary Rhodes (Foto: Instagram)

Die bekende sjef, Gary Rhodes, wat voorheen op televisieprogramme soos MasterChef, Hell’s Kitchen en Around Britain te sien was, is Dinsdagoggend dood.

Sy familie het in ʼn verklaring gesê hulle betreur sy dood.

“Die Rhodes-familie is baie hartseer om die dood van ons geliefde pa, man en broer, Gary Rhodes, aan te kondig.”

Volgens dié verklaring is Rhodes op Dinsdag, 26 November, in die ouderdom van 59, met sy vrou, Jennie, aan sy sy dood.

“Die familie wil graag vir almal bedank vir hul ondersteuning deur hierdie moeilike tyd.”

Gary Rhodes (Foto: Instagram)

Rhodes was ten tyde van sy dood aan die stuur van twee hotelle in Doebai. Hy het in 1990 ʼn Michelin-ster ontvang en het restaurante soos Rhodes & Co, Rhodes 24 en Rhodes W1 oopgemaak.

Gordon Ramsay het ook ʼn inskrywing op Instagram gemaak om sy medelye oor Rhodes se dood uit te spreek.

“Ons het ʼn fantastiese sjef vandag verloor. Hy was die sjef wat Britse kos bekend gemaak het. Ek stuur al my liefde en gebede na jou vrou en kinders. Jy sal gemis word,” het Ramsay geskryf.

Jamie Oliver het ook na Rhodes verwys as iemand wat ʼn groot inspirasie vir hom was as ʼn jong sjef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anna ·

Ander nuusbronne se hy is onverwags dood aan natuurlike oorsake. Dit klink soos ‘n hartaanval of so iets.

Nettie ·

Met die woorde: “Met sy vrou aan sy sy”, laat my dink dat hy die een of ander soort terminale siekte – soos kanker – kon gehad het, Vlooi.

Magsie ·

Na aanleiding van ander berigte het hy op die dag van sy dood nog gewerk. Moontlik in n stort gegly, geval en n hoofbesering opgedoen, maar die oorsaak van sterfte is nog nie bevestig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.