Bekende sjef tronk toe ná hy SAID uit miljoene bedrieg

Lusizo Mvula Henna

ʼn Bekende sjef is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) uit miljoene rande bedrieg het.

Lusizo Mvula Henna (41), beter bekend as sjef Sizo, is in die handelsmisdaadhof in Palm Ridge op ses aanklagte van bedrog en 14 van geldwassery skuldig bevind. Hy is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis op die bedrogklagte en ses jaar tronkstraf op die aanklagte van geldwassery. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Die hof het bevind dat Henna, eienaar van Blaque Olive Private Chefs, onbehoorlike BTW-terugbetalings van altesaam R5,3 miljoen geëis het, waarvan die SAID R3,1 miljoen aan Henna uitbetaal het.

Volgens Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), was daar egter geen handelsaktiwiteite in Blaque Olive se bankrekeninge wat die eise weerspieël het nie. Die hof het bevind dat hierdie eise uitsluitlik ingedien is om die SAID te bedrieg.

Nadat Henna R3,1 miljoen in sy bankrekening ontvang het, het hy die geld binne 14 dae na die rekeninge van familielede, vriende en kennisse oorgedra.

Adv. Marius Oosthuizen, staatsaanklaer, het aangevoer dat slegs direkte gevangenisstraf gepas sal wees aangesien misdade teen die fiskus ʼn nadelige uitwerking op die regering se vermoë het om dienste te lewer. Hy het bygevoeg dat dit belangrik is vir die regstelsel om ʼn boodskap aan plunderaars van die fiskus te stuur dat hulle hardhandig behandel sal word.

Die NVG het die vonnis verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Griesel ·

Druppel in ‘n emmer. Wat van díe wat miljarde laat verdwyn? Nee, hulle gaan agter die ‘sagte’ teikens aan en wil dan lof hê oor die (kastige) goeie werk wat hulle doen.

Toergids ·

Hy gaan seker nou in die kombuis kan werk, daar gaan my hoofsaaklik pap en kool voorberei

Dries ·

SARS verbaas my. Sodra ek R200 terug eis, wil hulle die wereld se dokumentasie hê.

George ·

As hy die chef was vir parliament was hy nou nog in sy kombuis

honeybee ·

Dries dis waar, dit verbaas my net soos die water en ligte, as jy R10 agterstalig kry jy n brief om dadelik betaal, terwyl ander mijoene agterstallig is.

Leeubekkie ·

Stem 100% saam met alle kommentare.
Dries, ja. Mens wonder nê?

koos ·

Ek is verheug dat hierdie sjef die cANCer se mafia met soveel geld kon verneuk, bravo! Hy gaan in elkgeval nie lank sit nie, dit weet ons mos nou al. Daarna kan hy sy verbode vrugte geniet, die hele R5.3 miljoen hoop ek. Hierdie man is uitgevang, anders was hy miskien deel van die huidige regime se kabinet.

Anel ·

Nou wil ek grasg weet wanneer gaan zuma sy beurt kry!!!! En hy word toegelaat om WEER verkiesbaar te word as president!!!! Het ons land dan geen skadmte of integriteit nie!!!!

JohanR ·

Sjef jy moes by kook gehou het! Ten minste sal die prisoneers nou miskien lekker kos kry as hulle jou in die kombuis sit.

Pieter ·

Wie het sy boeke gekook? Hoekom word daar nie name genoem. Iemand teken die goed af voor dit ingedien word.

Niklaas ·

Ek het gewis ‘n harder tyd met die liewe SARS mense as hierdie ou. Ek word deurgans gevra vir “supporting docs ” en voel soos iemand wat spesial aandag moet kry. Nou is ek darem bly dat die werklike bedrieërs aan die pen gaan ry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.