Bekende skilder vermoor

Walter Meyer. Foto: http://www.waltermeyer.co.za

Die bekende landskapskilder, Walter Meyer, is vermoor.

Lt.kol. Dimakatso Mooi, woordvoerder van die polisie, het Meyer (52) se dood aan Maroela Media bevestig. Mooi het gesê Meyer, wat net buite Upington in die Noord-Kaap woon, is Vrydag na bewering tydens ʼn rusie met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.

Mooi het gesê Sophia Meyer is ná die voorval op aanklag van moord in hegtenis geneem en het Woensdag vlugtig in die hof verskyn. Sophia is Meyer se vrou en die ma van twee van sy kinders.

Die saak is tot môre uitgestel wanneer Sophia na verwagting om borgtog aansoek sal doen.

Meyer was een van die land se bekendste landskapskilders en sy kunswerke is al in New York, Londen en München uitgestal. Hy het in 1989 sy BA-graad in Kuns aan die Universiteit van Pretoria verwerf en het daarna vir langer as drie jaar by die Staatliche Kunstakademie in Düsseldorf studeer.

Meyer het deur sy loopbaan verskeie toekennings en eerbewyse ontvang, onder meer die FNB ”Vita Art Now”-toekenning in 1994.

Brahm van Zyl, ook ʼn bekende skilder en ʼn goeie vriend van Meyer, het aan Maroela Media gesê hy het sowat drie weke gelede die laaste keer met Meyer gepraat. Volgens Van Zyl het Meyer vir ʼn tyd lank nie aktief geskilder of uitgestal nie, maar hy het die afgelope twee maande weer ernstig begin skilder. Hy het bygevoeg dat Meyer ʼn baie sagte hart gehad het.

Maroela Media verneem Meyer het ook twee kinders uit sy eerste huwelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Cherokee ·

En dan noem jy jouself waarlikwaar Hansie Slim..?!
Jy is veronderstel om meer inligting te hê as bloot ‘n kort koerantberig voor jy ‘n opinie kan waag.

Ai ·

Ai sulke dinge is altyd erg. Mense is soms so gestres hierdie tyd van die jaar- geldelike, emosionele probleme…En soms gebeur onvoorsiene dinge, goed waaroor mense amper nie beheer het weens omstandighede. Ek maak geensins verskoning vir wat gebeur het maar hierdie is nie beplan en mens dink maar aan veral die kinders en hoe dit ales hullegaan affekteer.

Besemryer ·

Dit is verskriklik dat ons so maklik tot geweld kan oorgaan. Hy was ‘n vermaarde skilder. RIV en sterkte aan almal in sy familie

Maggie Basson ·

Walter se eerste vrou was Catarina. Sy was n stunning mens

Cherokee ·

Was? Waarom was? As sy stunning was dan is sy steeds so.

Johan. H. ·

Ek se altyd , Man of Vrou , swart of wit, Enige iemand is tot enige iets instaat,,,, maar hoop die waarheid kom uit , daar word baie mans wewaarloos deur vroue en anders om,,,

jaco ·

dis nie polities-korrek vir die SAPD en die howe om die ware moordernaar(s) te soek en te vang nie. Die slagoffer was “dan mos maar net” wit… Dis baie maklik om sommer dadelik sy vrou te verdink.

Pop ·

Cherokee ja, mense is baie vinnig om opinies te gee, maar het nie n idee waaroor dit gegaan het of wat gebeur het nie. En hoe het ons mensdom so haatdraend geword dat almal dadelik die ergste en vreeslikste goed sê. My simpatie aan sy mense, en kinders.

DS ·

Jaco jou kommentaar is regtig belaglik. Moenie ALTYD politiek bysleep nie

AD ·

Dis verskriklik tragies en niemand van ons kan oordeel nie. Niemand weet wat aangaan in ander mense se lewens nie en wat gebeur as die deure toegaan agter die gesin in hul huis nie,
Woede kan baie lelike gevolge he en glo my ek voel jammer vir almal wat betrokke is by die tragedie.

PJC ·

Het netnou die beskuldigde op tv gesien. Ek dink hierdie arme ou se oordeel het hom in die steek gelaat toe hy hom met haar bemoei het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.