Bekende sportfotograaf sterf

Duif du Toit. Foto: @Gallo_Sport / Twitter.

Duif du Toit. Foto: @Gallo_Sport / Twitter.

Huldeblyke stroom in vir die sportfotograaf Duif du Toit wat Donderdag in die ouderdom van 57 dood is ná ʼn kort siekbed.

Du Toit het vermoedelik gesterf het weens orgaanversaking. Gallo Images, vir wie hy gewerk het, het bevestig dat hy ná ʼn baie kort siekbed oorlede is.

Hy het in 2006 by Gallo Images aangesluit en het voorheen vir The Star en Touchline Media gewerk.

Du Toit was ʼn bekroonde krieketfotograaf en was ook gereeld op sy pos langs rugbyvelde regoor die land.

Hy laat sy vrou en seun agter.

Krieket Suid-Afrika, sportminister Fikile Mbalula, Bakkies Botha en die Nasionale Persklub is van die vele mense en organisasies wat huldeblyke op sosiale media aan hom opgedra het.


© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie ·

Baie tragies, beslis een van die land beter en bestes. Duif jou talent sal gemis word. Sterkte aan jou familie. Rus in Vrede ou grootte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.