Die bekende motiveringspreker en skrywer Nikki Bush se man, Simon, is Saterdag in die vroeë oggendure tydens ʼn huisbraak in Douglasdale in die noorde van Johannesburg doodgeskiet.
Arthur Goldstuck, die media-analis en kommentator, het dié nuus op sosiale media bevestig.
“Ek is platgeslaan deur die nuus dat Simon in die vroeë oggendure deur rowers vermoor is. So sinneloos en so tragies. Nikki, my diepste, mees hartlike simpatie met jou en jou gesin. Ek weet dat niks wat ek sê in hierdie tyd troos kan bring nie, maar mag die herinneringe van ʼn goeie man ʼn bron van krag wees in die komende dae,” het hy geskryf.
Nick Dollman, Netcare-woordvoerder, het Saterdag aan Maroela Media bevestig dat nooddiensspanne omstreeks 03:30 na die toneel ontbied is. Dollman het gesê alle pogings om sy lewe te red was onsuksesvol.
Simon laat sy vrou en twee seuns, Ryan en Matthew, agter.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
16 Kommentare
So sinneloos….So hartseer. My hart gaan uit na die familie.
ons alaml is altyd so hartseer maar niemand doen enigiets verder nie , as jy dink jy is nou hartseer wag tot dit iemand naby aan jou is
Die naaste wat hierdie tipe misdadegers aan ‘n mens kom is die spore wat hulle trap. Wens ons kan ‘n manier uitvind om hulle van die aardbol af te vee.
Dit is seker Simon wat heel regs staan op die foto? Ons kan net bid vir al die slagoffers van misdaad in ons land!
Ai en bid en pleit dat die geliefdes van al die slagoffers van misdaad en geweld nie VERBITTER raak want dit is selfvernietigend.