Bekende spreker se man sterf in huisbraak

Van links na regs: Ryan, Matthew, Nikki en Simon (Foto: Facebook)

Die bekende motiveringspreker en skrywer Nikki Bush se man, Simon, is Saterdag in die vroeë oggendure tydens ʼn huisbraak in Douglasdale in die noorde van Johannesburg doodgeskiet.

Arthur Goldstuck, die media-analis en kommentator, het dié nuus op sosiale media bevestig.

“Ek is platgeslaan deur die nuus dat Simon in die vroeë oggendure deur rowers vermoor is. So sinneloos en so tragies. Nikki, my diepste, mees hartlike simpatie met jou en jou gesin. Ek weet dat niks wat ek sê in hierdie tyd troos kan bring nie, maar mag die herinneringe van ʼn goeie man ʼn bron van krag wees in die komende dae,” het hy geskryf.

Nick Dollman, Netcare-woordvoerder, het Saterdag aan Maroela Media bevestig dat nooddiensspanne omstreeks 03:30 na die toneel ontbied is. Dollman het gesê alle pogings om sy lewe te red was onsuksesvol.

Simon laat sy vrou en twee seuns, Ryan en Matthew, agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Dee ·

So sinneloos….So hartseer. My hart gaan uit na die familie.

jan_alleman ·

ons alaml is altyd so hartseer maar niemand doen enigiets verder nie , as jy dink jy is nou hartseer wag tot dit iemand naby aan jou is

Naas Vermaak ·

Wat’s jou punt Jan….of liewer sê vir ons wat JY daaraan doen, dan help ons jou.

dd ·

Jan het n punt beet maar die wat so comment is die wat vir jan sal verraai indien hy opstaan en iets doen. Witeys is hul eie vyand !

LR ·

Die naaste wat hierdie tipe misdadegers aan ‘n mens kom is die spore wat hulle trap. Wens ons kan ‘n manier uitvind om hulle van die aardbol af te vee.

Chrisjan ·

Daar is. Berei jou voor, wag jou kans af en vee. Eenvoudig, dit vat net ‘n kop skuif en selfdissipline.

willie ·

Dit is seker Simon wat heel regs staan op die foto? Ons kan net bid vir al die slagoffers van misdaad in ons land!

Biddende ·

Ai en bid en pleit dat die geliefdes van al die slagoffers van misdaad en geweld nie VERBITTER raak want dit is selfvernietigend.

Sue ·

Alle media berigte laat n huisroof of plaas moord so eenvoudig klink. Ons was in ons huis geroof drie jaar terug en NIKS MAAR NIKS kan daardie angs en vrees en gedagtes beskryf nie. Dank die Vader in die Hemele ons lewens is gespaar. Ek kan my nie die angs en vrees en hulpeloosheid in dink wat hierdie en al die ander slagoffers moet deur maar en die trauma daarna nie. Ek slaap NOU NOG NIE in die nag nie. Dinge is nooit weer “okay” nie. Baie sterkte vir die geliefdes wat agter bly.

Dee ·

jan-alleman, my pa en sy broer is 16 jaar gelede op sy plaas vermoor, my ma het haar dood getreur, Ek weet wat hartseer is.Ek moes leer om te vergewe.

Malan ·

Die nuus dat Nikki se man doodgeskiet is, is absoluut tragies! Sy is n pragtige nederige mens wat al so baie ouers met fantastiese raad bygestaan het oor goeie kinderopvoeding ens. Nou is nog n pragtige gesin deur die geweld van misdaad verniel. Ons gebede en gedagtes is met Nikki en die seuns.

M'Lady ·

Hulle het nie gekom om te roof nie maar om te moor. Dis nou prioriteit. Roof is n bysaak.

Johann Marx ·

Die regering se eerste verpligting teenoor die bevolking is hulle veiligheid. Dit staan in die grondwet. Seksie 184.2(b) van die konstitusie stel dit dat die MRK alles het wat nodig is om mense wie se regte geskend is by te staan met restitusie en kompensasie. Dis tyd om aan te dring dat die regering alle slagoffers van moord se boedels en gesinslede kwyt skeld van enige vorm van belasting aan die staat….omdat hulle hierdie mense gefaal het in hulle grondwetlike plig. As die regering ons boedels wil belas, moet die staat ons aan die lewe hou tot ons op ‘n natuurlike wyse die laaste asem uitblaas. As jy vermoor word, het die staat GEEN aanspraak op boedelbelasting nie….want hulle was nalatig in die nakoming van hulle plig. WAAR is ons konstitusionele experts??????

Engela de Klerk ·

Suid-Afrika raak vir my ‘n scary plek. Niemand weet of dit sy/haar beurt volgende is nie. Nêrens is jy verseker van jou veiligheid en almal simpatiseer maar net môre met die volgende slagoffer se familie. Hoe tragies is dit!

Steve ·

Die enigste manier om die staat tot orde te roep is om belasting te weerhou. Dit sal die goue eiers laat opdroog. Skielik sal die staat die knyp voel. Ons kan dan terme gee hoe die belastinggeld aangewend moet word en nie om Eskom, SAL en mercedes te finansier nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.