Bekende teater sluit sy deure

Die Fugard-teater se deure het Dinsdag permanent gesluit. (Foto: Facebook/The Fugard Theatre)

Die gordyn het Dinsdag finaal gesak vir die Fugard-teater in Kaapstad.

Eric Abraham, vervaardiger en stigter van die teater, het die nuus op die teater se webwerf bekend gemaak.

Die skoknuus kom nadat die teater in Maart verlede jaar sy deure weens die Covid-19-pandemie tydelik gesluit het. Volgens Abraham sal dit finansieel nie haalbaar wees om die teater te heropen nie, ten spyte van regulasies wat onlangs verslap is.

“Ons is nie oortuig dat dit Covid-veilig of finansieel haalbaar gaan wees om te heropen as ʼn teater vir die voorsienbare toekoms nie,” het Abraham gesê.

Die teater sal glo as ʼn werkende teater aan die eienaars van die gebou, die raad van die Distrik Ses-museum, oorhandig word sodat dit gebruik kan word tot die voordeel van die museum en die gemeenskap van Distrik Ses.

“Ek wil ons ongelooflike personeel bedank vir hul harde werk en vir julle, ons beskermhere, vir julle ondersteuning aan die Fugard in die laaste tien jaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Eden

Ek het vir jare in ‘n Afrikaland gewerk. Daar was geen teaters, geen fliekteaters, geen museums ens nie. Geen klassieke musiek or orkeste of vertonings van enige aard nie. Daar was natuurlik heelwat sulke vermaak tydens die koloniale tye. Daar is wel natuurlik ‘n klomp “kunstenaars” wat gewoonlik doef-doef musiek vir die hele buurt gespeel het. Suid-Afrika is maar op hierdie pad. Al wat jou gaan “vermaak” is die “woke” Dstv en Netflix.

Boon

Absoluut tragies

Jaco

Athol Fugard was sy lewe lank teen apartheid, so waarom moet sy besigheid dan ook toemaak? Ek het gedink dat wit besighede wat soveel “ongelykheid” skep, van ondergang gespaar is as hulle wit eienaars darem mooi “struggle credentials” het. Toe nou nie. Maar toe ek al dié liberale wit mense in die struggle jare gewaarsku het dat die ANC hulle net gebruik en hulle eendag gaan wegjaag, is ek omtrent verguis en gekruisig dat ek rassisties en onrealisties is. So hoe dan nou?

Dup

Die eertydse skeppende kunste pas glad nie in by die kwaito,hiphop en doef doef kultuur van die nuwe SA nie.

Onnie

Ek wonder net hoe lank die plek nog instand gehou sal word.