Bekende tuinkenner oorlede

Lyton Johnson Foto: colourfulgroup.co.za

Lyton Johnson Foto: colourfulgroup.co.za

Lynton Johnson, die bekende tuinboukundige, is Vrydag oorlede terwyl hy sy 70ste verjaarsdag gevier het.

Johnson is op 19 Junie 1944 in Durban gebore.

Eckards Garden, die bekende tuinsentrum in Bedfordview, Johannesburg, het op Twitter sy medelye betoon. “Ons dink aan die familie van die bekende tuinkenner Lynton Johnson wat gisteraand gesterf het,” het die gebruiker @EckardsGarden geskryf.

Johnson was ʼn outeur en bekende radiopersoonlikheid. Hy het Saterdagoggende op Talk Radio 702 en 567 Cape Talk die tuinprogram hanteer.

Johnson laat sy vrou en drie kinders agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elizabeth ·

Mens sal hom op Saterdagoggende mis met sy tuinpraatjies en -raad op 702! Sterkte aan die familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.