Bekende TV-akteur sterf

Jamie Bartlett (Foto: Twitter)

Die bekroonde akteur Jamie Bartlett, veral bekend vir sy rol as die televisieskurk Mike O’Reilly in SABC 3 se Isidingo en David Genaro in die e.tv-sepie Rhythm City, is Maandag oorlede.

Hy was 55 jaar oud.

Die oorsaak van Bartlett se dood is nog nie bekend gemaak nie.

Bartlett sal onder televisiekykers onthou word as die man wat met sy ysige blik vrees by menige sepiekarakter ingeboesem het.

“Ek was mal oor hierdie ou in die vroeë 2000’s in Isidingo!” het een aanhanger in reaksie op die nuus van Bartlett se dood op Twitter geskryf. “Rus in vrede, David Genaro. Jy sal altyd onthou word, aka Jamie Bartlett,” lui ’n ander se inskrywing,

Van Bartlett se ander rolle sluit in die rolprent Mandela: Long Walk to Freedom (2013), waar hy teenoor die Britse akteur Idris Elba gespeel het.

Bartlett het tydens sy loopbaan drie gesogte SA Film- en Televisietoekennings ingepalm en was in ’n stadium ’n beoordelaar by SA’s Got Talent.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

koos ·

Ai man, jammer om te hoor. Ek raak nou oud, te veel bekendes word nou gepromoveer, soos die Heïlsleer dit gepas noem.

Lillian ·

Ai, ou Jamie, dis hartseer om te hoor dat jy weg is op so jong ouderdom. Jy was ‘n briljante akteur.
Rus in Vrede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.