Bekende TV- en radio-aanbieder doodgeskiet

Johann Botha. Foto: Reint Dykema

Die televisie- en radio-aanbieder Johann Botha is Woensdagaand tydens ‘n rooftog in Johannesburg doodgeskiet.

Willie Spies, besturende direkteur van Pretoria FM, het aan Maroela Media gesê Botha se agent het sy dood bevestig. “Ons weet nog nie veel van wat gebeur het nie. Al wat ek weet is hy was by die Zebra Inn in Maboneng en hy en die eienaar is tydens ʼn rooftog doodgeskiet. Ons is vanoggend daarvan in kennis gestel,” het Spies gesê.

Botha, ‘n bekende in bewaringskringe en die voormalige uitvoerende regisseur van die natuurprogram 50/50, was sedert die begin van die jaar die aanbieder van Pretoria FM se gewilde Sondagaandprogram Nagmusiek.

Botha was die afgelope tyd ook betrokke by produksies vir M-Net se program Carte Blanche. Hy was ook betrokke by kykNET se Projek Aardwolf en was voorheen‘n programaanbieder op RSG.

“Johann se dood is ‘n reuseverlies vir die land, media en die mense van Suid-Afrika,” het Spies gesê. “Sy dood onderstreep weereens die vlaag van gewelddadige misdaad en rampokkery wat Suid-Afrika tans gevange hou.”

Die polisie het die voorval bevestig en gesê sake van moord en sakeroof word ondersoek. Niemand is al in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Lees ook: 
 Polisie skets prentjie oor Johann Botha se skietdood
Johann Botha: ‘Só sal ons hom onthou’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

106 Kommentare

al ·

Dis tragies!! En dit als oor ñ onbevoegde regering wat al die justisie en polisie departemente lam lê, wat die misdadigers wreedaardig en vol misdaad hul bose dade uitvoer met die wete die oog is op ñ ander bal naamlik staatskaping.

Adel Davel ·

Ek het hom so geniet in al die programme wat hy aangebied het of deel van was. Dit is ‘n baie Groot veel is. Ons innige simpatie aan al sy familie en vriende. RIP.

Ai ·

Sjoe ek het nie geweet wie hy is nie maar my medelye aan sy familie en vriende.

Baie tragies, dis omtrent n verlies.
Rus in vrede. ?

Tobie Schalkwyk ·

Johan het jy soveel informasie saam met mense soos Eric Holm ens. vir ons kykers gebring dat daar n’ groot leemte sal bly. Strekte aan julle almal

Elmarie Boshoff ·

My ou skoolvriend. Ek kan dit nie glo nie. Ek wil net huil.

Landie ·

Wat ‘n pragtige storie vir mnr Zuma om te vertel vir die wereld!!! Wonderlike mense word doodgeskiet vir niks. Dit is so hartseer dat so ‘n goeie mens so onnodig moes sterf.

Stoney ·

Al die SAPS lede is besug om Zuma en al sy vroue te beskerm. Waar moet hulle tyd kry om skurke te jag? Hierdie land laat my dink aan cowboys en struikrowers.

Hennah ·

Wat ‘n skok! My hart breek in stukke vir sy dierbare ouers, sy broers en suster. Mag die liefdevolle genade van die Vader hulle toevou in vertroosting.

Piet Pompies ·

Dit is so jammer, as ek my oë toemaak kan ek nog sy kenmerkende stem hoor. Sterkte aan die familie en vriende.

dirk L ·

Ek ook. Ek het hierdie man regtig bewonder vir sy kennis en bydrae.

Johannes ·

Totale uitwissing en chaos in SA! Moord is nou normaal! Dis ‘n land wat disintegreer! Maar dit was julle keuse…

Sonia ·

Ek wil weet, wat die duiwel gaan nou aan in ons land. Behalwe resessie wat ons slaan word ons mense nou letterlik een na die ander vermoor, en dot is onaanvaarbaar vir my

Gerda ·

Dis verskriklik. Mense moet hulle lewe sommer nou dadelik reg kry met die Here want jy weet nie of jy nou nou nog n kans gaan kry om jou lewe met God reg te maak nie as jy dood is is jou kans verby. Vra vir God vergifnis. Asb mense. Maak jou lewe reg met God. Net jy kan daardie keuse maak. Hel of Hemel

Rupert Ashford ·

Ag nee, het altyd so lekker na hom geluister toe hy “Dis Opera” aangebied het op RSG baie jare gelede – hy het my geleer om klassieke musiek te waardeer. Nog ‘n sinnelose moord danksy die NSA. RIV Johann.

Daan Erasmus ·

Ek was ook ‘n gereelde luisteraar na “Dit is Opera” Die man het dit met passie aangebied. Daar is natuurlik ‘n storie hoekom hy opgehou het om dit aan te bied.

Helene Heyns ·

Ja, hy was n fenominale aanbieder en het n pragtige stem gehad. Ek het “Dis Opera” Sondagaande vir niks gemis nie. Sy kennis van musiek was fantasties. Rus in Vrede. Mag God in hierdie land ingryp en n einde bring aan hierdie gewetenlose mense se dade.

Marlene ·

Ongelooflik hartseer!!!…Sinloos….barbaars!!! Soveel talent weggeruk!!!

AG NEE ·

Onnodig!! Daar verloor ons nog ‘n goeie man soos PG.

Dit vir ‘n appel en ui.

Ouma ·

Hy het nog so baie gehad om te bied vir ons mense oor die radio en TV programme. Dit is ‘n groot verlies. En so onnodig. Sterkte aan al die naasbestaandes en vriende.

Kandas ·

Sy opera kennis was fenominaal. Selfs al het mens nie baie van opera gehou nie, was sy entoesiasme so aanteeklik, dat dit een van my gunsteling programme op RSG geword het. Dan het hy ook Tempo op Maandagaande aangebied wat weer ‘n meer moderne musiek aanslag gehad het. En 50/50 was ‘n wenner onder sy leiding! Sy passie vir bewaring en die omgewing kon enige persoon aanvuur. Ek het gesorg dat ek dit net nooit misloop nie! Voorwaar ‘n baie groot verlies vir SA. Briljante man, skerp brein met ongelooflike insig in belangrike sake. RIP Johan.

Jean ·

En so neem die misdaad net toe. Radio aanbieders, plaasboere, Mej SA, sangers, gewone sakemanne .. Ek vra myself nie vraag af HOEKOM neem dit nou so drasties toe? Het iemand al die antwoord of is dit nie polities korrek nie?

Wilhelm ·

Mens o mens wat is ‘n lewe werd. Die veiligheidsaspek wat gegeld het moet ondersoek word. Weer inside job?

Jean ·

Dit is verskriklik, my innige simpatie aan sy familie en vriende. Lodges en ontspanningsplekke is nou in die visier aangesien dit sagte teikens is. Mense is ontspanne, hulle kuier en gesels en geniet die tyd en dan kom slaan hierdie rowers op hulle toe. Weereens hoekom word hulle vermoor? Dit is lankal nie net meer roof nie.

E.K. ·

Wat a verlies – wonderlike mens gewees. ai, dis erg, oorstromings in Kaap, Knysna brand af, PG oorlede, mens wil somemr net huil…

Rene Kaljee ·

Wat ‘n absolute verlies. Niemand het meer om gegee vir die natuur nie. Hy was ‘n inspirasie vir almal om hom. Dier en mens. ‘n Groot leemte het nou gebeur. Wie gaan verder baklei vir die natuur? Ons is sprakeloos. Innige simpatie aan sy naasbestaandes.

Ander Annie ·

Baie tragies. Innige simpatie aan die familie. Hy was ‘n wonderlike mens met soveel kennis.

Gez ·

So very sorry , RIP.
Sad to say but this is how we all will die in SA.

Piet Pille ·

Redelose moorde op witmense, ja WITMENSE. Uitwissing is die beplanning en elkeen loop met ‘n vuurwapen wat voorheen ingehandig is deur die wapenwet.

Pieter ·

Kollie,
Hulle word slegs geraak deur dade wat hulle die mense pleeg. Ons mense word doelbewus uitgemoor volgens beplanning deur die ‘Skiet die Boer en Bring my masjiengeweer’ argitekte.

Kollie ·

Genade, wat het kleur nou weer met die saak te doen. Hou op wit en swart kyk, almal ly onder die misdaadvlaag.

Catryn ·

Of mens nou bekend of onbekend is en jy sterf so tragies is dit EEN moord teveel ….

ons moet vir ‘n slag ook na ons as volkslede kyk. Wat is ons alternatiewe?

Paraatheid in jou eie huis en omgewing is ‘n begin maar as jy net 10 mense is met 5 honde en alarmsisteme, tot die tande toe gewapen en hulle kom met AK’s en bendes van 3-40 of meer, is die rooi ligte reeds vir ons:

beweeg nader na mekaar toe, die wat eens voel soos om meer te wees, mekaar op alle gebiede beter te kan ondersteun en ook meer veiligheidstelsels in plek te kry en te hou … en so ook selfbeskikking kry. Om landwyd te gaan klein groepies vorm gaan ons nog meer en meer weg beweeg, gaan kyk hoe word selfbeskikking toegeken … internasionale reg is van belang

celia ·

ORANIA is seker die enigste plek is waar geen moorde is nie.

olie ·

ek is so sielsongelukkig vir al die gemors in moordende Suid Afrika, skande, skande, skande, skande. Dit kon net so goed my liefste familie gewees het, want ek kyk TV en luister gereeld radio, my hart is stukkend.

Louwrita van Blerk ·

Tragies, tragies, as jou enigste seun vermoor word en die 2 aanvallers se pa is ‘n gewese Polisiehoof en die vonnis is strafbare manslag en ‘n boete van R10,000 dan rou jy tot op die dag wat jy jou oë sluit as ouer. Jy is bitter oor die onregverdigheid in ons Regstelsel, maar Ons God slaap nie !

Akram ·

Rus in vrede Johann. Ek glo daar is min aanbieders wat die musiek kennis gehad het van hom. Rock tot klassiek. Rave tot opera. die leemtes raak net erger nou.

Gideon ·

Hoe tragies!!! Mense julle moet wakker skrik!! RSG het nou op die 10h00 nuus ook daaroor berig maar net so berig of wat verder word daar ook berig oor Mej SA wat gisteraand beroof en gekaap is waarop die Minister van Polisie Fikele Mbabula sy skok en medelye uitspreek!! Geen woord ooit as boere of enige blanke vermoor word nie!!

Catryn ·

Simpatie en sterkte aan die families – so baie moorde, onnodig,

Rob ·

How and why did we get into the position where we as Whites are economically, politically and security-wise totally emaciated. Were we not promised “Prosperity, Peace and Freedom” by FW de Klerk and the NP cohorts in 1994? They could of course not promise anything, yet most Whites supported this transition into hell. What we now experience is indeed De Klerk’s and the NP’s legacy.

Ai ·

Rob, at this rate it seems we are like lambs for the slaughter. It’s by God’s grace that we have a peaceful night of rest and wake up in the morning, unharmed.

I weep for our people almost every day. I do however think this started before De Klerk. He was just the final puppet. Because all of this us way before my time I read an interesting book about “Die Broederbond”. De Klerk was one of many responsible for the mess and they were putting this plan in place long before he was elected.

Maybe I’m wrong but it makes sense if you look back.

Ai ·

Rob, if you can read Afrikaans download the book “Volksverraad” by Adv. P.J Pretorius and you’ll see exactly how we got to this point, why and who was responsible.

You can download it in PDF

Thank you Rob ·

Thank you Rob, as Afrikaner I have to agree with you 100%. This is the truth and nothing but the truth!

Hennie ·

Rob, die mense wat vir daardie nonsens gestem het van 1983 af is mos nou almal al dood. FW het almal ‘n rat voor die oë gedraai, maar hy was nie alleen nie. Die laaste van die Nasionale party (PW, FW, Pik – hulle almal is omgekoop) was almal deel van die komplot. Niemand wou luister nie en nou sit ons met die gemors!!!!!!

broos ·

die enigste manier om hierdie sinnelose moorde te stop is om die DOODSTRAF terug te bring!!!!

Frans C ·

Die doodstraf skrik nie misdadigers af nie,want in die ou Suid Afrika is dit gedoen in die geheim.
Daar was gewoonlik ‘n klein weggesteekte beriggie in ‘n koerant.

Dit is waarom terroriste en diktature dit in die openbaar doen, want die booskap is duidelik.
‘Dit is jou voorland’ as jy nie jou optrede verander nie of nie beg in saamstem met ons optrede.

Rob ·

Hi Handre – No he is not Pik Both’a son. I know the father of Johann Botha – Hansie Botha.

Bernice ·

Johann is die seun van Professor Hansie Botha en sy vrou, Mollie. Nie Pik Botha se seun nie. RIV Johann.

EJ. Scott ·

So n pragtige talentvolle mens!! Here wees ons ou volkie genadig!!

Elsa Smit ·

RIV Johan. So onnodig en hartseer. Sterkte aan die naasbestaandes en ook aan die winkeleienaar se naasbestaandes.

Liz van der Merwe ·

Ongelukkig is dit nog steeds in Suid Afrika…..so geen waarborge nie.

Afrikaanse Knaap ·

Misdadigers in SA het geen respek vir mens se eiendom, waardigheid en lewe nie. Ek verstaan nie hoekom ‘n menseregte toegeken word as jy nie ander se regte respekteer nie.
En die politici wat ons hierdie twak verkoop, loop met hulle 30 hoogs betaalde wagte aan hulle sy rond. So by implikasie koop hulle nie eers die leuen wat hulle verkoop nie.
Ons kort ‘n nuwe regering.

Dirk01 ·

Die ANC regering is seker een van die swakste bloed bevlekte korrupte regerings in mense heugenis

Darius Els ·

En wat se FW?Steeds doodstil.
Wat se die DA ,wat mense vir snertpraatjies skors?
Politici is ALMAL oppertioniste.
Met n DA aanbewind ,gaan ons net so sleg af wees.
EFF is ok maar net n cANCer verlengstuk.
Selfde waardes en norme.
DIE VRAAG BLY ,WEEREENS, WAAR IS FW MET SY KASSIE ROOIWYN VIR UITVOER EN NOG N RUGBY TOETS WAT ONS KAN VERLOOR.

AndreL ·

Die DA is besig met Zille. Die wat nie besig is met haar nie deursoek die media vir uitlatings deur wittes wat hulle as rassisties kan merk en dan diesulkes aankla by hulle MRK

Zuani ·

Kriminele word gekweek in SA en onskuldige mense verloor hul lewe deur die werking van die bose, Baie sterkte aan die familie en vriende ons gaan Johann mis.

Annelie Brooks ·

Ons innige merelye aan sy familie, kennisse en kollegas. Ons sal hom en sy rustige stem mis.

Donovan Erasmus ·

Dis so n jammerte. Het altyd 50/50 gekyk met hom en hoe goed hy was vir die natuur. Dis hoekom ek daai land gevlug het. Ek lewe eerder as n uitlander as wat ek iemand moet begrawe deur daai land se geweld. RIV. Jy was altyd welkom in ons huis met jou stories en aanbieding.

Rob ·

He also presented “Tiener Tempo” and “Dis Opera” on RSG

alida ·

Ag hemel tog wat ‘n verlies. Mens het hom bewonder vir sy natuur en musiek kennis. Dit is ‘n absolute tragedie en geweldige verlies. Hoop ons nuwe minister van Polisie besoek persoonlik sy naasbestaandes. Hy was meer bekend onder kykers en luisteraars as Mej SA. Daar mag geen uitsonderings wees nie. My hart is bitterlik seer hieroor.

Paul ·

Hoekom op aarde sou enigiemand ‘n besoek van die minister van polisie wil hê?

Lou ·

En dit help nie ons hardloop Den Haag toe nie. Europa voel ‘n veer vir wat hier gebeur…..

Alma Maree ·

My 2 kinders is Saterdag is Saterdag deur gewapende rowers beroof van n nuwe voertuig huis sleutels kaarte leeg getrek ontvoer en in die veld afgelaai. Hoeveel nog.?
Wat gebeur? Niks! Die goeie mense verloor en die skelm mense wen.
Liewe Vader! Gryp asb In.!!!!

Bert ·

Op universiteit het iemand vir my ‘n boekie gegee met die titel ‘Noodlottige Hervorming’ deur Andries Treurnicht. Ek het my pap gelag vir die ou ‘dinosaurus’ se waarskuwings.

Ek lag nie nie meer nie. Wat het ons besiel? En hoe kom mens uit hierdie gemors? Die Afrikaner wat ons hieruit gaan lei sal ons grootste staatsman of vrou ooit wees.

Die ou bedeling was onvolhoubaar maar die nuwe bedeling net so. Ons kort ‘n nuwe projek wat ‘n stuk grond insluit. Wanneer kom die establishment by en begin so iets ondersteun?

Hennie ·

Bert, die ou bedeling sou gewerk het. Maar toe word Verwoerd mos vermoor omdat hy nie omkoopbaar was nie. Die regering van daar af was almal omgekoop, lamsakke en nie ‘n Afrikaner se dinges werd nie. Maar nou ja, niemand wou mos toe al vir ons geluister het nie. Ons het ons lam gepraat , alles verniet. Nou moet ons die vrugte pluk en sien kom klaar. Ek hoop julle sien nou dat die DA net presies dieselfde as die EFF of die ANC is. Ons kort KONSERWATIEWE EN GELOWIGE LEIERS!!!!!

Petrus Potgieter ·

Beste Bert

Jou pynlike eerlikheid is bewonderenswaardig, maar ék het tot my eie afgryslike skok agtergekom dat, soos wat Jan Smuts die 19de eeu as “Een Eeuw van Onrecht” vir die Boerevolk benoem het, was die 20ste eeu die einste Boerevolk se “Eeu van Bedrog, Misleiding, Wanvoorstelling en Swendelary”.

Die Britse establishment het saam met hul Cape Dutch meelopers – waaronder Louis Botha, JBM Hertzog en Jan Smuts – besluit “…to wipe the Boerevolk off the face of the earth…”

Dié proses, wat al vóór die Anglo-Boereoorlog ‘n aanvang geneem het, is ná die ABO met net soveel fanatisme voortgesit met die skepping van die kunsmatige “Afirkanervolk” – ‘n insig wat soos ‘n rooiwarm dolk my eie Afrikanerhart deurboor en gebreek het, maar wat ek na navorsing daaroor nie meer kan vermy of ontken nie en voordat ons dit nie erken nie, kan ons nie hoop om vooruit te gaan nie.

Ek verskil dus van jou wanneer jy skryf “Wanneer kom die {Afrikaner} establishment by en begin so iets ondersteun?”
Die vraag is eerder: “Wanneer kom die gewone Afrikaners by en besef dat hulle al minstens ‘n eeu lank “bedrieg, mislei, wanvoorgestel en geswendel” is en keer terug na dít wat hulle werklik is, te wete Boere.

Selfs my oorlede oupa wat in 1890 gebore is en in 1953 oorlede is, was onbewus van hierdie “BMWS”, soos, trouens ALLE “Afrikaners” wat nog nie volwasse was aan die einde van die ABO en die insig en kennis gehad het nie…

Chris ·

Die realiteit is ons (slagoffers) moet soos die krimineel/skurk/lieplapper begin dink. Tree pro-aktief op. Ek is baie keer skuldig daaraan dat ek vir ‘n paar oomblikke my paraatheid laat sak. Die dae van groet en vriendelik wees met ander mense is verby. Bejeen almal met agterdog. Dit is byna ondenkbaar om so te leef, maar dit is die harde werklikheid waarmee ons maar verlief sal moet neem. Beskou elke vreemde persoon as potensiële struikrower/verkragter /moordenaar. Dit druis teen my menswees in, maar oorlewing is prioriteit.

Charlie ·

Net nog n dag in die anc se hande en more het almal vergeet en dan moor die anc se voters maar weer

Anne coetzer ·

RIV JOHAN. nog n statistiek. Dood aan natuurlike oorsake. Dis wat die moorde vandag is. Natuurlike oorsake

prinsessie ·

Zuma is dalk nou alles … maar voor die regsterstoel van God sal hy pa staan vir alles ! En jammer vir hom, daar kan hy nie lieg en bedrieg nie, en die Guptas gaan ook nie daar wees om hom te beskerm nie !! Dit is al troos wat ons nou het. God slaap nie ….

prinsessie ·

Zuma is dalk nou alles … maar voor die regsterstoel van God sal hy pa staan vir alles !! En jammer vir hom, daar kan hy nie lieg en bedrieg nie, en die Guptas gaan ook nie daar wees om hom te beskerm nie !! Dit is al troos wat ons nou het. God slaap nie ….

* ·

Ek wil weet of hooggeplaaste regeringsamptenare nou ook gaan besoek aflê by sy geliefdes, hul help met begrafniskostes en ‘n spesiale taakspan gaan aanstel om die misdadigers binne 24 uur vas te trek soos grootliks die geval as die “celebrity”-slagoffer nie ‘n blanke persoon is nie…

Ek ken eintlik ongelukkig reeds die antwoord… (sug)

alida ·

MENS KAN NET OOR HIERDIE BERIG KOM NIE. DIT IS TRAGIES DAT SOVEEL TALENT EN AANWINS VIR ONS LAND SO MOES GAAN. SINNELOOS!!!! JACOB ZUMA EN KIE WEET NIE EERS WIE DIE MAN WAS NIE DUS HOEKOM SAL HULLE IETS AAN DIE MISDAAD DOEN. DIT GELD NIE NET VIR JOHANN NIE MAAR VIR AL DIE DUISENDE ONSKULDIGE MENSE WAT DAAGLIKS DOODGESKIET WORD. WAAR KRY HULLE DIE WAPENS WANT EK LAAT NIE VIR MY VERTEL DIE WAPENS WAT ONS MOES INHANDIG IS VERNIETIG NIE. BOG !!!

catryn ·

Beweeg nader aan mekaar … ons volkslede wat streef na ‘n eie gebied – doen dit .. moenie wag tot hulle ook gebied afbrand soos Coligny nie, inteendeel…. ons het ‘n internasionale reg daartoe, maar ons kan dit nie verkry so wyd versprei nie, daar is reeds groot dele, honderde duisende gekonsentreerd en saam kan ons beslis meer bereik as enkel besighede wat teen AKs moet baklei nie… Selfbeskikking : Volkstaatraad 1994 het dit uitgewys, ons het ‘n reg daartoe … regering hoef dit nie goed te keur nie …

Marisa ·

50/50 was een van my gunsteling TV-programme destyds. Johann Botha was soos ‘n ‘huisvriend’. So jammer dat hy op so ‘n manier aan sy einde moes kom. RIV

Marita du Plesses ·

My diepe simpatie met Johann se familie en vriende. Mag julle berusting vind.

Wilma Niehaus ·

Wat ‘n skok vir ons! My hart is so seer… Ons innigste meegevoel aan sy gesin/familie. Ons bid julle sterkte toe in hierdie moeilike tyd. Mag ons Vertrooster julle styf toevou in Sy liefdevolle arms. Bid vir julle.

heksie ·

BRING TERUG DIE DOODSTRAF!!!!! ALMAL HET NIE HONDERDE WAGTE WAT HUL DAG EN NAG BESKERM NIE…….MAAR JA, DIE LAND IN SY MAAI DANKSY ONS REGERING.

Marelize N ·

Dis ‘n groot verlies. Ek onthou toe hy op RSG die tiener program aangebied het op maandae aande. Dit was in die 90’s. Die dag wat ek hom op 50/50 gesien het, en besef het dat dit dieselfe persoon was, was ek baie geskok. Hy was voorwaar baie talentvol en passie vol. Baie sterkte aan sy familie.

Pierre Schnehage ·

Ek het op ‘n stadium saam met Johan by die SAUK in Pretoria gewerk. Unieke mens. ‘n Groot verlies. Deernis vir sy mense.

Johann ·

Dit sal die lot van elke blanke in hierdie pragtige land met sy korrupte regering wees.

Chris ·

Maroela Media daar is n kwessie wat my grensloos irreteer naamlik n boodskap wat bly opkom op my skerm wat sê “Ons het die regsklik funksie afgeskakel om ons inhoud te beskerm”. Mag ek weet wat dit is en hoe om van dit ontslae te raak. Dankie.

Landi Slatter ·

Dagsê Chris

Baie dankie vir jou kommentaar. Indien jy Maroela Media op ‘n rekenaar besoek sal die boodskap uiteraard net verskyn wanneer jy die regterkanste-knoppie op jou rekenaarmuis druk. Dit sal ook verskyn wanneer jy die skakel in ‘n nuwe venster probeer oopmaak. Indien jy Maroela Media met jou selfoon besoek, maak gerus seker dat jou vinger nie te lank op een plek op die skerm is nie. Dit genereer dikwels ‘n regsklik kieslys wat dan ook die verskyning van die boodskap tot gevolg sal hê. Ons hoop dit klaar enige verwarring op.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Ken ·

Ek lees toevallig gisteraand van die destydse Brixton Moord en Roof eenheid en hoe hulle vroeer jare misdaad beveg het….. Bitter jammer ons het nie meer so eenheid in plek nie……. Die kriminele was actually benoud daai tyd…..

Chris ·

Landi dankie vir die antwoord. Ek sal biekie kyk wat ek doen om dit reg te stel.

Skatymir ·

Wat ‘n verlies vir SA. Jammer vir die familie. Hy was ‘n groot man en nie bang om korupsie te ontbloot nie. Is daar miskien meer agter sy dood?

Elisabeth Kruger ·

Ek is verstom dat een persoon se se reg om te lewe en die persoon wat die moord pleeg en die doodstraf nie meer van toepassing is nie, nie dieselfde is nie??? Wie het Johan se reg om te lewe geneem?????

Renier ·

Ek weet dis nie rede genoeg om iemand daarvoor dood te maak nie maar Jeppestown, Troyeville, Maboneng, Marshalltown en Hillbrow is nie die beste areas van Johannesburg om jouself te bevind nie en dis waar die Zebra Inn sit. Maar soos ek sê dis nie rede genoeg om hom dood te maak daarvoor nie.

Gideon ·

Nog ‘n sinnelose, gek en barbaarse daad. Baie jammer vir Johann en sy naasbestaandes. Mag julle vrede en berusting kry.

Frank ·

Ek en my vrou was die 8st maart 2014 ook in Johannesburg tydens n huis roof geskiet en baie naby die dood omgedraai en is nou verlam. Wanneer gaan iemand iets begin doen?of moet ons self?

Annegret ·

Ons Afrikaners wat oorsee bly word daagliks geskok deur die hoeveelheid moorde in SA ??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.