Bekende TV-persoonlikheid in SA beroof

Katie Price. Foto: Instagram/@officialkatieprice

Die bekende internasionale model en televisiepersoonlikheid Katie Price (39) was deel van ʼn groep toeriste wat vandeesweek naby Chrissiesmeer in Mpumalanga beroof is.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep toeriste was Donderdagaand op die N17 op pad na Swaziland toe die voorval gebeur het. Volgens Hlathi het twee kinders wat deel van die groep was glo gevra om hulself te verlig en het die groep toe langs die pad stilgehou.

Drie rowers het op hulle toegeslaan en die groep van hul persoonlike besittings beroof. “Een van die mans in die groep het hom glo teëgesit en hy het tydens die rooftog ʼn besering aan sy gesig opgedoen,” het Hlathi gesê. Die rowers het daarna op die vlug geslaan. Hlathi het gesê die boosdoeners was nie gewapen nie.

Op ʼn vraag of Price en haar kinders deel van die toergroep was, het Hlathi gesê geen van die slagoffers se name sal bekendgemaak word nie.

Talle internasionale media het Price egter as een van die slagoffers geïdentifiseer.

Katie Price. Foto: Facebook via @katieprice

“Me. Price het aan vriende gesê dat sy vir die lewens van haar twee kinders, Princess (10) en Junior (12), gevrees het,” het Daily Mail berig. “Katie het aan ʼn vriend gesê: ‘Ons is gelukkig om te lewe. Dit kon baie erger gewees het,’” berig The Sun. The Mirror berig Price was “vreesbevange” tydens die rooftog en is baie getraumatiseerd deur die voorval.

Volgens mediaberigte was Price en haar twee kinders saam met ʼn filmspan na Swaziland op pad.

Price, ook bekend as Jordan in die vermaakwêreld, het bekendheid verwerf as ʼn model wat tydens haar loopbaan in talle bekende tydskrifte soos FHM, Maxim en Vogue verskyn het. Sy het in die televisiedramas Dream Team en Footballers’ Wives verskyn, asook die 15de seisoen van Celebrity Big Brother, sy het twee outobiografieë geskryf en het ook in 2010 ʼn enkelsnit uitgebring. Sy het ook die televisieprogram, Katie & Peter: Unleashed, aangebied.

Hlathi het gesê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. ʼn Saak van roof word ondersoek. Enigiemand met meer inligting word versoek om kapt. Sipho Nkosi by 082 565 7322 of Stop Misdaad by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Ja ne ·

Welkom by SA!, net omdat jy beroemd is word dit in media gesit. Dit gebeur elke minuut met ons hier

Selfbeskikking ·

Die wereld raak almeer bewus wat hier aangaan en ons sal groot globale steun kry in ons onderhandelinge vir selfbeskikking. Die misdaad word aangevuur deur die regering wat ons volle reg gee om ons eie lamd oor te onderhandel en gou ook. Daars geen ander opsie meer oor nie.

selfbeskouing ·

ai ou selfbejammering jy en jou volkstaat sal my ook n pitstop langs mp se paaie wat duidelik sê ,HIGHJACKING HOTSPOT, laat maak. vat n nat lottokaartjie asb.

Jordaan ·

Ten minste maak dit die nuus. Die talle Suid-Afrikaners wat daagliks onder sulke voorvalle ly haal nie eers die media nie. Miskien sal die wêreld besef wat hier aan die gang is.

Hennie ·

Ja nee welcome to our wonderfull South Africa!!! Volgens ons parlaments lede gebeur niks van die soort gevalle in ons land nie!!! Well daar het julle dit nou. As jy hier langs die pad stop klim jy uit jou voertuig met jou wapen reg om te skiet en as beweeg dan skiet jy klaar!!!

CHRISTA ·

Ons ministers het mos almal lyfwagte!! Daarom sal hulle nie van hierdie daaglikse aanvalle op ons burgers “weet” nie!!! (Wonder net hoekom het Zuma dan nodig gehad om ‘n kwart miljard rand aan sy privaat woning te spandeer vir sy “veiligheid”?) HEHEHE!!!

Raad ·

Hou nooit stil in ‘n leegte (laagte), bosgebied of hoë gras. Snaaks hoe hierdie ‘slagysters’ oral te vinde is? Ry maar met jou vuurwapen wat natuurlik hier moeilik was want hulle was op pad na ‘n ander land. Mag sy ook nou ‘n kampvegter word vir die onreg hier ter plaatse.

RN ·

Gaan vertel jou president wat gaan in SA aan. O, en hier word niemand ontsien nie. Dit gaan oor jou velkleur hier, nie oor hoe beroemd jy is nie.

Jon ·

Sy het nie ‘n president nie. Sy is mos van Engeland, waar ‘n koningin die staatshoof is.

Duitser ·

En hoekom is die misdaad so n florerende besigheid in SA ,wie doen nie hulle werk nie?

Oom Kalahari ·

‘n vorige berig in ander nuus het genoem van 11 buitelanders wat “Aangerand & Beroof” is van al hul besittings. Hier word genoem van net: ‘n saak van roof word ondersoek en wat van die aanranding met doel om ernstig te beseer as jy na die foto’s van die besoeker se gesig kyk. Hoevele buitelandse besoekers is nie die afgelope vyf jaar al aangerand en beroof in SA nie. Gaan maak die dinge bekend in jul lande wat hier aangaan. Weereens werk dit na werkskepping waar ekstra swart persone as sekuriteit weer gaan ontplooi word om toeriste te vergesel op hul reise en dan gebeur die inside gevalle weer. Werskepping onder die ANC sambreel vorder mooi met verskanste agendas.

Lolla ·

……”Sh…hole”……. Gaan vertel jou President sodat hy dit asb net weer kan se?!

HPV ·

Nou kan die mense terugaan en bevestig Lindiwe Sisulu weet nie wat in haar eie land aangaan, of het sommer net gelieg.

Veronica ·

Nog n swart merkie agter SA se naam! Maar wie gee nou om? Ons konsentreer mos nou net op land onteiening! Die res is bysake. Welkom in SA!!

marous ·

Bassuin dit uit Me Price. En nee , dis nie verkeerde tyd op verkeerde plek nie , dis hoe dit gaan in die nuwe SA elke dag!

Koos ·

Glo my, Katie Price was al met groter vuiluile getroud as die deugniete wat hulle beroof het. Niemand in Engeland neem haar meer ernstig op nie.

Hanna ·

En die hofnar Lindiwe Sisulu reken niemand in hierdie “demokratiese” land van ons het rede om vir hul lewens te vrees nie. I rest my case…

Soekie ·

Dis goeie publisiteit vir die skitterende reënboog nuwe SA wat die buiteland so trots oor is. Miskien sal hul oë oopgaan oor die nagmerrie wat ons elke dag hier moet deurmaak. Daar is nog baie liberale wat welkom is om die les te kom leer.

Anoniem ·

Oe la la, madam Lindiwe Sisulu… Kyk wat gebeur wanneer jy die wêreld met jou leuens wil mislei. En só sal die waarheid ontbloot word! Baie jammer om van die dame se nare ondervinding te verneem maar dit is ONS realiteit, so sal die wêreld maar moet kennis neem!

Wolf ·

En die is maar die toppie van die ysberg Sisulu. Ek hoop jy en ander “Nuwe Demokrate” verloor julle joppies volgende jaar. Miskien as jy nie omring is deur “Body Gaurds” nie sal jy ook jouself doodskrik.

Valerie ·

She paid the Price for being nice…in South Africa. Of so ietsie.

JoeV ·

Wonderlike nuus, nou kan ons paar ambasideurs kry in die buiteland. Die optrede is net vir die ANC aanvaarbaar, die res van die wereld frons as hulle so iets oorkom.
Bly hulle is nie beseer nie.

JD ·

Welcome to SA!
Ja nee jong – SA is nie vir grand chicks nie. ?
SA is vir die rough and tough met oop oe en ore rondom jou kop! ?
SA is nie vir sussies nie!!
?

Aggenee! ·

Indien Katie Price in die buiteland oor SA se ware omstandighede berig, sou sy ook geëtiketteer word as ‘n “right wing extremist who ignores the true history of the underpriveledged – those who suffered under apartheid!” Kyk self hoe word buitelandse joernaliste uitgekryt vir hul “regse oriëntasies” – net omdat dit durf waag om oor SA plaasmoorde te berig.

Alwyna ·

Welkom in ons land waar roof, moord en verkragting hoogty vier…en niks aan gedoen word nie.
Jammer hulle is getraumatiseer maar nou weet hulle waaraan ons daagliks blootgestel word. Groot terugslag vir toerisme want hulle gaan verseker nie stilbly hieroor nie!!!

Andre Traut ·

Ja poppie jy en duisende ander. Vat n nommer en staan in die ry

ChrisE ·

Wat ‘n foutjie het die struikrowers nie gemaak nie. Hulle het seker gedink sy is Mr Price se vrou toe is sy maar net Katie van die baan. Sorrie vir jou antie, dit is nie mooi wat met julle gebeur het nie, maar “so it goes in Souf Efrica”. Het daar nie ‘n dame tydends die Soweto onluste geskree, “I am British ” toe hulle haar aangeval het nie.

Nicoline ·

Dalk oppad Swaziland toe,om ‘arme’ swartes te besoek en hulp te verleen…geldelik?Ek wonder maar net hieroor…sé nie dit IS so nie.Dink altyd d plek wat prins Harry graag besoek is ook Swasiland.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.