Bekende wewer, vriendin by Alicedale aangeval

Jan Paul Barnard. (Foto: Facebook)

Die bekende sybokhaarverwerker Jan Paul Barnard en sy vriendin, Ricca Turgel, is ernstig beseer nadat hulle gisteraand wreed in hulle huis op Alicedale in die Oos-Kaap aangeval is.

Katrina Nel, Barnard se dogter, het op Facebook gesê twee rowers het hulle oorval en vuurwapens en selfone geëis.

“Die wreedheid van die aanval op twee ouer persone is uiters skokkend en baie traumaties. My pa en Ricca is oor die kop geslaan en my pa het ernstig seergekry.”

Barnard se hand is onder meer gebreek en moet geopereer word, maar omdat hy vroeër ʼn operasie vir ʼn pasaangeër ondergaan het, sal die operasie aan sy hand nou eers later gedoen kan word, het Nel gesê.

“Die trauma en wreedheid is ysingwekkend.

“Ons is dankbaar dat hulle gespaar is en steeds leef. Ons is ook uiters dankbaar vir die gemeenskap wat hulle kort na die aanval bygestaan het,” het sy gesê.

Kapt. Khaya Tonjeni, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, het gesê die twee rowers het die huis geplunder en ʼn kluis oopgekry waaruit hulle ʼn onbekende bedrag geld gesteel het.

Tonjeni het gesê die rowers se gesigte was bedek en hulle het handskoene gedra. Hulle was met vuurwapens gewapen, maar geen skote is geskiet nie.

Ricca Turgel. (Foto: Facebook)

Die twee aanvallers is nog soek, het Tonjeni gesê.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, polisiekommissaris in die Oos-Kaap, het die aanval veroordeel en ondersoekers beveel om alles moontlik te doen om die aanvallers op te spoor.

“Ek wens die paartjie ʼn spoedige herstel toe. Senior burgers is veronderstel om hulle aftrede en dit waarvoor hulle jare lank gewerk het, te geniet, nie om aangeval en van hulle swaarverdiende geld beroof te word nie,” het Ntshinga gesê.

“My opdrag aan die speurders is duidelik: volg alle leidrade op en verseker dat diegene verantwoordelik vir hierdie wrede aanval voor stok gekry word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Ria Maritz ·

Die wreedhede hou aan en aan! Ons bejaardes is sagte teikens. Hierdie ongiere kreature moet van die aardbol af verwyder word. My sorgvrye dae was gedurende Apartheidheidsjare. Ek is eintlik dankbaar my Grootmoeder en Moeder is reeds oorlede. Hulle is die wreedheid gespaar.

stella ·

Tragies! Ek is ook dankbaar dat my liewe (groot)ouers so ñ wreedheid gespaar is. Jul almal is elke dag in my gebede. Sterkte! ????

Cherokee ·

Ò v(l)ok ADT..!
Al wat positief en werklik verrassend is aan die insident, is Lt.gnl. Liziwe Ntshinga se verrassend netjiese kommentaar in opvolg. Dit neig te klink na nie slegs woorde nie maar bedoeld soos gesê. Hy klink soos ‘n polisieman behoort te klink. (wed jou vir ‘n 6-pack hy is nie eff nie!)

Domvraag ·

Waar is almal wat hierdie etopia voorgehou het soos wigte en teenwigte. Vandag swyg hulle soos die graf. Hulle wat ons in hierdie gemors laat beland het.

Joe Olivier ·

Nee domvraag hulle swyg nie. Hulle beweer steeds dat FW en sy bende ons van n oorlog gered het. Ek wonder net wat noem hulle dit wat huidig aan die gebeur is.

Laetitia ·

Die aanval word veroordeel. Dit is die laaste wat jy gaan hoor. Volgende jaar hierdie tyd sal daar nog steeds geen arrestasie wees nie.

Alida ·

Ja ek weet nie of die vorige bedeling besef het dat jy nie met kriminele en moordenaars kan saambly of leef nie.

Al ·

Wie voorsien die wapens aan die kriminele?
Hoeveel vuurwapens wat tydens plaasaanvalle gebruik word, is in watter ander misdade ook gebruik?

schaun ·

Ek kan net dink wat die werklike getalle is van mense wat so oorval word en wreed vermink en gedood word en wat nie die media haal nie.

Koos de Meyer. ·

As jy hulle net kan vang, ‘n oog vir ‘n oog want so kan dit nie aangaan nie. Die klomp wat ons land verkoop het swyg soos die graf.

Geeda ·

So jammer oor gebeure op plase daar is ook goeie stories waar Polisie hard aan die werk is danksy goeie inteligensie opvolging 2 dae gelede is n beplande plaasaaval gefnuik naby Fouriesburg. 5 inhegtenis geneem. Kom ons glo en vertrou dat geregtigheid sal seevier. Sterkte aan beseerdes

Henry McDonald ·

Twee van die gearresteeerdes is polisiebeamptes….wat sê dit?

Pensioenaris ·

Ek het ondervinding van familie wat so plaasaanval oorleef het. Glo my daardie mense se lewens is totaal verwoes en hulle sal nooit weer dieselfde mense wees nie. Daar is ook tot op datum niemand gearresteer nie – dink die polisie is deesdae hopeloos onbevoeg on hulle werk te doen – behalwe vir ‘n paar uitsonderings waar hulle werk nog vir hulle ‘n roeping is….

humor ·

Ja ek het nie met alles saamgestem nie maar Eugene T het hierdie toestand van vergadering tot vergadering duidelik voorspel. Die blinde simpatiseerders van FW het self so ver gegaan om n F W de Klerk stigting te stig. Wonder wat broei daar want hul is ook erg geslote.

PJC ·

Ten spyte van al hierdie aanvalle is daar nog steeds mense wat ons wil wys maak dat alles in die land baie rooskleurig is. Ek weet nie wat hul motivering hiervoor is nie want ek dink nie dit is van onnoselheid nie.

JD ·

En so kyk die res van die wereld weg van ons probleme en stop die spul hier eerder hulle bakhande vol om hulle hier te hou voor hulle na hulle toe wil gaan.

humor ·

Dit is wel van pure onnoselheid, want hul besef nie die proses van kommunistiese oorname nie.Soos n reuse luislang trek die greep al vaster. Die staat is besig om algaande alle ekonomiese pilare onder hul mag in te hark. Soos die landbou, grondonteiening sV. Die Mynwese, Reserwebank, Eskom, SAL, Pesioenene, Gesondheidsdienste en selfs Godsdienste ,Belasting ens. Selfs jy as indiwidu beland ook in hierdie knelgreep en die staat bepaal die taal van onderrig jou Taal in jou werksplek, en hy bepaal of jy plek in die rugbyspan gaan kry of nie. Of jy aan die Olimpiesespele sal deelneem of nie. Hierdie mense besef nie dat hul een of andertyd ook slagoffer van kommunisme gaan word nie en soos n uitgesuigde lemoen weggegooi gaan word nie.

Anoniem ·

Al wat ek kan se ons beweeg in die eindtyd in!!!! Mag GOD hulle genadig wees so seker sal elke knue buig en elke tong bely aan die regter stoel van ONS VADER!!!!!

Gerrie Minnaar ·

Hierdie aanvalle is polities en word gedryf deur opsweping deur Malema en die Blf. Ek is gatvol hiervoor.
CYRIL ONS VERSOEK JOU OM HIERDIE MENSE TE BESOEK EN EERSTEHANDS TE SIEN WAT AAN DIE BOERE GEDOEN WORD.

Jeremia ·

Mense wat positiewe bydraes maak, en in hierdie geval landswyd bekend is vir pragtige weefwerk, word beseer en vermoor.
Die gevolge is verreikend. Mense wat vir sakemense en boere werk wat deurgeloop het, verloor noodwendig in bepaalde gevalle hulle werk. Dit knou die powere ekonomie verder.
Hierdie rondgaande bendes word klaarblyklik tog wel betaal soos al meermale deur kommentaarleweraars aangevoer is.
Hulle betaal definitief nie ook aan die staat belasting vir hul dienste gelewer nie.
Van boere en ander sakemense (soos ook van ander burgers) eis die staat wel ‘n pond vleis, maar versuim andersins normale verantwoordelikheid en plig.
Trouens, die staatshoof se swye oor hierdie tipe misdaad is ‘n OORVERDOWENDE STILTE.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.