Bekende wildboer, nog twee vas oor renosterhorings

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bekende wildboer en twee ander mans is deur die Valke in Pretoria in hegtenis geneem nadat hulle glo probeer het om vyf renosterhorings aan ʼn geheime agent te verkoop.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê Pieter Van Zyl (67), Marco Swanepoel (35) en Stephan Mylie (30) is Woensdagaand by Van Zyl se huis in Equestria in hegtenis geneem. Daar is ʼn lokval vir die drie gestel voordat beamptes van die Valke onverwags op die huis toegeslaan het.

“Donderdag is die ondersoekspan terug na die huis om dit te deursoek en het hulle op ʼn allemintige 105 renosterhorings afgekom,” het Mulaudzi gesê. “Die waarde van die horings moet nog vasgestel word. Van Zyl, ʼn bekende wildboer, beweer dat die renosterhorings aan hom behoort.”

Mulaudzi het gesê die ondersoekspan is tans besig om die beweerde permitte vir die horings met die departement van omgewingsake na te gaan. Daar is ook DNS-monsters van die horings geneem om dit met die Rhodis-databasis by Onderstepoort te vergelyk.

Die drie verdagtes het reeds Vrydag in die Pretoria-streekhof verskyn. Van Zyl is op borgtog van R20 000 vrygelaat, terwyl Swanepoel en Mylie op borgtog van R10 000 elk vrygelaat is.

Die saak is tot 12 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Ekwilibrium ·

Tesame met die juwele; waardevolle items vir items…

Lance ·

Wat n skande as dit waar is …gewenlose moordenaars eintlik.

Lomea Heyns ·

Dat sulke ryk mense bereid is om hul siele te verkoop vir geld! Kry hul nooit genoeg nie! Geldgierigheid!

andrea van vuren ·

Die tragedie is dat ons nie meer ons eie mense kan vertrou nie. Waarheen nou>

tammy ·

Stem saam met Anton. Geen maar geen genade vir die geldgierige moordenaars nie. Smyt hulle in die tronk vir 20 jaar.

Wouter ·

As die horings aan hom behoort kan hy seker daarmee maak wat hy wil? As jy n jagplaas het en iemand koop n renoster by jou om te skiet vir watter rede ook al bly die horing die boer sn. Dit is die wet wat natuurbewaring self gemaak het. En so terloops die boer teel die renosters om gejag te word. Wat is fout daarmee. Julle almal eet bees skaap en bokke wat geteel word om te eet. Hy is immers n wildboer nie n poacher nie.

Ampie ·

Verkeerd Wouter. Daar is ‘n internasionale verbod (CITES) op renosterhoringhandel. Dit beteken as hy renosterhorings het, moet dit in ‘n kluis geberg word. Dis ‘n misdryf om die horings te verkoop. Hy het 5 probeer smous aan ‘n lokvink. Hy kan nie maak daarmee wat hy wil nie.

jhen ·

Wouter, jy het nie ‘n clue waarvan jy praat nie. Ampie is reg. Check bietjie die CITES regulasies voor jy weer praat. En laas wat ek gekyk het, is beeste, skape, hoenders ens nie op enige “endangered” lys nie.150 horings? In een man se besit? Gooi die goed in die tronk waar hulle hoort.

hercules ·

Mammon laat mens snaakse goed doen • jy verloor soms sommer vriende ook • dog ek sê maar net!!

Schalk ·

Verduidelik jou stelling. Probeer jy se die uitroei van Renosters is boerdery? Indien dit is wat jy se, mag die staat maar sy grond vat,sonder vergoeding. Sulke tipe boere het ons nie nodig nie.

Boerseun ·

Schalk. Wat hy se is as n dier prys vat bly hy. As jy nie geld kan maak nie boer jy nie met die dier nie. Probeer ekonomie vir dummies. Ek dink julle moet maar n vonds stig om al die leeus, renosters en probleem olifante van kos te voorsien, gee julle huise op vir blyplek vir die diere

Schalk ·

Dankie Boerseun. Ek sal verseker jou raad volg. Daar is selfs n paar boeke wat jy kan oplees. Omrede die oorbevolking n probleem is moet ons maar die diere uitwis? Maw, wat jy se is.. teel renosters, sny sy horing af en maak n geldjie. En dit noem jy boerdery?? Wow!!!!

Boerseun ·

Sy horing groei terug niks met uitwissing uit te waai nie en jy mis nog steeds die punt. Snaaks hoe skaars diere wat kommersiel geboer kan word van uitwissing gered word. Maar ons volg jou manier dit lyk of dit sover werk.

Jongman ·

Sommige mense se kommentaar is onaanvaarbaar hulle het geen renoster/renosters gestroop nie, die renosterhorings moet in elkgeval afgesny word anders word die renosters gestroop.

Sputnik ·

105 horings is nogal BAIE, maar ja, moenie te gou klippe gooi nie. Wie weet, dalk is die horings verwyder om stropery te voorkom. Wag en sien…..

Niklaas ·

Die boere sit met duisende horings wat hul baie geld kos om by veiligheids mtskpye te stoor. Die wat dit self bewaar loop geweldige risikos. Wag en sien of dit gestroopte of verwyderde horings is. Die Valke….wel ons weet vir wie werk hulle…

Luister ·

Hoe dan nou? Weet die Valke nie dat dat handel in Renosterhoring nou wettig is in S.A. nie? Hofsaak van 23 Mei 2016. Natuurlik net as dit nie gesteel is nie.

Francois le Cochon ·

@ Luister. Net wettig met die nodige toestemming. Geen toestemming, geen handel!

Bertus de Beer ·

Dit is skokend om te hoor dat die mense wat vir almal sê hulle help om die wild te bewaar want dit is wat ‘n wildsboer veronderstel is om te doen al is dit besigheids georiëenteerd. Ek hoop van harte dat hulle kan bewys dat hulle sin is

Soez ·

Dis hartseeer baie hartseer. Ek hoop maar vir die boere dit was berging vir veilige bewaring en nie vir gierigheid nie. Anders moet hulle horings ook ma gesny word laat hulle kan voel hoe dit is om te lei!!

Isabel ·

Hierdie boere het die renosters besit. ek is heeltemal gekant teen lokvalle. Ek voel as iets aan jou behoort kan jy doen wat jy wil met dit solank dit menslik gedoen word. Van die diere vrek. Moet hulle dan die horings verbrand terwyl die oorsese demone ons diere hier op onmenslike manier kom dood maak en die horings steel.

Flippie ·

As dit waar is dat die horings van sy eie renosters geoes is, dan kan hy daarmee doen wat hy wil, dit is syne. Renosterboere skiet normaalweg nie die renosters om die borings te oes nie, behalwe Wanner ‘n renoster as’n trofee gejag word.

Renosterboere moet ‘n inkomste uit renosters maak net soos beesboere hulle beeste laat slag vir inkomste. Dis nou maar how die wêreld werk.

Dit is net interesant dat die daar groot gewag deur die media en die polisie gemaak word waneer wit ouens by renosterhorings betrokke is, maar dat almal tjoepstil is oor die massiewe en barbaarse stroping van renosters in ons wildsparke deur swart mense – die ergste hulle weet wie dit is.

Francois le Cochon ·

@Flippie. Nee Flippie, ‘n renoster boer mag nie daarmee doen wat hy wil nie. Hy moet eerstens die nodige toestemming kry om dit te verkoop!

Joe ·

Sover ek weet is die handel in renosterhoring onwettig. Al behoort dit aan jou.

John ·

Boere? Sulke goeie mense, almal. Ja, Isabella, en almal het ‘n rede… seker die droogte se skuld en… en soveel stres om te boer deesdae…

Boerin ·

Dis weer n media bohaai oor iets heeltemal onskuldigs. Binnelandse handel in renosterhoring is wettig en renosters word onthoring soder om geskiet te word! Party maal gaan een dood van natuurlike oorsake ook! Maar as hulle heeltemal onskuldig is, sal dit nooit hoofberigte in die nuus haal nie! In dir tussentyd kos dit hulle baie geld om hulself onskuldig te bewys, terwyl ware misdadigers onskuldig is tot hul skuldig bevind is! En kyk bietjie wat kos dit om n renoster aan dir lewe te hou. Wettig renosterhoring verkope en save the rhino!!

neelsie ·

Alle slimpraatjies om hulle te vrywaar ,klink te veel na n wolhaarstorie.
Gierigheid is baie se ondergang.

Piet ·

Wat het geword van die “renoster stropers” wat by Musina vasgetrek was (Dawie Groenewald en kie)- niks. Die saak word elke keer uitgestel want die staat het nie n saak nie. Groenewald het nooit renosters gestroop soos beweer is nie maar sy eie renosters geskiet. Lance, ek het nie n idee wat is n gewenlose moordenaar nie, maar mens hoef nie n renoster te skiet om sy horing af te saag nie. Die horing groei vinnig weer uit- dis so goed jy knip jou fingernaels.

Tiger ·

Hierdie mens emoet skuldig BEWYS word eerstens.Tweedens is hul borg geld van R20,000 geheel en al onvanpas.Moordenaars betaal maar so R1500 borg geld nou hoe werk dit?Ons regstelsel is korrup soos kan kom!Ek hoop regtig die mense se onskuld kan bewys word maar indien hulle skuldig bewys word nou ja dan moet hulle aan die pen ry.Ek weet eending,as ek ‘n renoster besit het het ek so gou moontlik van die gedierte ontslae geraak want dis net moeilikiheid na alle kante toe.Ek weet nie hoe kan wildboere dit uithou nie.

Francois le Cochon ·

@Tiger. Borg-geld word bepaal volgens jou finansiele vermoe, nie deur jou misdaad.
‘n Wildboer wat R50 miljoen pj verdien, sal dus meer betaal as ‘n werklose vir dieselfde misdaad, soos bv, stroping.

Scalla ·

Wag eers tot die saak ondersoek is en afgehandel is voor daar met klippe gegooi word.

Martin ·

Francois le Cochon, hoe weet jy wat verdien daai boer per jaar. Kry vir jouself ‘n paar Renosters in die hande, dan dra jy ook daai voer kostes, arbeid en die sekuriteit om die diere op te pas. Miskien sal jy dan anders begin dink. Hierdie is ‘n besigheid, en op die vlak baie intensiewe en spesialis boerdery wat baie kundigheid verg. As daai horings nou wettig verkoop word hoeveel geld gaan dan weer na die ANC toe? Tipies, sal hulle ‘n bek opskop omdat hulle nou geld verloor in die proses, maar wat doen jy en die ANC om die Renosters te beskerm???????????

Sarie ·

Scalla, hier is nou die mees sinvolle stukkie kommentaar tussen die hele lot!

m ·

Kan nie glo dat so iemand deel kan wees van die uitroei van die natuur nie of het die geldgierigheid die oorhand gekry. Dis n skande en nou is jy uitgevang meneer wildboer… Hoop jy laat sak jou kop in skaamte!!!! Almal weet nou van jou bedrywighede,.

Stoetbul ·

@m , Jy het nie n idee waarvan jy praat nie. Ken jy die boer persoonlik? Wat weet jy van sy ” bedrywighede”? Weet jy wat die omstandighede van die “verkoop” transaksie was? Weet jy dat daar een persoon in hierdie wereld is wat nou waaragtig nie nodig het om sy kop in skaamte te laat sak nie, dan is dit Mnr Van Zyl. Gaan gooi klippe in n ander glas huis.

Jan ·

Moenie klippe gooi as jy nie die waarheid ken nie. Hierdie is net nog n sensasie jagtery van mense wat nie renosterstropers kan vang nie. Nou wil hulle n man wat wettig die diere se horings afhaal om hulle te probeer beskerm teen stropers beskuldig. Gemeen verby.

Magda du Preez ·

Sies….kry julle nie skaam nie? Arme onskuldige renosters……

Hennie ·

Daar is nie tans n verbod op die plaaslike handel in renoster horing nie, slegs internasionaal van toepassing. Horings word geoes elke 3 tot 5 jaar, dus kan die horings sy eiendom wees sonder dat een enkele renoster dood geskiet is. Kom ons kyk maar wanneer meer inligting beskikbaar is. Daar is tans honderde horings opgeberg van wildboere.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.