Bekende wildboer sterf in helikopterongeluk

Apie Reyneke en sy vrou, Yolande Foto: Facebook

Apie Reyneke en sy vrou, Yolande Foto: Facebook

ʼn 50-jarige man is dood en sy 42-jarige vrou en hul 13-jarige seun is beseer nadat ʼn helikopter Saterdagoggend in Delareyville in Noordwes neergestort het.

“Die helikopter het omstreeks 07:30 neergestort,” het maj. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die man, wat die vlieënier was, en sy gesin is van Serapa Safari in Tosca buite Vryburg.”

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. “Die burgerlike lugvaartowerheid stel ondersoek in en die polisie sal ʼn geregtelike doodsondersoek doen.”

Christelle van Rooyen Wessels, redakteur van die Noordwes-koerantgroep, het op sosiale media bekend gemaak die slagoffer was die bekende wildboer, Apie Reyneke. Die polisie wou nog nie die naam van die slagoffer aan Maroela bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Dis so tragies. My innige medelye met familie en vriende.

Peet Schabort ·

Apie is ook ‘n legende in motorsportkringe waar hy 6x die “Toyota 1000 Desert Race” gewen het.
Hy was dus in alle opsigte ‘n bedrewe man agter die stuur van wat ookal hy bestuur het. Iets moes drasties skeef geloop het.
Sy dood is ‘n groot verlies op ‘n breë front. Sterkte aan familie en vriende.
Ek het sy ouderdom as 57/58.

scalla ·

Sterkte aan die familie, Apie was seker een van die veiligheids bewuste vlieeniers wat ek ken. Groot gees op baie gebiede. Tragies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.