Bekende wildboer weer in hof oor renosterhorings

Argieffoto: Maroela Media

Argieffoto: Maroela Media

Pieter van Zyl (67), die bekende wildboer wat saam met twee mans in Pretoria deur die Valke in hegtenis geneem is nadat hulle glo probeer het om vyf renosterhorings aan ʼn geheime agent te verkoop, verskyn na verwagting weer Woensdag in die Pretoria-streekhof.

Van Zyl, Marco Swanepoel (35) en Stephan Mylie (30) is op 10 Augustus by Van Zyl se huis in Equestria in die ooste van die stad in hegtenis geneem.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het destyds gesê die mans is in ʼn lokval gelei deur ’n agent wat voorgegee het hy wil vyf renosterhorings by hulle koop. Daar is ʼn lokval vir die drie gestel voordat beamptes van die Valke onverwags op die huis toegeslaan en agt renosterhorings, ter waarde van nagenoeg R800 000, glo in hul besit gevind het.

ʼn Verdere 105 renosterhorings is na bewering die volgende dag met verdere ondersoek in Van Zyl se huis gevind. Die waarde van dié horings moet nog bepaal word.

Mulaudizi het gesê Van Zyl het beweer dat die renosterhorings aan hom behoort. As deel van hul ondersoek was die Valke besig om die beweerde permitte vir die horings by die departement van omgewingsake na te gaan. Daar is ook DNS-monsters van die horings geneem om dit met die Rhodis-databasis by Onderstepoort te vergelyk.

Die drie verdagtes het op 12 Augustus vir die eerste keer in die stad se streekhof verskyn op aanklagte van die besit en verhandeling van renosterhoring. Van Zyl is op borgtog van R20 000 vrygelaat, terwyl Swanepoel en Mylie op borgtog van R10 000 elk vrygelaat is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Scalla ·

Nie so vinnig nie, wag eers vir die uitslae en bevindings voor daar sulke kras kommentaar gelewer word.

Wouter ·

Hoekom? Die bekende boer het heelwat meer renosters as dit. Hulle onthoring die goed om hulle te beskerm. Dit het nie gereën nie en kos is nou baie skaars. En die Polisie weet dit. Stel vir hulle n strik om die horings te koop om sodoende voer ens te kan bekom. Wat hy gedoen het is nie reg nie maar wat sal jy doen as jy jou diere sien vrek van die honger en so n geleentheid doen homself voort. Ek sal dit ook oorweeg het. Stel n strik vir die klomp korrupte polisie en vang hulle.

Woutertjie Woutertjie ·

A nee A ou Woutertjie. Hierdie boer het die wet oortree en moet verseker gestraf word. Dit gaan beslis nie oor voer vir diere nie maar vir eie gewin. Hierdie keer hoop ek die boete is miljoene en nie ‘n belagrike bedrag soos R20 000 nie. Dit het hom nie afgeskrik om weer die wet te oortree nie. Wat my dwars in die krop steek is dat hierdie sogenaamde boere skelm is onder die dekmantel van sogenaamde “bewaring”. Korrupte polisie het niks met hierdie saak te doen nie. Dis die bekende boer wat korrupt is.

Geregtigheid ·

Wouter—Hoe kan jy nog die vraag vra– Hoekom? Laat ek jou antwoord. Sommer want hy is skelm en korrupt. Dit het niks met voer of skaars reen te maak nie. Hy is gevang omdat hy die wet oortree deur polisie wat hulle werk doen. Hulle vang skelms. Om die bal na korrupte polisie te gooi gaan nie werk nie. Ek hoop die polisie slaan ook in die skelm korrupte leeu teel bedryf toe. As jy skelm is moet jou tronk toe.

Baie weird ·

Dit is baie weird, hierdie man het baie geld, jip, hy kan net voer koop, hoekom probeer hy nie op eerlike manier die horings verkoop nie……… Party mense met geld dink hulle kan maak wat hulle wil en as die skoen jou pas trek hom aan, in sy srea as hy besluit jy doen iets, dan sal jy dit doen, want hy het baie geld, jy het te gewoond geraak almal spring net, welgedaan aan die Polisie wat jou gevang het, onwettig is onwettig, ryk of arm.

Kapenaar ·

Ja, mag hulle lank sit, en die wildsboer sommer dubbel die tyd!!! ‘n man wat onder die dekmantel met wild “boer” en dan in stropery betrokke raak, kan maar vergaan in die tronk. SA het hom nie nodig nie!!

Jan ·

Daar is nog ‘n BAIE bekende wild handelaar het wat in besit is van renoster horings, wat wag vir die wet om te verander om dit te verkoop.

Takkie Takuuza ·

Waar kom julle daaraan dat die boer die renosters gestroop het? Hardloop weer weg met ‘n snuifie van die storie. Hy boer met die goed.

Geregtigheid ·

Takkie jy is seker reg. Hy boer met renosterhorings. Ander manne boer met ongesluipte diamante en sommige manne boer met perlamoen. Dit punt is dis alles onwettig.

Takkie Takuuza ·

Daar is baie boere wat hope horings in hulle kluise het, die staat nog meer. Maak dit wettig om te verhandel, maak dit goedkoop dan sal die diere nie uitgeroei word nie want dan is dit nie meer lonend nie. Maar daar is verseker regerings amptenare wat skep en baat vind by die onwettige handel. Oor die ou dit onwettig wou doen, maak hom skuldig aan oortreding van die wet. Ek het gister nie gestop by ‘n stopstraat nie.

Jan maak n plan ·

As dit sy eie renosters is het ek nie n probleem nie maar as hulle onwettig geskiet is moet hulle boet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.