Bekendes ruk op vir standbeelde

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Duisende mense, onder wie die sangers en aktiviste Sunette Bridges en Steve Hofmeyr, gaan na verwagting Woensdag in Pretoria en Kaapstad bymekaarkom in protes teen die vernietiging van Afrikaners se erfenisskatte.

“Ons kan regtig nie net langer sit en toekyk hoe alles om ons vernietig word nie,” het Sunette Bridges Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Dit volg ná ʼn vlaag voorvalle waartydens standbeelde onder meer geskend is. In een van die jongste voorvalle is die standbeeld van Paul Kruger Sondagaand op Kerkplein in die Pretoriase middestad met groen verf besmeer. Pres. Jacob Zuma se “onverantwoordelike en uitlokkende stelling” dat alle probleme in Suid-Afrika ontstaan het met die landing van Jan van Riebeeck in 1652 word vir dié dade verantwoordelik gehou.

Dit het Bridges en ander rolspelers genoop om die wiel aan die rol te sit om Woensdag se byeenkomste binne 24 uur te beplan. Duisende mense en groepe in die Afrikanergemeenskap het reeds hul ondersteuning vir die protesaksie aangedui.

“Toe J.B.M. Hertzog se standbeeld voor die Uniegebou verwyder is, het ons niks gedoen nie. Toe Rhodes se standbeeld by die Universiteit van Kaapstad geskend is, het ons niks gedoen nie. Toe Koningin Victoria se standbeeld geskend is, het ons niks gedoen nie. Toe Koning George V se standbeeld by die Universiteit van Natal geskend is, het ons niks gedoen nie. Toe die Oorlogsgedenkteken in Uitenhage aan die brand gesteek is, het ons niks gedoen nie. Toe Paul Kruger se standbeeld in Rustenburg geskend is, het ons niks gedoen nie. Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein is volgende aan die beurt. Gaan ons weer niks doen nie?” was Bridges se oproep tot optrede.

“Dit is ʼn volskaalse aanslag teen ons kultuur en erfenis en een van die stappe van volksmoord – die algehele uitwissing van ʼn spesifieke groep se taal, kultuur, erfenis en geloof. Ons mense word elke liewe dag wreed vermoor, verkrag en verniel en ons doen niks. Die tyd vir niksdoen is verby.”

Die twee hoofprotesoptredes begin om 10:00 by Kerkplein in Pretoria en in Adderleystraat by Jan van Riebeeck se standbeeld in Kaapstad. ʼn Versoekskrif, wat al deur bykans 10 000 mense onderteken is, gaan tydens die verrigtinge aan rolspelers oorhandig word.

“Ons sal daar bly totdat die burgemeester van Pretoria self die versoekskrif in ontvangs neem waarin ons dit duidelik stel hoe ons voel oor die vernietiging van ons erfenisskatte en dat ons nie verdere vandalisme óf die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) en die ANC-Jeugliga se dreigemente sal duld nie. Hierdie dade vorm deel van volksmoord en ons sal dit in geen onduidelike terme so aan hulle stel,” het sy gesê.

Deelnemers word versoek om ʼn stoel, sambreel en iets om te eet en te drink saam te neem.

Steve Hofmeyr het op Twitter aangedui dat hy om 13:00 gaan aansluit. Front Nasionaal het ook ʼn beroep op sy lede gedoen om die protesoptrede te ondersteun.

Hier volg die volledige versoekskrif wat tydens die geleenthede oorhandig gaan word:

“In Januarie 2015, tydens ʼn saamtrek in Kaapstad, het die Staatspresident die onverantwoordelike en uitlokkende stelling gemaak dat alle probleme in Suid-Afrika ontstaan het met die landing van Jan van Riebeeck in 1652. Dit het ʼn hele segment van ons samelewing, mense van Europese herkoms en met ʼn Westerse waardestelsel, gestigmatiseer en gemarginaliseer.

“Die onmiddellike gevolg was ʼn vlaag van haatgevulde vandalistiese aanvalle gemik op monumente en erfenisterreine wat vir die Afrikaner, en ander volksgenote van Europese herkoms, van enorme kulturele waarde is. Dit het begin met ʼn eis deur studente van die Universiteit van Kaapstad (UK) dat ʼn beeld van Cecil John Rhodes verwyder word en die uiteindelike toegewing daartoe deur die Universiteitsraad.

“Hierop het gevolg die verbranding van ʼn Boereoorlogmonument in Uitenhage in die Oos-Kaap en die eis dat die standbeeld van Paul Kruger verwyder word vanaf Kerkplein in Pretoria. Dié beeld is oor die Paasnaweek verder geskend.

“Verdere voorbeelde van onaanvaarbare aksies sluit in: Skending van ʼn beeld van Koningin Victoria in Port Elizabeth, die gooi van verf oor ʼn beeld van Koning George V by die Universiteit van KwaZulu-Natal (tesame met die aanbring van ʼn hoogs rassistiese anti-wit-plakkaat) asook die beskadiging van die Kruger-beeld in Rustenburg.

“Gevolglik sê ons:

  • Die standbeeld van Cecil John Rhodes is ʼn erfenishulpbron wat die bydrae tot die ontwikkeling van Suid-Afrika deur ons Engelssprekende gemeenskap simboliseer. Nóg die studente nóg die raad van die UK het enige reg om dit te laat verwyder. Ons eis dat die beeld ongeskonde gelaat word.
  • Die eis om die verwydering van die Kruger-beeld is ongetwyfeld ’n haatgevulde, rassistiese en wraaksugtige aanval op die kultuur en erfenis van die Afrikanervolk.
  • Die verwydering van ʼn standbeeld van genl. J.B.M. Hertzog voor die Uniegebou om ruimte te maak vir die oprigting van die Mandela-beeld was ʼn eensydige proses sonder die inset van die geraakte kultuurgroep en is nog steeds ʼn sensitiewe kwessie.
  • Die skending en vernietiging van erfenishulpbronne is ʼn skending van menseregte in die opsig dat die verkleinering van ʼn hele volk se kultuur en erfenis plaasvind. Ons beroep ons gevolglik op internasionale menseregteorganisasies om in te gryp en hierdie proses stop te sit.
  • Die Wet op Erfenisbewaring (wet 25 van 1999) stel dit duidelik dat dit die verantwoordelikheid van die regering is om erfenishulpbronne te bewaar en te onderhou.

“In die lig hiervan eis die ondergetekendes dat:

  • Geen verdere skending of verwydering van erfenishulpbronne toegelaat sal word nie.
  • Dat daar streng en juridies opgetree sal word teen enige persoon of organisasie wat hom skuldig maak aan bogenoemde.
  • Dat die plaaslike owerheid van Tshwane in Pretoria 24-uur-beskerming aan die Kruger-beeld op Kerkplein bied.
  • Dat geen besluit deur enige owerheid geneem mag word oor die toekoms van enige erfenishulpbron sonder ʼn behoorlike konsultasieproses en die insette van die ter sprake kultuurgroep nie.

“Ons wag u dringende antwoord hierop af.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Ben Juby ·

Ek wonder hoe sal die anc voel as ons hulle monument begin tyken

Deon Rademeyer ·

Is die vrou nie uit graniet gekap nie? Saam met haar sal jy n kommunis regering kan stormloop, en weet dat sy aan jou sy sal wees. Hier in Kanada verspei ons skrywes oor die lot van die Boerevolk, en vertel wyd en suid van wat gedoen kan word ter ondersteuning.

Drieks ·

Dankie Deon. Ons voorgeslagte het hierdie land op gebou en ons klein bietjie wit mense hier in Afrika doen dit nog steeds. Ondankbaarheid van die Anc moet aan die klok gehang word. Hul het die land in elende laat val.

Maria ·

Dis alles regtig so onnodig, hoekom is daar so baie haat????

Dave ·

Wonderlik om te hoor en te sien dat julle in Kanada dit duidelik maak wat hier gebeur, Deon.

jjobson ·

Maria dus nie haat nie, Jan het met sy kafoefelry die rasse verdeel-al wat die ANC vra is verwyder die standbeelde. Ons moet vorentoe beweeg en die toekomstige helde vireer- net nie vir stortkop nie.

Jaco Zaayman ·

Die Facebook groep Miljoen Stemme Vir Steve staan ook vierkantig agter Sunette Bridges

Daniel Engelbrecht ·

So staan die Facebook groep Sing die Stem en sy 5000 lede ook vierkantig agter Sunette Bridges

wilma venter ·

Hulle is besig om ons kultuur en erfenis te vernietig. Ondersteun asb ons mense en staan saam.

Jo ·

Nee Wilma, hulle is besig om ons te vernietig en ons laat dit sonder slag of stoot toe

Dr Pieter en mevrou Anna van der Dussen ·

Ek het die verskuiwing van die Krugerstandbeeld in 1954 belewe. Vandag kan ons nie meer aan sulke byeenkomste deelneem nie. Maar ons se dankie aan die opgekome en opkomende geslagte dat hulle opstaan. Mag dit in die geloof gedoen word. Al is dit in die o-e van die wereld klein, leer die Woord ons: Wie sal die dag van klein dinge verag? Al wat ons moet doen, is om altyd te doen wat ons hand vind om te doen – ons hoef nie daarna te soek nie, ons moet dit net raaksien wanneer dit voor ons kom. Sterkte!

shana swart ·

Ek wonder maar net…

In ‘Die groot Verlange van Leon Rousseau’ lees ek die volgende raak:
Sammy Marks se skenking van 20,000 pond vir standbeeld ter ere van President Kruger op die markplein. Marks het Transvaalse drankkonsessies net ‘n jaar tevore vir 120,000 van Nellmapius gekoop.

“Laat onze kinderen geleerd worden dat het beeld niet opgericht werd door een dankbaar volk aan een grooten voorman, maar door een Jood die het geld er voor gemaakt heeft uit den drankhandel onder ons volk, waarvoor hy ene monopolie had. Laat de kinderen weten dat de prys voor het beeld betaald, bestaat uit de tranen van weduwen, het rouwgeklagvan weezen en de armoed en elende van gansche families, en dan sal dat beeld niet enkel een slechten invloed hebben.
Laat de kinderen ook de beteekenis van het beeld op politiek gebied geleerd worden. Laat het staan als een beeld van die verfoeielyke speculatie en consessie politiek, die zoo veel deed om ons land ten onder te brengen. Laat het staan als een beeld van die vreemdelingen overheersching waar onder ons volk zoo lank geleden heeft. Laat het staan als een beeld van alles dat een Transvaalsche kind behoort te haten en laat onze kinderen leeren om het beeld voorby te gaan met afschuw in hunne harten.”

Nic Grobler ·

Baie waar woorde, maar die huidige “agterbeblewenes” sal dit nie verstaan nie, al vertaal jy dit in 9 tale.

Johlene Swart ·

Sunette is voorwaar uit 1 stuk! Ons is so trots op haar. Mag God haar net aanhou seen. Seenwense vir julle en elkeen wat vir ons in S.A. Daar in die buiteland die vaandel dra.

Deon ·

Met alle respek gesê, vanaf 1994 wat is daar verbeter in hierdie land alles word vernietig en gaan alles agter uit. As daar gebou word dan word dit vernietig. Wonder maar net?

debbie zaayman ·

ek was nie daar toe die boere oor die berge getrek het nie. ek was nie daar by die Slag van Bloedrivier nie, ek was nie daar toe vrouens en kinders in kampe dood is nie, maar ek is hier vandag en my volk en wat hulle deurgegaan het is in sement in my binneste ingegrafeer. ek is hier om te sien wat gedoen word aan die standbeelde, aan my taal, aan my geloof en aan my erfenis en ek kan net sê – jy kan die standbeelde vernietig, jy kan try om my taal te onderdruk en jy kan try om my Geloof in God te verkleineer maar jy sal nie ontslae raak van my liefde vir my volk, taal en God nie. Dis met sement in my binneste verewig en daaraan kan jy nie raak nie!

Susan ·

BAiE BAIE DANKIE STEVE EN SUNETTE DAT DAAR DAREM 2 PRAGTIGE MENSEIS WAT OMGEE VIR ONS AFRIKANERS

rentia ·

Steve en Sunette is die vader en moeder figure van ons afrikaner volkie, ek so trots op jule vir wat jule doen vir ons.

Ek staan saam jule

Daniel Engelbrecht ·

Die Facebook groep Sing die Stem en sy 5400 lede staan ook vierkantig agter Sunette Bridges

Desire ·

Ek sal dink dat hulle die ander standbeelde ook sal teiken want almal kyk nou vas in Paul Kruger sn

Lezette ·

Hoekom n weeksdag? Ons belasting betalers werk! Hou dit op n saterdag of en sondag en ALMAL, skoolkinders en werkers SAL daar wees!

Lezette ·

Hoekom n weeksdag? Ons belasting betalers werk! Hou dit op n saterdag of en sondag en ALMAL, skoolkinders en werkers SAL daar wees!

Swanna ·

Stem Lezette. Hoekom in die week. Sal meer ondersteuners gehad het, en dit is wat jy soek. Ons almal werk in die week en kan nie net afvat soos ons wil nie. “n Bietjie swak beplanning sal ek sê. Sou regtig graag daar ook wou gewees het vir my morele ondersteuning en ook so ander.

Alani van Nieuwenhuizen ·

Hierdie was ‘n dringende besluit wat geneem is binne 24 uur. In die verlede het mense weer gekla dat ‘n Saterdag aangewend word vir inkopies, en alles wat hulle nie gedurende kantoor-ure kan doen nie. Dankie in elkgeval aan elkeen wat verlof geneem het vir die dag, ook diegene wat in hart en siel daar sal wees.

Andries Vorster ·

Ons Afrikanergeskiedenis is gegrond in die gereformeerde Christelike geloof wat ten diepste ‘n roepingsbewustheid impliseer in die land waar die Soewereine God hulle geplaas het. Dit is ons erfenis en nie beelde nie. Leer ons ons kinders nog van hierdie erfenis en onderrig ons hulle in hierdie erfenis. Dit is hartseer dat volksgenote ‘tot aksie’ wil oorgaan as beeld beskadig word (ek ontken nie die geskiedkundige waarde van beelde nie) maar as die Woord van God uit die leerplanne van ons kinders uitgeskryf word dan gaan ons maar gedwee ons gang, los ons kinders in die skole en onderwerp hulle vir 12 jaar aan humanistiese onderwys. Waarvoor wil die standbeelde dat gered word? Vir wie? Vir ‘n geslag wat aan die humanistiese staatsonderwys oorgelewer was? Daardie geslag sal julle as sotlik en agterlik beskryf? Kom ons gaan besin net weer oor die lewens van die manne agter die beelde. Gaan kyk en leer julle kinders van die gereformeerde roepingsbewustheid van ‘n Jan van Riebeeck, Paul Kruger, Koos de la Rey, Totuis en vele meer. Hulle voorbeelde sal vir ons volk en die nageslag van meer waarde as hulle standbeelde. Hoop almal wat so opruk om beelde te bewaar het gister saam met hulle kinders God gedank soos Jan Van Riebeeck ons op 6 April 1654 opgeroep het om te doen. Kom ons verootmoedig ons eerder voor die Here.

Johannes ·

Dries, ek stem saam met jou dat ons erfenis gegrond is in ons Christelike geloof asook in ons Afrikaner se geskiedenis. Maar dis verseker nie al nie. Die fisiese deel van ons erfenis kan nie misken word nie. As ons standbeelde nie vir jou ‘n prominente deel van ons erfenis uitmaak nie, dan moet jy, om konsekwent te wees, ook die Voortrekkermonument en al ons ander monumente en museums misken. “Kultuur” word gedefinieer as die somtotaal van die skeppinge van die mens. So bv is ons kerkgeboue ook deel van ons Afrikaners se kultuur. Ek dink nie ons moet toelaat dat ons standbeelde vernietig word nie. Dit sal die verkeerde boodskap aan ons vyande stuur, m.a.w. dat hulle sommer maklik oor ons gaan loop en uiteindelik ons as Afrikaners gaan vernietig. Ek se dankie aan almal wat die moed het om op te staan vir hierdie baie belangrike saak , ongeag hulle persoonlike geskiedenis. Almal gaan nie van almal hou nie, maar ek dink ons moet versigtig wees om nie ons eie mense van die verhoog te gaan afklap nie, net omdat ons nie van hulle hou nie. Ons het mekaar nou nodig, meer as ooit tevore. Ons moet mekaar ondersteun. Nogtans, baie dankie vir jou bydrae Dries. Ons het ook groot waardering vir jou perspektief.

Mary ·

O gits, Frits. More lag ons lekker vir al die verspottigheid. Kan ek as Afrikaner opdaag met ‘n t-shirt wat se “ons issie almal so nie”?

Boy ·

Jy kan met liefde met so T-hemp opdaag. Ek sal graag ook een dra wat sê ek is nie soos jy nie.

As ‘n student en jong mens van die land kan ek jou een ding sê ons is moeg vir passiewe, lafhartige mense wat sê moenie daar buite kyk nie glo wat ek sê. Sodra iets wil gedoen word kom daar kritiek van julle ou liberale af wat leef in julle self gemaakte veilige isolasie en rykdom. Gedistansieer van die alleman, met geen inhoud in julle kritiek nie behalwe vir kleinlike aanmerkings wat geen waarde dra nie of aandag van die oorspronklike kwessie verskuif.

My volk is besig om te vergaan van binne af, asook buite. Ek is jammer ek het nie geen gevoel vir die mense om my nie. Dit is seker lekker om niks te voel vir jou geskiedenis, volk of toekoms nie. Kan niks minder verwag van die generasie wat dit so maklik gehad het nie. Onverdiende gemaklikheid met die bloed van ons gemeenskaplike voorvaders het baie, nie almal, soos bedorwe kinders gemaak.

Ek kyk om my rond en ek sien seuns wat mekaar half dood slaan en drink omdat hulle gefrustreerd en negatief is, ek sien meisies wat van hulle waardes verkoop vir ontvlugting. Volksgenote wat op die straat hoeke staan en verdoem is terwyl daar deur die vorige generasie gesê word dis oor hulle sleg is dat hulle nie werk nie, terwyl julle, julle self blind staar aan die voordele wat aan julle gegee was. “Ek het als self gedoen en skuld niemand niks nie” is mense so geneig om te sê. Daai luuksheid het ons nie.

Jy is nie ‘n Afrikaner nie jy praat Afrikaans leer die verskil asseblief, êrens gaan daar ‘n breek punt bereik word, maar nie met die EFF en buitestaanders nie met die wat teen hulle eie volk is. Liberale verdruk almal in die land, nie net die Afrikaner nie, terwyl rassisme geskree word op alle goed gegronde kritiek as ‘n toesmeer middel.

‘n Nasie kan vyande van buite af weerstaan vir lank maar vyande van binne verwoes vinnig.

Jou sarkastiese aanmerkings is eenvoudig en naïef. So kom asseblief môre en wys jou ethno-masochistiese siening oor die wêreld want ons almal lag vir jou en die mense wie jy probeer beïndruk en wie jy dink aan jou kant is lag ook. Onthou net aksie kweek karater en helde, passiwiteit die teenoorgestelde.

Sarkasme, ‘n baie ondoeltreffende idee en jou eie mense verkleineer. (Baie persoonlike belediging hier liewer verwyder, ek vra om verskoning). ‘n Konsep wat ek sien oor baie mense se koppe gaan is die feit dat vir jou mense wees is nie teen ander groepe wees nie. Wat hierdie bewegings doen is dood eenvoudig jou geskiedenis beskerm asook bietjie kritiese evaluasie van die huidige sisteem na vore bring, niemand vra vir geweld, revolusie of enige onregmatige optrede nie. Die lewens gehalte van almal kan verbeter in die land, maar nie met die huidige sisteem, die afbreek van geskiedenis nie of een groep teiken nie.

Drastiese verandering is nodig êrens is iets siek, maar met die huidige sisteem is dit nie eens moontlik om die siekte identifiseer nie, want kritiek word ontmoet met toesmeer middels of sarkasme. Snaakse ding van liberale is hulle propageer hulle eie perspektief as die waarheid en wanneer die werklikheid hulle ontmoet immigreer hulle, net ‘n klein observasie.

♥†Met ander woorde ek dank die Vader ek is nie soos jy nie. †♥

By gesê ek dink nie Steve of Sunette is die leiers waarvoor almal wag nie, maar eerder rol spelers wat die regte omstandighede skep. God sal die amp verskaf aan die regte man of vrou, dit sal nie self gekies word nie, maar tog ondersteun ek vol hartig hulle want stagnasie is die vriend van die dood. So trots op wat ek is, ek sweet groen, rooi, wit en blou.

Dan ·

Boy, jy vermeld ‘n aantal geldige aspekte – veral oor die slinkse liberaliste.

Ek kan nie onthou dat de Klerk & Kie “gewaarborg” het dat die Afrikaner se kultuur bewaar sal word onder ‘n kommunistiese regering nie, maar al was daardie sg. waarborg verskaf, weet ons almal vandag wat van al de Klerk se destydse “waarborge” met die uitverkoping van die Afrikaner geword het. Die doodeenvoudige feit is dat hierdie mense wat die Afrikaner se kultuur wil vernietig, in beheer is in hierdie land en hulle kan basies maak net wat hulle wil – dansky die meer as twee derde blankes wie vrywilliglik die mag in hul hande oorgegee het.

Ek weet nie wat Hofmeyr by die optogte soek nie – hierdie opportunis wie self erken dat hy vir die nuwe SA gestem het en nog steeds hierdie bedeling ten volle ondersteun. Wolf in skaapsklere.

Johannes ·

Boy, ek dink nie iemand kan dit beter stel as wat jy gedoen het nie. Ek stem ten volle saam met elke woord wat jy geskryf het. Ek dink jy sal self ‘n goeie Afrikanerleier uitmaak, gesien in die lig van jou kommentaar. Ons sal graag meer van jou wil hoor.

Neptunus ·

Beste bydrae wat ek nog op Maroela gesien het. Jy slaan die spyker op die kop! Laat ons weer van jou hoor in die toekoms. Waarom skryf jy nie ‘n artikel vir Maroela nie?

Jean ·

Net n korreksie student boy ,”seun “as jy regtig Afrikaans wil klink.. die term Afrikaner nie African nie is afkomstig van Afrikaans die moedertaal van sommige blankes in Suid Afrika wat uniek gebruik word as n eerste taal in Afrika en wat afstam van Nederlands…gaan vra jou les geld terug by die Uni ouboet. Gaan soek dit op in die woordeboek en jy sal sien ons word nie geklassifiseer as Nederlanders of Duitsers nie maar Afrikaners! Moenie preek van sarkasme terwyl jou eie beker daarvan oorloop nie . Ons Afrikaner volk soek iemand wat sal opstaan vir n volk wat onder druk word deur rassiste. Nou nie dat ek Steve en Sunette as leierskap gehalte sien nie en of hul dit nou vir eie gewin doen of nie dit is beter as net sit en kyk hoe ons kultuur en nasie vergaan. Veral met mense wat se hoekom nie op n saterdag die optogte hou nie bewys hoe blindeliks gerus die Afrikaner nog is in sy eie gemak sone homself bevind en nie die ernstigheid van die sisteematiese afbreking van ons volk se Chistelikke fondamente besef nie. Miskien soos jy voel hul eintlik nou alreeds deur al die aftakeling en verlies van self trots en geloof maar net niks vir hul mede Afrikaner broeder/suster nie en solank dit net nie te veel moeite is nie sal hul deel neem aan die optogte. Jy sien anders as jy wat nou al die gemors erf het ons geveg en gebloei om Suid Afrika te maak wat hy voor twintig jaar gelede was net om uit verkoop te geword het deur ons eie wit liberaalistiese boetjies. Ons het iets gehad om op trots te gewees het, nou wil elke Afrikaner net vir homself leef of optree wanneer dit hom pas. Mense moet begin besef dat die optogte is nie n publieke vakansie dag waar mense n bring en braai geselligheid bywoon vir die plesier daarvan nie mense maar op staan as n nasie en n betoginging te hou vir die Afrikaner se bestaansreg in Afrika. As jul enige ander idees het om die Afrikaner se situasie te verbeter is ek ene ore??!!

Mary ·

Hey Boy, dankie vir ‘n laaaaang antwoord. Hoekom skryf die regses altyd sulke laaaang briewe? Anyway, dis nie ons sogenaamde “ou liberale” wat in isolasie leef nie. Ons sien lankal dat ‘n toekoms in SA deur al sy mense gemaak moet word. Nie ‘n lawwe klein spulletjie wat agter has been sangers aandraf nie. En vandag, soos met Rooi Oktober laas jaar, sal daar ‘n handjievol mense wees. Want JULLE is die mense wat in isolasie leef. Afgesny van die werklikheid met ‘n ewige hunkering na die verlede. Maar dankie vir jou deurdagte antwoord.

Estelle ·

Nee MARY ons is nie almal so nie, party het MURG in hulle bene en baklei vir wat ons erfenis is! Nie soos jy nie!

Alani van Nieuwenhuizen ·

Waarom word daar alewig verwys na “regses” – sommige van ons het volkstrots – RAS-EG !

Mary ·

I rest my case. ‘n Handjievol mense. Aangetrek in kamstige weermag uniforms met die Vierkleur aan ‘n paal. Julle is belaglik en die land lag vir julle. Maar droom voort oor julle “trotse” geskiedenis waarin niemand (nie eers die oorgrote meederheid Afrikaners) meer belang stel nie. Ha ha…

Gideon Roos ·

Ek is met eens met Marie dat almal in die land ‘n deel moet doen vir die toekoms, maar dit moet gepaart gaan met ‘n trots in ons eie kultuur, en erkenning vir die geskiedenis en bydrae van elke volk.
Ons is immers eers Afrikaners, en daarna Suid-Afrikaners. Ek wil hê ‘n Sutu, Xhosa of Zulu man/vrou moet trots wees op sy kultuur en erfenis, maar ek wil ook graag die kans gegun word om op my Afrikaner kultuur en erfenis trots te wees.
Is die ANC indoktronasie so erg dat selfs ons Afrikaners al glo ons is selfs vandag verkeerd?
Ek is deel van die “vry geslag” ek is na ’94 gebore. Ek is moeg daarvoor dat ek dieselfde sondes toe ge-eien word van my voorvaders. Ek is nie negatief teenoor my swart vriende omdat hulle pa’s, ma’s, ooms of tannies my volksgenote in terreur anvalle vermoor het nie. Ek verstaan dat hulle nie verantwoordelik gehou kan word vir die keuses van hulle voorvaders nie. Ek vra dus waarom ek en my broers en susters verantwoordelik gehou moet word vir die keuses van ons voorvaders wanneer ons glad niks daarmee te doen het nie.

Jy hoor altyd gesprekke en argumente tussen die vorige geslagte, maar waar is one jeugdiges se stem in hierdie saak? Toe daar oor die “Nazi” kultuur op die NWU gedebatteer was, kon ons studente glad niks sê oms ons te verdedig nie. Nou met die beplande hervorming van die NWU is ons stem weereens verontag. Ons is die mense wat die toekoms van ons land moet dra, ons is die mense wat ly onder die besluite wat vandag gemaak word.

Meeste van my swart vriende het nie een ooghaar vir die ANC nie. Hulle is nie blind vir die foute wat steeds gemaak word nie. Onder ons heers ‘n kultuur van respek vir mekaar. Ons elkeen is trots op ons eie kultuur, maar respekteer die ander se kulture net soveel. Ons erken die foute van die verlede en die foute van die hede, maar ons probeer verby dit kyk en ‘n toekoms vir almal bou waar elkeen sy stukkie son het, en nie ten koste van die rondom hom nie.

Waarom moet ons vasgevang word in julle bakleiery?
Moet egter nie dink dat ek hiermee se dat ek nie ten volle die vernietiging teenstaan nie. My punt is hou op om besluite te maak sonder om ons kant te hoor of om ons in ag te neem. Begin om vooruit te dink aan die wat agter bly om julle gemors skoon te maak.

Hou up om in laks en veelde te leef en julle erfenis te laat vergaan omdat julle nie bereid is om ‘n dag by die werk af te neem nie. Moenie julle kinders sonder ‘n erfenis laat omdat julle te bang is om julle stemme te hef nie. Maar moet ook nie julle stemme hef sonder om te dink aan hoe dit ons beïnvloed nie. Onthou, dit is ONS wat julle onthou en julle dade in die geskiedenis boeke aanteken.

Alani van Nieuwenhuizen ·

Met jou smalende uitlatings maak ek die volgende afleiding, jy is skaam vir jouself. Ons LEER ons kinders van ons kleurryke geskiedenis – dus, hulle (en baie van ons) stel STEEDS belang.

Slaap rustig Mary.

mary ·

Gideon, dankie vir jou deurdagte kommentaar. En jy is korrek, ons het almal ons eie kultuur waarop ons kan trots wees. Myne is Afrikaans. Maar ek is oud genoeg om te weet hoe dit voel om as Afrikaner die muishond van die wereld te wees. Om oorsee te wees, en te skaam te wees om te erken jy kom van apartheid SA af. En dis hoekom hierdie spul my so die josie in maak. Hulle vat my kultuur en verdraai dit in iets walglik. En dis net ‘n klein handjievol wat die hardste skree en dit moelik maak vir alle Afrikaners. #notinmyname

Nic Grobler ·

Ek kan my in die bree met die versoekskrif vereenselwig. Dit kon bietjie meer van die gees van Andries Vorster se bydrae hierbo geadem het. Steve moet tog nie die longdrop emmers vergeet nie, anders word hy nie gehoor nie.

Giel ·

As , n mens aanvaar dat die room van die jeug op universiteit is en dat hulle ons volgende geslag poltici en sakemanne/ vroue is, dan kry ek koue rillings deur my lyf oor die toekoms van ons pragtige land!

Dat die “room” so kan optree, toytoy en plunder, vandaliseer gaan my verstand te bowel. Ons het n land geword van anargie, wetteloosheid en watter ander werkwoorde daar nog is om die dade te beskryf. As daar nie toegegee word nie, dan word dit afgebrand en daar word nie gedink aan wat dit kos om te vervang nie.

Die mense het geen benul wat die woord “verantwoordelik” beteken nie, besef nie dat die enigste bron van inkomste wat die Staat het belasting is nie EN dat die grootste bydra van belasting kom van n klein persentasie van die bevolking.

My hart bloei vir ons toekoms as daar nie werklik oplossings vir ons probleme met eerlikheid en opregtheid gevind gaan/kan word nie.

oo

Johannes ·

Andries, ek stem stem saam met jou oor die belangrikheid van ons geestelike erfenis. Ek sal graag wil byvoeg dat ons nie die fisiese gedeelte van ons kultuurerfenis sal misken nie, soos bv ons standbeelde, museums, kerkgeboue en vele ander. Dan moet ons ook nie die Voortrekkermonument beskerm nie. Ek waardeer jou kommentaar, maar wil jou tog net iets gee om aan te dink. Ek wil glo dat jy dit positief sal ervaar.

Andries Vorster ·

Johannes. As jy mooi lees sal jy sien dat ek nie die belang van beelde as kultuur erfenis ontken nie, ook nie die van monumente nie. Dit MOET bewaar word juis om ons en die nageslag te herinner aan ‘n geskiedenis van geloof en vertroue, maar ook van ontrou en verval! Ek wil net die aspek van kultuur waardes in hierdie debat inbring. Die beelde en monumente het tog BAIE meer as net emosionele, sentimentele en politieke waarde. Ek is bevrees dat ons in die hitte van die stryd dit maklik vergeet.

Bernice ·

Mense in Washington D.C asook die Nederland protes vir julle Suid Afrika. Spesifiek vir die Boerevolk – ons hoor vir julle wêreldwyd! Julle noodkreet begin bewegings om julle aan te moedig om te besef dat Saam Staan is Sterk Staan! Veg vir ons kultuur , ons taal , ons land , ons mense. Ons voorvaders het nie verniet gevlug uit Nederland of in oorloë baklei vir n land in sy swakste kondisie soos nou nie , maar vir n land waar ons vrede kon vind in ons self en alles om ons.
Hou moed en bly Bid – die tyd het aangebreek vir verandering en dit begin by jou !
Seën wense vir julle elkeen.

Andries Pretorius ·

Die groote meerderheid van hierdie standbeelde is opgerig in areas waar die meeste blankes nie meer veilig voel nie. Hierdie areas en parke word buitendien “beset ” deur rowerbendes ens. Verwyder die beelde voordat dit beskadig word en rig dit op waar dit waardeer en besigtig kan word. Ek is seker Orania sal dit graag wil voeg by hul bestaande versameling van pragtige beelde?

Jean ·

In God se oë is ‘n Paul Kruger standbeeld en ‘n Mandela standbeeld ewe afskuwelik. Breek hulle almal af.

anne ·

Ek glo nie afrikaners aanbid Paul Kruger se standbeeld soos mandela en sy standbeelde aanbid word nie.

Heinrich ·

Ezekiel 14:6 AMP

Therefore say to the house of Israel, Thus says the Lord God: Repent and turn away from your idols, and turn away your faces from all your abominations.
Isaiah 44:9 AMP

All who make graven idols are confusion, chaos, and worthlessness. Their objects (idols) in which they delight do not profit them, and their own witnesses (worshipers) do not see or know, so that they are put to shame.

Gideon Roos ·

It is one thing to worhip an idol, and another to use a statue to remember the past. I dislike those that take the Bible literally. To do so is a faux pas that has lead to countless atrocities and injustices.

We must not let religion make us so complacent that we are unwilling to fight for what we are rightfully entitled to.

Ryno ·

Wonderlik om te sien dat ons volk uiteindelik se genoeg is nou genoeg, en iets daaraan gaan doen. Sou self aan die opmars wou deelneem, maar is honderde km van Kaapstad en Pretoria. Dit is lewens belangrik dat ons nou opstaan en wys dat ons nie met onself laat mors nie. Vandag ons standbeelde, more ons taal (verskoon, dit is al ‘n werklikheid), geloof, eiendom en uiteindelik lewe. Die feit dat ons nou opstaan teen die aanslag op ons standbeelde is simbolies vir iets baie meer; dat ons keelvol is vir die diskriminasie teen nie net ons historiese erfenis nie, maar teen alle fasette van ons as mense en dit waarvoor ons staan. Ons is al 400 jaar in hierdie land en is net so deel daarvan soos die res wat daarin woon. As ons nie nou opstaan nie, wanneer gaan ons ooit?

nico ·

die meeste van hulle het nie geleerdheid ni en ook geen insig nie ons voorvaders het n land kom bou wat hul nou verwoes en platvreet soos n klomp sprinkane in n koring land hier in RSA is als n gemors Zuma wat n leier is het nie die gedagte om n land te ly ni Malema hul skoot brakkie en sy bende word agter af op gestook om als omver tegooi waar is hul Rainbow nation is n spul snert wat hul aan die wereld verkondig en intussen word ons op strepe vermoor

Jean ·

Fighting for an graven image isn’t faux pas? Claiming you are rightfully entitled to an abomination to your creator isn’t faux pas? I guess the images of the ripped apart unborn is faux pas too? Rhodes’s devils will faux your pas in hell. How is that for a faux pas?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.