Bekendes wat in 2017 dood is

Talle bekendes, plaaslik en wêreldwyd, is in  2017 oorlede.

Hier is ʼn paar van die bekendstes:

Marga van Rooy (Foto: kykNET)

Die veteraanaktrise Marga van Rooy, veral bekend om haar rol as Ella in Vetkoekpaleis, is op 15 Januarie oorlede. Lees meer.

Die Amerikaanse aktrise Mary Tyler Moore is op 25 Januarie in die ouderdom van 80 in Connecticut oorlede. Lees meer.

Die Springboklegende Joost van der Westhuizen is op 6 Februarie in die ouderdom van 45 oorlede. Lees meer.

Die Hollywood-akteur Bill Paxton, bekend vir sy rolle in Apollo 13 en Titanic, is op 25 Februarie oorlede ná komplikasies weens ʼn operasie. Paxton was 61 jaar oud. Lees meer.

Simon Hobday, een van die grootste karakters en mees geliefde spelers in Suid-Afrikaanse gholf, is op 2 Maart na ʼn lang stryd teen kanker oorlede. Hy was 76. Lees meer.

Ivan Siegelaar

Die gospelsanger en Tygerberg 104fm-omroeper Ivan Siegelaar (46) is op 2 Maart oorlede. Lees meer.

Margaret Roberts, die bekende plant- en kruiekenner, is op 4 Maart oorlede. Lees meer.

Die bekende Afrikaanse kerkfiguur en skrywer ds. Hendrik Cronjé is op 14 Maart ná ʼn kort siekbed in die ouderdom van 86 oorlede. Lees meer.

Die rock ʼn’ roll-legende Chuck Berry is op 18 Maart in die ouderdom van 90 by sy huis in St. Charles, Missouri, in die VSA oorlede. Lees meer.

Die wêreld se oudste miljardêr, David Rockefeller, is op 20 Maart in New York in die ouderdom van 101 oorlede. Lees meer.

Ahmed Kathrada, die ANC-strydros, is op 28 Maart in die ouderdom van 87 oorlede. Lees meer.

Nick Durandt Foto: BoxRec.com

Die legendariese boks-afrigter Nick Durandt is op 21 April in ʼn motorfietsongeluk oorlede. Lees meer.

Die Afrikaanse skrywer van Bloemfontein, Karel Schoeman (77), is op 1 Mei oorlede. Lees meer.

Die sanger en liedjieskrywer Chris Cornell (52) is op 18 Mei oorlede. Lees meer.

Sir Roger Moore, wat bekendheid verwerf het vir sy rol as James Bond, is op 23 Mei in die ouderdom van 89 oorlede. Lees meer.

Oudbrig. Piet Byleveld is op 24 Mei in die ouderdom van 67 oorlede. Lees meer.

Die skrywer en dramaturg dr. PG du Plessis is op 7 Junie in die ouderdom van 82 oorlede. Lees meer.

Die geliefde akteur, Adam West, is op 9 Junie in die ouderdom van 88 jaar oorlede. Lees meer.

Suna Venter, een van die sogenaamde SAUK 8-joernaliste, is op 29 Junie oorlede. Lees meer.

Die bekende Suid-Afrikaanse musikant Ray Phiri is op 12 Julie in die ouderdom van 70 oorlede. Lees meer.

Chester Bennington van Linkin Park tydens die iHeartRadio-musiekfees in Las Vegas in 2012. Foto: Reuters

Die hoofsanger van die rockgroep Linkin Park, Chester Bennington, is op 20 Julie in die ouderdom van 41 dood. Lees meer.

Die Suid-Afrikaanse akteur Dumi Masilela (29), veral bekend vir sy rol in die e.tv-sepie Rhythm City is op 3 Augustus oorlede toe hy tydens ʼn kaping geskiet is. Lees meer.

Die legendariese countrysanger en kitaarspeler Glen Campbell (81) is op 8 Augustus oorlede. Hy was veral bekend vir sy treffer “Rhinestone Cowboy”.

Die legendariese Amerikaanse countrysanger Don Williams is op 8 September ná ʼn kort siekbed in sy huis in Alabama dood. Hy was 78. Lees meer.

Die Amerikaanse countrysanger Troy Gentry (50), lid van die groep Montgomery Gentry, is op 8 September in ʼn helikopter-ongeluk dood. Lees meer.

Hugh Hefner (Foto: Facebook)

Hugh Hefner, stigter en eienaar van die tydskrif Playboy, is op 27 September in die ouderdom van 91 oorlede. Lees meer.

Die legendariese rocker Tom Petty, voorsanger van die Heartbreakers, is op 2 Oktober in die ouderdom van 66 oorlede. Lees meer.

Een van Suid-Afrika se beste boksafrigters, Willie Lock, is op 27 Oktober in die ouderdom van 84 oorlede. Lees meer.

Cecil Moss is op 27 Oktober in die ouderdom van 93 oorlede. Moss was tot en met sy dood die oudste lewende Springbok. Lees meer.

Malcolm Young, medestigter en kitaarspeler vir die Australiese rockgroep AC/DC, is op 18 November in die ouderdom van 64 dood. Lees meer.

Della Reese. Foto: AP Photo/Mark J. Terrill, File

Die Amerikaanse gospelsanger en aktrise Della Reese is op 19 November in die ouderdom van 86 oorlede. Lees meer.

Die Amerikaanse akteur, sanger en liedjieskrywer David Cassidy is op 21 November in die ouderdom van 67 oorlede. Hy was bekend vir sy rol as Keith Partridge, seun van Shirley Partridge, in die 1970’s reeks The Partridge Family.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hanna ·

Heather Menzies-Urich is 24 Desember 2017 oorlede. Sy het die rol van Louisa von Trapp in The Sound of Music vertolk.

Jankees ·

Wat van ” bekendes” en alger van ons wat 2018 celebrate!! Komaan Maroela, waarom altyd dood, dood,dood preek?

LB S ·

Omdat sommige van ons se gunstelinge dood is en ons nie eers geweet het nie, soos Don Williams vir my! Dankie MM.

Rina ·

En wat van al die boere ek dink hulle het die meeste tot die land bygedra.

LB S ·

Rina, ja, dit is tragies, maar sing bietjie ‘n ander deuntjie vir ‘n slag. Wat jy nou sê word hoeveel keer per dag gemeld. Get a life!

Rina ·

LBS ja ek dink die boere verdien die herdenking nie die rich and famous nie. hulle het niks gedoen nie net geoes. die boere voorsien vir ons so ook vir jou kos ens. So hou maar jou sarkasme vir jouself.

LB S ·

Jy mis die punt. Natuurlik is alles waar wat jy oor die boere sê, maar daar gebeur ander dinge in die lewe ook wat vir ander mense ook van nuus is.

Jaco ·

Dis opvallend hoe ons mense negatief ingestel is in die lewe. Hierdie is ‘n artikel oor bekende mense wat weggeval het in die laaste jaar. Baie mense, soos ek, vind dit interesant. Hoekom alewig die berigte kritiseer? Ek lees nie alles wat in die media opgedis word nie, want ek stel nie altyd belang om ‘n berig of artikel te lees nie. Dan ignoreer ek dit en gaan aan met my lewe.
Hierdie is byvoorbeeld nie ‘n berig oor die boere wat dood is nie. Daar is ander berigte wat die onderwerp wel hanteer. As ek so begin dweep oor iets, gaan mense nie meer na my luister nie.
Wat gebeur met ons boere is vir almal belangrik en kommerwekkend. Moenie daardie onderwerp afwater en goedkoop maak deur dit oral in te gooi waar dit nie hoort nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.