Bekendes wat in 2019 dood is

Die modeontwerper Karl Lagerfeld in November 2018 in Parys, Frankryk. (Foto: Christophe Ena/ANA)

Hier is ʼn lys van bekendes, plaaslik en wêreldwyd, wat vanjaar dood is.

Carol Channing, die aktrise en sangeres wat Amerikaanse gehore in meer as 5 000 aanbiedings van die musiekspel Hello, Dolly op Broadway vermaak het, is op 15 Januarie dood in die ouderdom van 97 jaar.

Channing het in Rancho Mirage in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië aan natuurlike oorsake gesterf. Sy het in 2018 twee beroertes gehad. Lees meer.

Karl Lagerfeld, een van die wêreld se voorste modeontwerpers, is op 19 Februarie in die ouderdom van 85 dood.

Lagerfeld, ʼn Duitser, was die kreatiewe hoof vir die modehuise Chanel en Fendi en het nog tot kort voor sy dood gewerk. Hy was bekend vir sy bekende wit poniestert, kraakstywe boordjies en sy enigmatiese sonbrille. Lees meer.

Die hartebreker Luke Perry, wat bekendheid verwerf het as Dylan McKay in die TV-reeks Beverly Hills 90210, is op 4 Maart dood.

Perry is in die St. Joseph-hospitaal in Burbank, Kalifornië, dood ná ʼn “massiewe beroerte”. Lees meer.

Grumpy Cat. (Argieffoto.)

Tardar Sauce, die geliefde vierpotige internetsensasie wat by miljoene internetgebruikers as Grumpy Cat bekend gestaan het, is op 17 Mei dood ná komplikasies van ʼn urienweginfeksie. Sy is by die huis in die arms van haar eienaar, Tabatha Bundesen, dood. Lees meer.

Die legendariese Amerikaanse sangeres en aktrise Doris Day is op 13 Mei in die ouderdom van 97 dood. Day is in haar huis in Carmel Valley in Kalifornië dood. Sy was ten tyde van haar dood omring deur vriende.

Day het glo goeie gesondheid geniet, maar het longontsteking opgedoen wat eindelik tot haar dood gelei het. Lees meer.

Die sanger Jacques de Coning is op 9 Junie in ʼn motorongeluk dood. De Coning was veral bekend vir sy vrolike vertolking van bekende FAK-liedjies. Van sy grootste treffers was “Girl van die Klein Karoo” (2001) en “Grootvoël-paradys” (2006). Hy het ook verskeie toekennings ontvang vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek. Lees meer.

Christine Basson soos sy gelyk het as Nora Naudé in Egoli. (Foto: Facebook)

Christine Basson, die aktrise wat veral bekend was vir haar destydse rol as Nora in Egoli, is op 10 Junie, ʼn dag na haar 78ste verjaarsdag, oorlede. Lees meer.

Paul Eilers, die gevierde akteur en regisseur, is op 29 Junie dood aan ʼn hartaanval. Lees meer.

Die Suid-Afrikaans rocklegende Piet Botha is op 2 Julie in die ouderdom van 63 oorlede. Botha is vroeër die jaar met pankreaskanker gediagnoseer. Lees meer.

Die Suid-Afrikaanse akteur Danny Keogh is op 24 Julie in die ouderdom van 71 oorlede. Lees meer.

Die sanger Johnny Clegg is op 16 Julie in die ouderdom van 66 oorlede. Clegg is in 2015 met pankreaskanker gediagnoseer. Lees meer.

John W Fredericks, draaiboekskrywer van die fliek Noem my Skollie, is op 7 Julie in die ouderdom van 73 tuis oorlede. Fredericks, op wie se lewe dié Oscar-benoemde fliek gegrond is, is vroeër vanjaar met pankreaskanker gediagnoseer. Lees meer.

James Small, een van die helde van Wêreldbeker-rugbytoernooi in 1995, is op 9 Julie in die ouderdom van 50 jaar dood. Hy het luidens berigte ʼn hartaanval gehad. Lees meer.

Die voormalige Springbokvleuel het sy internasionale debuut in 1992 teen die All Blacks gemaak en het die laaste keer in 1997 vir die Springbokke teen Skotland gespeel.

Die voormalige sokkerspeler Marc Batchelor is op 6 Julie naby sy huis in Olivedale in Johannesburg doodgeskiet. Twee mans op ʼn motorfiets het etlike skote op Batchelor se motor afgevuur. Lees meer.

Batchelor was ʼn voormalige doelskieter vir onder meer Sundowns, Orlando Pirates en Kaizer Chiefs.

Chester Williams. (Foto: Facebook)

Ben Said, eNCA se nuusdirekteur, is op 26 Augustus dood. Said was saam met sy gesin met vakansie in Mosambiek toe hy verdrink het. Lees meer.

Die bekende Suid-Afrikaanse kunstenaar en ontwerper Carrol Boyes is op 14 Augustus dood. Boyes het in die ouderdom van 65 gesterf ná ʼn kort siekte. Meer inligting oor die aard van haar siekte is nie bekendgemaak nie. Lees meer.

Robert Mugabe, voormalige president van Zimbabwe, is op 6 September in die ouderdom van 95 jaar dood. Lees meer.

Die Springboklegende Chester Williams is op 6 September in die ouderdom van 49 oorlede. Williams is volgens berigte vermoedelik aan ʼn hartaanval oorlede. Lees meer.

Anthony Bishop, die akteur wat bekendheid verwerf het vir rolle in Erfsondes, 7de Laan en Binnelanders en ook in verskeie plaaslike rolprente te sien was, het op 21 Oktober in ʼn motorongeluk omgekom. Lees meer.

Allan Gray, stigter van die gelyknamige batebestuursfirma, is op 10 November in die ouderdom van 81 oorlede. Gray is in Bermuda aan ʼn hartaanval dood. Lees meer.

Marie Fredriksson en Per Gessle (vroeë 1990’s) (Foto: Roxette/Facebook)

Die bekende sjef Gary Rhodes wat voorheen op televisieprogramme soos MasterChef, Hell’s Kitchen en Around Britain te sien was, is op 26 November dood. Lees meer.

Wim Bosman, die bekende kunstenaar wat lewe in Louis die Laeveldleeu en sy vriende, Bobbejaan en sy verlangse neef Werfbobbejaan, Floors die vlakvark en talle ander karakters geblaas het, is op 28 November aan longontsteking dood. Hy was 83 jaar oud. Lees meer.

Shelley Morrison, die Amerikaanse aktrise wat veral bekend was vir haar rol as Rosario Salazar in die gewilde komediereeks Will and Grace, is op 1 Desember in Los Angeles dood.

Sy was 83 jaar oud. Morrison is aan hartversaking dood. Lees meer.

Marie Fredriksson, die sangeres van die groep Roxette, is op 10 Desember dood ná ʼn lang siekbed. Sy is in 2002 met ʼn breingewas gediagnoseer. Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.