Bekendstelling van Magashule-boek glo gekanselleer

Die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh maak verskeie aantygings in sy jongste boek oor staatskaping en veral oor die die sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule.

Onsekerheid het Donderdagoggend geheers of die bekendstelling van Gangster State, Pieter-Louis Myburgh se boek oor die skadukant van die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, wat vanaand by die V&A Waterfront sou plaasvind, gekanselleer is of nie.

Dit volg nadat chaotiese tonele Dinsdagaand in Sandton tydens die boek se Johannesburgse bekendstelling afgespeel het, toe dosyne Magashule-ondersteuners in geel T-hemde uit die Vrystaat opgeruk en die verrigtinge ontwrig het.

Nou is die besluit na bewering geneem om die Kaapse bekendstelling wat vanaand by Exclusive Books in die V&A Waterfront sou plaasvind te kanselleer.

Myburgh het op Twitter beweer dat die bekendstelling moontlik nie sal plaasvind nie. Exclusive Books het egter op dié twiet gereageer deur te sê Myburgh se stelling is nie korrek nie. “Weens veiligheidsredes is ons besig om die moontlikheid te bespreek om die bekendstelling uit te stel of op ʼn ander plek te hou, maar geen kansellasie is bespreek nie en geen amptelike besluit is nog gemaak nie,” lui die twiet.

Daar is egter wyd berig dat die bekendstelling beslis nie meer by die Waterfront sal plaasvind nie.

ʼn Woedende Myburgh het intussen gesê duidelik weeg profyt vir die winkelsentrum swaarder as die grondwetlike plig en reg tot vryheid van spraak.

“ʼn  Klein groepie kritici van my boek wat hul mening nie op ʼn beskaafde wyse kan lug nie, het ʼn reusagtige korporatiewe entiteit op sy knieë gedwing. Dis ʼn hartseer dag vir Suid-Afrika, en die Waterfront moet verantwoordbaar gehou word,” het Myburgh gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

marous ·

Neem hulle af . Gaan stel die boek in Amerika bekend en speel die video opname lewensgroot terug . Dit sal soos soetkoek verkoop , en dan kan hy ‘n rekening oorsee oopmaak en die geld daar bele .

KKL ·

Moet ons expats nou daarna kyk en versprei, maar ons word gesteunig as ons, ons opinie lug? Nee wat, worry myself nie oor kabouters nie.

Asseblief Elna ·

Dit is nie gekanselleer nie, doen jul huiswerk beter!!

Nettie ·

@KKL, nee – julle expats moet “sharrap” want julle het die skip verlaat toe dit net begin lyk het of dit gaan sink.

Interessant ·

Die interessante feit is dat dit nie die eerste keer is dat ‘n oenskynbare klein handjie vol mense so groot impak op gebeure het nie.
Dit laat mens besef die klein handjie vol betogers is maar die tip van die ysberg en ‘n baie groter gesiglose massa is agter besluite soos hierdie. Kyk maar na Afrikaans is groot ook – ‘n paar twiets en die hele support structure val inmekaar. Daar is baie groter spelers betrokke by hierdie besluite – waarvan jan alleman niks weet nie.

Melt Olckers ·

Al moet ek vir die res van die maand op brood en water leef, maar eerste ding is, ek gaan die boek Koop.

Klip in die bos ·

Hierdie gebeure berei ons voor vir baie groter dinge wat gaan kom.

gunston ·

Did nou tipies soos die ANC optree,
Wanneer die waarheid uitkom, wil hulle alles vernietig.

JohanL ·

In beginsel stem ek saam met Myburgh – dit is hartseer as ‘n klein spul belhamels ‘n groot korporatiewe entiteit kan boelie. Ek weet nie wat alles by so bekendstelling gebeur nie, maar dit is nie aosf hy dit nodig het nie. Daai boek trek soveel aandag, die bekendstelling is klaar gedoen.

Sean ·

Hoekom praat maroela media van geel t hempde en nie anc t hemde nie

Tong innie kies ·

Sean – hulle moet polities korrek bly. Wie weet, na die verkiesing werk hulle dalk vir die “geel hemde”.

AP ·

Harkoppige kriminele voel n veer , hulle het geskep nou kom die spandeer , al wat saakmaak

Johan ·

Dis nie nodig om die boek bekend te stel nie. Mense sal dit beslis koop.

Nettie ·

Waarvoor is V&A Waterfront bang? Het julle nie sekuriteit wat die amok-makers kan verhoed om op julle (privaat-eiendom) perseel te kom nie? Daar is mos iets soos reg en geregtigheid? Ons sekuriteit is op hoë waarneming geplaas nadat ‘n geel T-hemp-draende skaapkop ook hier kom kyk het in die boekwinkels, watter boekwinkels die boek verkoop en hoeveel voorraad daar is (en die baviaan het nie eens gedink daaraan dat daar nog voorraad in ‘n stoor ook kan wees nie ….). Laat enige een nou net iets waag ……

As hulle die boek(e) koop en dan loop verbrand/verskeur (ELDERS), is hulle welkom om so te doen …… maar net nie solank die boeke nog nie verkoop is nie.

Onnodig ·

Die Waterfront wil seker nie verbind word met die boek nie. Dis nie polities korrek nie.

Jean ·

Ek dink Exclusive books wil met reg nie der duisende rande se skade ly en moontlik lewens vd kliente ingevaar stel nie.Ek sou ook nie my winkel beskikbaar stel na wat in Sandton gebeur het nie.Hierdie mense is absoluut gebrain wash..as hulke aan die gang kom en n rokie sien is hulle soos zombies..onvoorspelbaar met daai “blank look”in die oog..nee vader geeneen wil oop oe in so iets inloop net om n punt te bewys nie.Dis n baie “sad state of affairs” maar dis nou maar so…laat hulle die kaders beskerm en verryk,hulle is te dom om te besef hulle kry geen deel daarvan nie,eindelik geld wat hulle lewe kon verbeter…is regtig onverstaanbaar!

Andreas ·

En die ANC regering is net so bang vir die betogers, banger.

Nel ·

Pieter-Louis se boek sluit mooi aan by Karl Hirschfeld se boek met amper dieselfde titel, ‘Gangster States -Organized Crime, Kleptocracy and Political Collapse’.
Reviewed by Melvin Konner, Emory University, USA.
“Gangster States is a gem, an intellectually exhilarating synthesis of political anthropology, political economy, and Darwinian evolutionary theory.
[…] Hirschfeld offers a comprehensive and powerful new theory of organized politics as organized crime. It is a theory we ignore at our peril.”
Soos hulle sê dit klink na kos vir denke en kan dalk ‘n paar dinge omtrent die ‘geel T-hemde verklaar.

Bekommerd ·

Korruptes beskerm mekaar. Sommiges is bang die waarheid kom uit.

jaco ·

die optrede by die eerste bekendstelling is maar dieselfde as die wit AWB wat in die 1980s vergaderings van die wit Nasionale Party opgebreek het. Dis ook maar dieselfde as die jong wit PW Botha en andere van die Nasionale Party wat in die 1930s en 1940s vergaderings van die wit Verenigde Party opgebreek het.

Malva ·

Onsin… hulle het nie uitgegaan om te plunder en vernietig nie.

jaco ·

daar was nie geplunder nie, maar stoele is wel stukkend gegooi. hoe sal jy voel as iemand jou stoele stukkend gooi?
Die beginsel was maar dieselfde: ons ontwrig ons opponent sodat hy nie sy saak kan stel nie.

Annie Webb ·

Ek het gewonder wanneer ons die eerste “dis maar dieselfde as” gaan sien, waar ‘n apologeet vir die ANC/EFF dan klappe uitdeel aan wittes/ Westerlinge/ Afrikaners; enigiets van die Kruistogte tot vandag. Ná die boek oor Zuma het ons vir Bird-eiland gekry; wonder wat dit dié keer gaan wees. Is jy ‘n joernalis of skrywer Jaco? Is dit die eerste sarsie dié?

Human ·

Annie Webb hoekom raak jy dan nou persoonlik met Jaco ? of is dit regverdig wanneer dit jou narratief pas, moet nie dat jou onderrok uithang.

cathy ·

ek sou nie baklei as ek die skrywer was nie. hy het pas die beste bekendstelling in die media gekry wat beter is as die een wat hy sou gehad het. MEDIA oor die boek bekendstelling gekanselleer is het baie meer opspraak gemaak as wat die aktuele bekendstelling sou maak :)

Ja swaer ·

Vir wat wil hulle dit nog bekend stel? Almal weet mos nou vd boek. Dis die bekendste boek in n lang tyd. Rerig mnr Myburgh, hoe bekend wil jy hom nou stel

Snowball ·

Ironies hoe die intimiderende gedrag van die betogers by die eerste bekendstelling, die titel van die boek in die ware sin van die woord, verbeeld. Myburgh kon eintlik nie vir beter publisiteit gevra het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.