‘Bekommerde’ ANC begin dalk nuwe deuntjie sing

(Argieffoto)

Daar was sedert 2017 – toe die ANC se laaste nasionale konferensie gehou is – ʼn beduidende verskuiwing in die magsbalans en dit lyk of vanjaar selfs meer verandering gaan teweeg bring, sê die ANC in sy besprekingsdokumente wat pas bekend gemaak is.

Die ANC se volgende nasionale konferensie word in Desember gehou en Cyril Ramaphosa, president van die ANC, waarsku in die voorwoord van die besprekingsdokument dat enorme uitdagings die party as beweging in die gesig staar.

Ramaphosa sê dit kan gesien word in die “afname in steun in die 2021- plaaslike verkiesing”, wat ʼn weerspieëling is van die “dalende vlak van vertroue en geloofwaardigheid in ons as leierskap en kaders”.

Om hierdie negatiewe kwessies teen te werk, moet die ANC sy pogings verskerp met ʼn hernuwing- en herlewingsproses van ANC-strukture.

“Ons moet bankvas staan op die reis van hernuwing terwyl ons die verraderlike water, op pad na die 2024-verkiesing, navigeer,” sê Ramaphosa.

Volgens hom moet daar gefokus word op die verbetering van mense se lewensgehalte, eerder as op ʼn dikwels eng, interne partyfokus. Ramaphosa verwys ook na die “profetiese” woorde van OR Tambo waarin hy waarsku dat diegene wat dink dit is moeilik om ʼn vryheidstryd te voer, moet wag tot hulle in beheer is. “In daardie stadium sal jy besef dit is moeiliker om die mag te behou as om ʼn vryheidstryd te voer”.

Politieke ontleder Roland Henwood bestempel die besprekingsdokument tot ʼn mate as ʼn “wenslys” van die huidige leierskap – maar hy maan dat in gedagte gehou moet word hierdie is die party se idees, en nog lank nie beleid nie.

“ʼn Mens moenie die belang van daardie verskil onderskat nie.”

Hy gebruik as voorbeeld die ANC wat by ʼn vorige konferensie onteiening sonder vergoeding as beleid aanvaar het, maar daarna misluk het om dit in die parlement deur te voer.

“Sommige van die party se beleidvoorstelle het glad nie gerealiseer nie – soms omdat iemand nie lus was nie en soms omdat daar nie die vermoë was nie.”

Dié vermoë van die regering om beleid te implementeer, verswak boonop deurlopend weens ʼn gebrek aan hulpbronne, kundigheid of politieke wil.

Veranderende magsbalans

Luidens die dokument geld die strategie en taktiek van die ANC, soos dit by sy 54ste nasionale konferensie in 2017 aanvaar is, tans steeds. Daar is nietemin verwikkelinge wat die magsbalans sedert die laaste konferensie aansienlik verander het.

Die verwikkelinge sluit in die uitbreking van die Covid-19-pandemie en die verwoesting wat dit aan die wêreldwye ekonomie veroorsaak het. Nasionale veiligheid en stabiliteit het verswak deur die beplande Julie 2021-opstande.

“Voorts het die ANC verminderde steun op plaaslikeregeringsvlak in November 2021 gesien, met gemiddelde nasionale stemme wat onder 50% geval het,” lui die dokument.

Henwood sê uit die besprekingsdokument lyk dit of daar ʼn ideologiese klemverskuiwing binne die ANC plaasvind, hoewel baie van die gedagtes wat daarin vervat is, allermins nuut is.

“Die kwessies begin ʼn ander statuur kry as dit formeel in die ANC se beleidsdokumente ingesluit word,” sê hy.

Daar word onder meer gekyk na nouer betrokkenheid van die private sektor by kragverskaffing – ʼn groot verskuiwing binne die ANC – en selfs veranderings aan beleid oor swartbemagtiging (SEB).

“Dit is ʼn groot krisis omdat dit nie transformasie is nie, maar plaasvervanging – en dit het ʼn uitwerking op doeltreffende regering. Dit lyk dus of daar ʼn belangrike klemverskuiwing plaasvind wat spreek tot die hart van die ideologiese ANC. Hoe dit in praktyk gaan uitspeel, daaroor kan ons net spekuleer.”

Hy meen nietemin die besprekingsdokument is meer realisties, selfs al is dit “soms gedwonge” realisme, weens ʼn besef dat dit wat die ANC tot dusver probeer het, nie werk nie. “Die vraag word gevra oor hoe lank die ANC gaan aanhou om ʼn ding te doen wat nie werk nie. Om ander resultate te hê, gaan ons ander beleide benodig. Beleid maak of breek jou regering.”

Die verkiesing van 2024 is ʼn belangrike een en as die ANC nie sy huidige trajek omkeer nie, gaan hy nie sy beleid in werking kan stel nie. “Die ANC gaan iets dringend moet probeer as hy sy agteruitgang by die stembus wil stop.”

Is daar genoeg dringendheid in die dokument? Roland meen daar is te min, maar sê ook die party moet sy lede kan oortuig om in te koop in die nuwe rigting. Die party moet dit doen, of hy loop die gevaar dat kiesers hulle elders gaan skaar, of van die stembusse gaan wegbly.

“Die ANC is definitief bekommerd en weet hy is in groot moeilikheid. Sy eie navorsing wys dit vir hom en daar is eenstemmigheid daaroor. Die vraag oor wat nou gedoen moet word, is egter nog nie opgelos nie.”

Aan die een kant is die groep wat voorstelle vir verandering maak, terwyl diegene gekant daarteen, die planne verdag probeer maak. Hulle het ʼn ander agenda – dikwels een om hulself uit die tronk te hou of om toegang tot bronne te bekom of te behou.

“Die fout wat ons nie moet maak nie, is om die proses en kompleksiteit van dít wat in die ANC gebeur, te onderskat,” sê Henwood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

JohanR ·

Kom ons dink aan deuntjies wat die ANC kan sing. 1. Leaving On A Jet Plane 2. Wish Me Luck As You Wave Me Goodbye

Snowball ·

Vergader lekker, julle tyd word min. Julle sal nooit weer geloofwaardig wees nie. Congregation of crooks, criminals and communists.

Eden ·

Terwyl hulle ingestem word maak dit seler nie saak nie. Hulle het nog baie tyd.

Cherokee ·

Re “julle sal nooit weer geloofwaardig wees nie”.
Wanneer Snowball, was hulle geloofwaardig? Nog nooit!

Johann101 ·

Ongelukkig… sal die anc alles doen om aan bewind te bly, soos om verkiesings bedrog te pleeg…

Manie ·

Die ANC as politieke party was altyd gedoem tot mislukking. Hulle kon as ‘n eenheid net saamstaan terwyl daar 1 gemeenskaplike vyand was, maar weens eiegewin en onderlinge etniese verskille was die binnegevegte onvermydelik. Ons het dit oor en oor in Afrika sien gebeur, so hoekom sou die ANC dan nou anders wees?

Althes ·

Ons kan maar net bid en vertrou dat hulle mag verbreek word, ook die EFF s’n en dat ñ nuwe dagbreek vir SA sal aanbreek.

David ·

Die ANC sal ‘n hele nuwe stel leuens moet uitdink, want die oues werk nie meer nie….

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Hopelik is dit die begin van die einde van hierdie terroriste organisasie wat SA bykans vernietig het. Ek weet nie hoe die oorgee van mag vanaf die ANC na die nuwe heersende party gaan verloop post ANC nie, maar ek dink enige iets op die lang duur is beter as die situasie waarin die ANC die land inregeer het.

JM ·

Niks is onmoontlik nie: dat ons gebede verhoor sal word vir die val van die ANC, en BESLIS vir die val van die EFF terroriste-organisasie. Mag dit so gebeur!

Michael ·

Hoe kan mense Ramaphosa nog glo-hy wat sy ANC presidentskap met ryk wit sakemanne se geld gekoop het, onder wie se presidentskap dit slegter met hierdie land gaan as ooit in sy geskiedenis?

Jannie van Niekerk ·

Hoe vinniger die ANC groet hoe beter. Ons kan doen met ‘n nuwe regering wat plaasmoordenaars, staatskapers, korrupte diewe en mense wat hulself verryk dadelik in die tronk te stop al is hulle die grootate helde van die struggle,

LANA is ELANè ·

En steeds hou “the peoples” die cANCer regime aan bewind, al is dit ten koste van hulself, net om ñ punt te bewys. UITSTEKENDE VB van, cut your nose and spite your face, is so van toepassing as mens kyk hoe hulle hierdie swak rampokker regering, wat nie eers hulself in hul binnekring kan bestuur nie, aan bewind hou.

Samuel ·

We wish. We wish. Wie gaan in elkgeval CR glo?? Hy lieg as hy sy mond oopmaak en kry nie eens skaam nie. Die ANC is ‘n versameling van leuenaars en boewe.

Wielspore ·

Dit is jammer dat die berig nie meer duidelikheid gee oor watse tipe verdeeltheid daar onder die ANC regering is. Met my beperkte kennis van politiek blyk dit ‘n linkse groep en ‘n regse groep te wees, die linkse groep is pro Zuma en bestaan meestal uit oud MK lede en tradisionele leiers wat ten gunste is van grond onteiening en mags oorname. Aan die ander kant is dit die regse groep wat pro CR is en wil aanbeweeg met die opbou van die ekonomie. Die meerderheid leiers het sekondere kwalifikasies en besit of bedryf besighede. As gevolg van tradisie en kultuur het die linkse groep heelwat steun onder die mense wat afhandlik is van sosiale dienste van die regering ingsluit toelaes. Dit maak dat die regse leierskap nie goeie besluite kan neem en deurvoer. Hoe pynlik dit mag klink, as die ANC in beheer wil bly moet daar skeuring kom binne die party. ‘n 50/50 skeuring en die groep wat die landsburgers die beste kan dien en die land ekonomies herstel sal met die trofee wegstap.

annie ·

Die voorspellings van Siener van Rensburg moet mens maar met ‘n ekstra knippie sout lees (bloeddruk in ag geneem), maar volgens hom, vanuit ‘n ±1910-perspektief, toe landsake totaal anders gelyk het, het hy oa ‘n Afrika-regering voorspel vervolgens ‘n erge oorlog tussen groepe. Trek ons daar?

Mieke ·

Daar is genoeg rede om ‘n siviele oorlog te verwag… Baie mens sitv werkloos agv Covid en die regering se swak finansiële beplanning. Ons ekonomie is in’n benarde toestand en munisipaliteite is bankrot. Zenophobia speel ook ‘n rol en SA is op die punt om anarchisties te wil wees. Ons kan nie so aangaan nie!!!

Swerwer ·

Die enigste enorme uitdagings wat die ANC in die gesig staar is dat hul wesenlik misluk het en die ANC die leisels moet neer lê en daar ‘n bevoegde Regering aangestel word. Voor die ANC nie hul eie nasie onder beheer kan bring nie, en Godsdiens weer in skole instel en wet en orde in die land herstel, en die rassisme wat hul afdwing en blankes uitroei stop nie, sal die ANC ‘n hopelose mislukte kader bly

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.